Sisters With Blisters 2013

  • 0

Op 23 November sal duisende vroue, manne, kinders en vierbeen-vriende by die Blue Hills Country & Equestrian Estate in Kyalami bymekaarkom vir die 8ste jaarlikse Sisters with Blisters-pretloop, geborg deur 1st for Women Insurance en Jacaranda FM.  

Hierdie pretloop vir ‘n goeie doel lok jaarliks meer as 5000 deelnemers en merk die begin van die ’16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders’-veldtog. Die mikpunt van dié pretloop is om Gautengers te kry om, as eenheid, ferm vas te skop teen geslagsverwante geweld  

Oor die afgelope agt jaar het Sisters with Blisters reeds meer as R2 miljoen ingesamel vir organisasies wat ‘n aktiewe en praktiese verskil maak in die lewens van diegene wat geraak is deur mishandeling. Die opbrengste van hierdie jaar se Sisters with Blisters-geleentheid sal aan Women and Men against Child Abuse en die Sonke Gender Justice Network geskenk word.

Zelda la Grange, Beskermvrou van die 1st for Women Insurance Trust, sê: “Vroue- en kindermishandeling is ‘n sosiale tragedie. Dit oorspoel politieke-, geloofs- en ekonomiese grense en het nadelige gevolge vir ons nasie as geheel. Suid-Afrikaners het nodig om op te hou praat oor mishandeling en iets daaromtrent te begin doen, oor te gaan tot aksie.”  

Robyn Farrell, Uitvoerende Hoof van 1st for Women Insurance, stem saam, “Ons leef in ‘n land wat gedesensiteer is teen hierdie tragiese epidemie. Elke geval van ‘n vrou of kind wat mishandel word is een te veel. Te veel slagoffers leef in stilswyende lyding voort en dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om alles binne ons vermoë te doen om dit te verander.”  

“Verlede jaar het ons stelling ingeneem, met mening die strate ingevaar en ‘n duidelike boodskap gestuur. Hierdie jaar beplan ons om selfs ‘n sterker boodskap uit te basuin. Kry jou hoë hakke, tekkies, gemak skoene, sandale, plakkies of selfs jou pantoffels gereed. Bring jou familie, vriende en kollega’s saam en sluit by ons aan!” sê Kevin Fine, Algemene Bestuurder van Jacaranda FM.  

Besoek www.sisterswithblisters.co.za vir meer inligting en om te registreer

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top