Soete wraak …

  • 0

Liewe Svetlana Smit

Niks op aarde gaan vir jou ’n beter gevoel gee as daardie wonderlike berusting wat jy kry nadat jy behoorlik wraak geneem het nie.

Hier is die stappe wat jy moet neem om ’n 100% gewaarborgde suksesvolle wraakneemsessie te verseker:

1.  Vind uit wat haar naam is en waar sy bly.
2.  Doen alles op dieselfde dag.  Stuur vir haar vroegoggend blomme na haar huis met ’n groot “Dankie, ek wag al so lank vir jou”.  Moenie jou naam vergeet nie.
3.  Stuur vir haar sjokolade met die naam en kontaknommer van ’n duur vervoermaatskappy. Moenie jou naam vergeet nie.
4.  Pak sy tasse en gaan laai dit by haar voordeur af.
5.  Stuur jou bediende om sy skeersakkie by haar te gaan aflaai.  Maak seker dat daar kondome in is (Size small) en viagrapille wat jy by jou vriendin se man geleen het as joune nie sy eie het nie.  Maak seker sy kry dit.
6.  Die volgende dag stuur jy vir haar parfuum met jou prokureur se visitekaartjie en die eerste rekening wat aan jou man geadresseer is.
7.  Verander jou slotte en begin met die eerste dag van jou nuwe lewe.

Hola!!

Maya

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top