Verlig & Verkramp: Weerstand & Hervorming 1973-1994
Vir hierdie bespreking is
The Cambridge History of South Africa Volume II gevolg en het die historici tot die volgende gevolgtrekkings gekom, gegewe 'n korreksie op
hierdie brief. In hierdie bespreking is daar net gefokus op hoofstuk 9, 'Resistance and Reform, 1973-1994'. Hierdie bied dan die konsensus onder historici soos dit nou daarna uitsien en in konteks van aanvaarbare liberale waardes.
Hier word gereeld deur ’n Comestor & ‘n Jan Rap en ander wat die verlede betreur en wil herskryf argumente aangevoer oor hoe die geskiedenis herskryf moet word. In die konteks daarvan is dit verstommend dat daar aangevoer kan word dat, "ewolusionêre verandering" beter sou wees "demokratiese rewolusie" en is ‘n Comestor oortuig dat historici hom sal gelyk gee. Hoe sal die historici kan saamstem met die volgende, "gewaarborgde getal parlementslede of 'n vetoreg" en dekades se onderdrukking en beperking van geleenthede en waar 70% van die swart bevolking na tuislande verban is. Uit 'n totaal van 15 000 000 was 11 000 000 vasgevang in die tuislande. Die produk grootliks van gewelddadige verskuiwings. Al is daar voorheen gepoog om Distrik Ses as ‘n onskadelike voorbeeld van die geheel te probeer bied.
In die lig van daardie onderdrukking sal daar geen onderhandelaar wees wat sal toegee aan vereistes van daardie aard. Hoe kan magsdeling hoegenaamd aanvaarbaar wees in 'n demokratiese bestel. Een bevolkingsgroep word spesiale beskerming gebied, na dekades se onderdrukking deur daardie einste groep, dit dui net op "special pleading" deur die vorige oorheersende groep.
Is dit nou maklik om te vergeet hoe geweld tussen 1973 en 1994 soos klokslag begin toeneem het? Soveel so dat dit teen die 1980's duidelik was dat daar 'n mag onder die meerderheid bevolking van weerstand teen onderdrukking begin vorm het. Om die leiers van daardie bewegings dan "terroriste" te noem is duidelik dat ‘n Comestor tipe denke ‘n houvas op die werklikheid verloor het.
'n Bevolking word onderdruk, dan word die weerstand wat die groeperinge bied as "terrorisme" afgemaak en alhoewel daar geweld gepleeg word teen die groep deur die vorige oorheersende groep, mag die onderdruktes nie terugveg nie. Daar kan maar net gedink word hoe historici se huidige denke oor, onderdrukking, weerhouding van regte en geweld aanvaar word. Geskiedenis is aan die kant van die wat soos Thomas, FW De Klerk en die ander “oorverligtes” wat besef het dit was broodnodig om die samelewing te normaliseer.
Selfs die skoolkinders van 1976 hoe verkeerd die stand van sake was.
In 1977 brei hierdie opstande uit na kleiner dorpe en is daar al soos reeds aangedui 'n bevolking wat begin opstaan teen sy onderdrukkers. Met dit as die agtergrond word daar gesidder as daar gedink word oor hoeveel geweld sou moes gebruik om die genie wat nou uit die bottel was terug te druk. Veral indien die interne dokumente van die ANC in berekening gebring word wat die volgende weg uitgespel het.
'The ANC was engaged in a revolutionary struggle in which in the long term, a protracted people's war would bring about seizure of power.'
Met hierdie 'people's war' is daar aanvanklik begin met aanvalle op die veiligheidspolisie, die opblaas van spoorlyne tussen swart woongebiede en die stede en ook so met polisie stasies en staats administratiewe geboue en dan natuurlik vuur kontak tussen die weerstand en die veiligheidstruktuur. Wie kan ook Sasol en Koeberg in 1980 en 1982 vergeet en dan word daar nog steeds deur Comester, Rap en ander lede van die groep, aangedring op 'n "ewolusionêre verandering", terwyl dit duidelik was dat van die 1950, was daar 'n voortdurende opbou van weerstand. Die gedurige noodtoestande.
