Onderhoude | Interviews

 
Skrywersvideo: Johann de Lange in gesprek met Joan Hambidge

Hierdie onderhoud tussen Johann de Lange en Joan Hambidge vorm deel van 'n reeks skrywersonderhoude wat LitNet skep ter ondersteuning van die NALN-argief. Dit word geborg deur die Erfenisstigting.

 

Deel 1:

Joan en Johann gesels oor waar hy grootgeword het, die invloed van die plaas op ('n aantal van) sy natuurgedigte, die onderskeid tussen prosa en poësie, die skryf, voorblad en resepsie van Vreemder as fiksie, en sy korrespondensie met Sheila Cussons (wat ook tot sy waardering van NP Van Wyk Louw gelei het).

Deel 2:

Joan vra Johann uit oor die voorblaaie van sy bundels, die rol van literêre pryse en kritiek, sy tydperk van digterlike stilte en die produktiwiteit wat daarop gevolg het, asook sy gedagtes rakende skryfskole.

Deel 3:

Joan en Johann gesels verder oor skryfskole (soos in Deel 2 begin), die rol van die internet in vandag se publikasiebedryf en hoe hy voel oor die feit dat hy as gay digter gesien word.

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address