SêNet-briewe | Letters

 
Verlig & Verkramp: Weerstand & Hervorming 1973-1994
Vir hierdie bespreking is The Cambridge History of South Africa Volume II gevolg en het die historici tot die volgende gevolgtrekkings gekom, gegewe 'n korreksie op  hierdie brief. In hierdie bespreking is daar net gefokus op hoofstuk 9, 'Resistance and Reform, 1973-1994'. Hierdie bied dan die konsensus onder historici soos dit nou daarna uitsien en in konteks van aanvaarbare liberale waardes.

Hier word gereeld deur ’n Comestor & ‘n Jan Rap en ander wat die verlede betreur en wil herskryf argumente aangevoer oor hoe die geskiedenis herskryf moet word. In die konteks daarvan is dit verstommend dat daar aangevoer kan word dat, "ewolusionêre verandering" beter sou wees "demokratiese rewolusie" en is ‘n Comestor oortuig dat historici hom sal gelyk gee. Hoe sal die historici kan saamstem met die volgende, "gewaarborgde getal parlementslede of 'n vetoreg" en dekades se onderdrukking en beperking van geleenthede en waar 70% van die swart bevolking na tuislande verban is. Uit 'n totaal van 15 000 000 was 11 000 000 vasgevang in die tuislande. Die produk grootliks van gewelddadige verskuiwings. Al is daar voorheen gepoog om Distrik Ses as ‘n onskadelike voorbeeld van die geheel te probeer bied.

In die lig van daardie onderdrukking sal daar geen onderhandelaar wees wat sal toegee aan vereistes van daardie aard. Hoe kan magsdeling hoegenaamd aanvaarbaar wees in 'n demokratiese bestel. Een bevolkingsgroep word spesiale beskerming gebied, na dekades se onderdrukking deur daardie einste groep, dit dui net op "special pleading" deur die vorige oorheersende groep.

Is dit nou maklik om te vergeet hoe geweld tussen 1973 en 1994 soos klokslag begin toeneem het? Soveel so dat dit teen die 1980's duidelik was dat daar 'n mag onder die meerderheid bevolking van weerstand teen onderdrukking begin vorm het. Om die leiers van daardie bewegings dan "terroriste" te noem is duidelik dat ‘n Comestor tipe denke ‘n houvas op die werklikheid verloor het.

'n Bevolking word onderdruk, dan word die weerstand wat die groeperinge bied as "terrorisme" afgemaak en alhoewel daar geweld gepleeg word teen die groep deur die vorige oorheersende groep, mag die onderdruktes nie terugveg nie. Daar kan maar net gedink word hoe historici se huidige denke oor, onderdrukking, weerhouding van regte en geweld aanvaar word. Geskiedenis is aan die kant van die wat soos Thomas, FW De Klerk en die ander “oorverligtes” wat besef het dit was broodnodig om die samelewing te normaliseer.

Selfs die skoolkinders van 1976 hoe verkeerd die stand van sake was.

In 1977 brei hierdie opstande uit na kleiner dorpe en is daar al soos reeds aangedui 'n bevolking wat begin opstaan teen sy onderdrukkers. Met dit as die agtergrond word daar gesidder as daar gedink word oor hoeveel geweld sou moes gebruik om die genie wat nou uit die bottel was terug te druk. Veral indien die interne dokumente van die ANC in berekening gebring word wat die volgende weg uitgespel het.

'The ANC was engaged in a revolutionary struggle in which in the long term, a protracted people's war would bring about seizure of power.'

Met hierdie 'people's war' is daar aanvanklik begin met aanvalle op die veiligheidspolisie, die opblaas van spoorlyne tussen swart woongebiede en die stede en ook so met polisie stasies en staats administratiewe geboue en dan natuurlik vuur kontak tussen die weerstand en die veiligheidstruktuur. Wie kan ook Sasol en Koeberg in 1980 en 1982 vergeet en dan word daar nog steeds deur Comester, Rap en ander lede van die groep, aangedring op 'n "ewolusionêre verandering", terwyl dit duidelik was dat van die 1950, was daar 'n voortdurende opbou van weerstand. Die gedurige noodtoestande.

Geweld ongelukkig, eskaleer en is die tydperk van 'necklacing’ bereik in die periode 1984 tot ongeveer 1986 en het hierdie mylpaal aan die jeugliga bevestig dat die eerste deel van die Freedom Charter, nou moontlik is, naamlik, 'that the People shall govern'. 'The risen masses' en dan hier nog steeds die argument dat "ewolusionêre verandering" moontlik sou wees.

Dit is die konteks daarvan dat dit vreemd is dat 'n Comestor en ander van sy soort, 'die ANC (insluitende Nelson Mandela) het egter geweier om geweld af te sweer'.

Tesame met die toename in geweld in 'n verandering in die ANC se denke in hierdie selfde tyd, 1984 en later vir onderhandelinge. Dit was Mandela, die einste persoon wat so deur Comestor vervloek word wat met Kobie Coetzee begin onderhandel het tot en met die uiteindelike Harare-verklaring van 1989 wat finaal die moontlikheid van onderhandelde vryheid moontlik gemaak het.

Ook het die regering van die dag onderneem om ook sekere prosesse te begin om wette te begin verander en die pad na onderhandeling gelyk te maak en alhoewel Jan Rap gereeld die ANC uitskel hoe sleg dit gaan was die land se geldsake besuur deur die NP beroerd, die ekonomiese groeikoers was so laag soos 1,5%, die private persoon het 60% van die begroting betaal in belastings en slegs 15% is spandeer aan die welstand van die orige 90% van die bevolking.