Geweld ongelukkig, eskaleer en is die tydperk van 'necklacing’ bereik in die periode 1984 tot ongeveer 1986 en het hierdie mylpaal aan die jeugliga bevestig dat die eerste deel van die Freedom Charter, nou moontlik is, naamlik, 'that the People shall govern'. 'The risen masses' en dan hier nog steeds die argument dat "ewolusionêre verandering" moontlik sou wees.
Dit is die konteks daarvan dat dit vreemd is dat 'n Comestor en ander van sy soort, 'die ANC (insluitende Nelson Mandela) het egter geweier om geweld af te sweer'.
Tesame met die toename in geweld in 'n verandering in die ANC se denke in hierdie selfde tyd, 1984 en later vir onderhandelinge. Dit was Mandela, die einste persoon wat so deur Comestor vervloek word wat met Kobie Coetzee begin onderhandel het tot en met die uiteindelike Harare-verklaring van 1989 wat finaal die moontlikheid van onderhandelde vryheid moontlik gemaak het.
Ook het die regering van die dag onderneem om ook sekere prosesse te begin om wette te begin verander en die pad na onderhandeling gelyk te maak en alhoewel Jan Rap gereeld die ANC uitskel hoe sleg dit gaan was die land se geldsake besuur deur die NP beroerd, die ekonomiese groeikoers was so laag soos 1,5%, die private persoon het 60% van die begroting betaal in belastings en slegs 15% is spandeer aan die welstand van die orige 90% van die bevolking.
Weereens is dit normaal dat opstand wat gewelddadig is dan opgeskort word in periode van onderhandeling, hervat sal word as daardie onderhandelinge vir watter rede ook al misluk. Dit is dus nie vreemd dat, 'geweld is deur die ANC bloot opgeskort (en nie afgesweer nie) en sou opgeskort bly mits die ANC sy sin kry, naamlik die oorname van die politieke mag.
Daar was ook nie 'n staatsgreep en wel 'n demokratiese verkiesing en is die demografie van die ongelukkig van so 'n aard dat die enigste party wat die onderdrukte massa se regte ondersteun het by die stembus gewen het.
In watter opsig is dit vreemd? Wat het die NP en PFP onlangs vir genoemde groep gedoen. Sal 'n kalkoen vir kersfees stem?
Maar die wiel draai en teen 1990 kon FW De Klerk sy toespraak gelewer wat die onderhandelinge in erns laat begin het en oor 'n periode van vier jaar die voorbereidings vir 'n verkiesing en is 'n burgeroorlog afgeweer. Die staatsgreep waar mag afgevat word is dus slegs in ‘n Comestor se verbeelding en so dramaties soos deur ‘n Comestor uitgedruk. Implisiet in sulke stellings dat mag net die oorheersende groep van die tyd toekom en die res van die bevolking na die rand van die samelewing verban moet word.
Die keuse was dus eenvoudig, burgeroorlog of demokrasie en kan 'n Jan Rap dalk aandui met hoeveel geweld hul gelukkig sou wees om die weerstand te onderdruk. Ek verkies geen geweld uitgeoefen deur die staat teen die bevolking. Apart daarvan is die geweld van misdaad en het nodig om ondersoek te word. Russel in sy boek verwys na dit as die erfenis van apartheid.
Is Sirië nie voorbeeld genoeg van 'n meer onlangse burgeroorlog nie en met geen einde is sig nie. Hoe sou Jan Rap ooit die geleentheid gehad het om in soveel gemak te kon kla oor alles hier of Comestor films in vrede kan gaan kyk, boeke by die dosyne op sy Kindle laai en in sy Uno rondrits en lang briewe skryf oor hoe onhoudbaar die land is.
Demokrasie is morsig, maar wat is die alternatief?
Is verstokte denke vasgevang in die 1950’s die alternatief?
Baie dankie
Wouter