Skryf 'n draak-sprokie en wen: Wenner aangekondig

2012 is die jaar van die draak, daardie nimlike dierasies wat in sprokies en op sekere eilande in Indonesië rondhang.
LitNet nooi jou om ’n kort sprokie (maksimum 500 woorde) te skryf waarin ’n draak voorkom. Dit kan ’n wrede draak, ’n slapende draak, ’n goeie draak of ’n dooie draak wees. Jou draak kan naamloos wees of Diederick heet, en mensvleis, marshmallows of brokkoli eet. Jou sprokie kan elemente van die waarheid bevat, vreeslik opgemaak, vreeslik ernstig, of 100 persent draakstekery wees.

Die spinner van ons gunsteling-draak-sprokie wen ’n eksemplaar van Die mooiste sprokies van Grimm (’n keur deur Marita van der Vyver, met illustrasies deur Piet Grobler), met komplimente van NB Uitgewers.
Stuur jou sprokie aan netfiksie@litnet.co.za; of as jy ’n geregistreerde gebruiker is, kan jy dit sommer direk op LitNet laai, onder die kategorie Fiksie-kompetisies. Onthou om jou naam en kontakbesonderhede by jou e-pos in te sluit. Die kompetisie sluit op 17 Februarie.

Klik hier om Drakie Glievd deur Elza Smal te lees.