Skoolfooie?

  • 0

Die jaar alleen is die skoolfooie R60 000! 4jaar op universiteit in 1970's was R4500 vir my, boeke, klasgeld en koshuisverblyf! Die model C Afrikaanse skool, is nou oopgestel as 'n skoolfooi-vry skool vir almal, as dubbel medium skool?

Daar is baie min eksklusiewe wit Afrikaanse model C skole oor in SA en nie altyd waar kinders woon nie! Die sotlike argumente dat mense hul kinders nie na Engelse privaat skole moet vat nie, is maklik om te maak. As jou bv dogter aan konstante bendeviktimisering blootgestel met sekseise of om dwelms te gebruik en sy chronies in kickboxing-gevegte is, sal jy liewer haar skuif, as om duur privaat hospitaalfooie vir stresbehandeling te betaal en sy akademies swak presteer?

Die lesers wie my as 'verregs' wil etiketteer, het nie die verandering van 'n ooraggressiewe tiener na 'n selfgemotiveerde hardwerkende vriendelike tiener gesien nie! Geen chroniese medikasie of psigiaterfooie meer nie! Ja, ek is openlike wit etnosentries, soos Pres Zuma 'n Zoeloe-etnosentries op TV is! Ek is openlik dat my dogters nie in omgewing van perlemoenstropers en georganiseerde misdaad, al die stres op skool hoef te verduur nie! Ek weet hul Engels gaan baie verbeter en het! Ongelukkig gaan georganiseerde misdaad gepaard met Afrikaans in die Oos-Kaap en Wes-Kaap! Hul het hul moedertaal-grondslag nou en sal altyd Afrikaans bly. Die SA-realiteit het erg verander, as wat meeste hulself ooit kan voorstel. Ek sien daagliks moord en geweld deur swart tieners op nyaope in die township waar ek al 2 dekades werk! As jy keelafgesnyde mens sien, soos skaap, kan jy dit nie begryp nie!

Vir my maak wit seperatisme en selfbeskikking sin nou. Ek is nie 'n 'Jesus' om wonderwerke vir almal in SA te werk nie, wie niks vir hulself wil doen nie en nog steeds in apartheid-regressie wil bly sit nie! Tyd dat elkeen na eie belange omsien! Emosionele plakkery het net te veel bagasie geword om vir etniese groepe na 2 dekades te dra omdat die wil ontbreek om hulself op te hef!!

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top