Weereens is dit normaal dat opstand wat gewelddadig is dan opgeskort word in periode van onderhandeling, hervat sal word as daardie onderhandelinge vir watter rede ook al misluk. Dit is dus nie vreemd dat, 'geweld is deur die ANC bloot opgeskort (en nie afgesweer nie) en sou opgeskort bly mits die ANC sy sin kry, naamlik die oorname van die politieke mag.

Daar was ook nie 'n staatsgreep en wel 'n demokratiese verkiesing en is die demografie van die ongelukkig van so 'n aard dat die enigste party wat die onderdrukte massa se regte ondersteun het by die stembus gewen het.

In watter opsig is dit vreemd? Wat het die NP en PFP onlangs vir genoemde groep gedoen. Sal 'n kalkoen vir kersfees stem?

Maar die wiel draai en teen 1990 kon FW De Klerk sy toespraak gelewer wat die onderhandelinge in erns laat begin het en oor 'n periode van vier jaar die voorbereidings vir 'n verkiesing en is 'n burgeroorlog afgeweer. Die staatsgreep waar mag afgevat word is dus slegs in ‘n Comestor se verbeelding en so dramaties soos deur ‘n Comestor uitgedruk. Implisiet in sulke stellings dat mag net die oorheersende groep van die tyd toekom en die res van die bevolking na die rand van die samelewing verban moet word.

Die keuse was dus eenvoudig, burgeroorlog of demokrasie en kan 'n Jan Rap dalk aandui met hoeveel geweld hul gelukkig sou wees om die weerstand te onderdruk. Ek verkies geen geweld uitgeoefen deur die staat teen die bevolking. Apart daarvan is die geweld van misdaad en het nodig om ondersoek te word. Russel in sy boek verwys na dit as die erfenis van apartheid.

Is Sirië nie voorbeeld genoeg van 'n meer onlangse burgeroorlog nie en met geen einde is sig nie. Hoe sou Jan Rap ooit die geleentheid gehad het om in soveel gemak te kon kla oor alles hier of Comestor films in vrede kan gaan kyk, boeke by die dosyne op sy Kindle laai en in sy Uno rondrits en lang briewe skryf oor hoe onhoudbaar die land is.

Demokrasie is morsig, maar wat is die alternatief?

Is verstokte denke vasgevang in die 1950’s die alternatief?

Baie dankie

Wouter

Comments 12 Reaksies | 12 Comments
Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-03-08 @16:45
Wouter, jy toor met rede nes 'n wafferse spiritueel intelligente... Partye links van FW de Klerk het sy logika openlik gevoer en is verwerp deur die kiesers. Die blanke kiesers is dus bedrieg tot groot vermaak van die ANC en die wêreld vandag. Miskien is jou verdere verskoning dat sulke bedrog nodig was om die land van burgeroorlog te red. Dis 'n uitgemaakte saak; die Nasionale Party was nie eerlik met hul kiesers nie. Almal wat destyds gewaarsku het is sonder genade in die verleentheid gestel. Vandag sit die kak wit terwyl die skuldiges sulke kluitjies soos jy hierbo uit jou verdraaide geskiedenis bak. Jy dien die populêre mening Wouter - daarom gee ek jou sommer maar byvoorbaat die meeste punte. Jou storie bly egter twak. Geen dank verskuldig, Cornelius.
Delete Comment
avatar
George Bekker
2013-03-08 @19:39
Wouter, jy doen groot moeite om aan te toon dat Comestor en Jan Rap bevooroordeeld is, maar in plaas daarvan om vir hulle 'n les in objektiwiteit te gee, doen jy presies dieselfde: jy gee 'n subjektiewe beskouing uit  die ander hoek. Eintlik skryf ek om 'n ander rede. Ek wil jou vraag beantwoord: " Sal 'n kalkoen vir Kersfees stem?" Ek sou sê "ja". As jy my nie wil glo nie wag net tot volgende jaar. Groetnis. George
Delete Comment
avatar
Wouter
2013-03-08 @21:57
Hello George, 
 
Indien nodig, laat die bevooroordeeld dan uit die prent, want wie kan werklik neutraal wees. Op watter maniere is myself nie bewus van my eie subjektiewiteit en vooroordele nie. Hoe sal 'n mens dit in jouself toets en ruimte laat dit nie verkeerde ontledings tot gevolg het nie. 
 
Maar aangesien die blinde kol in ons denke bekend is, was bogenoemde 'n oefening om 'n alternatiewe formulering soos dit aanvaar word in sekere historici kringe op die tafel te plaas. 
 
Tot 'n groot mate word hierdie as 'n konsensus beskou en moet die alternatief ook staan vir die vergelykende studie wat dan kan gedoen word. 
 
Kan die geweld ontken word? 
 
Kan die ramp waarop die laat afgestuur werklik met hardhandige onderdrukking die hoof gebied word?
 
Sou jy in so 'n land wou bly? 
 
Dus wat sou die beste gewees het? 
 
Onderdrukking kan nie verdedig word nie, en is regte en die toegang tot sulke regte al standaard en is die lande wat nie gehoor gee daaraan die lande wat uitstaan as problematies. 
 
Ek het die Cambridge bundel gekies aangesien daar geen ideologiese inslag is nie in teenstelling met vele argumente wat ideologies ingekleur word. 
 
Baie dankie
 
Wouter
Delete Comment
avatar
Wouter
2013-03-10 @19:18
Hello Cornelius,
 
Het jy gesien ek het die lesings oor pluralisme vir jou geplaas aangesien jy die eerste persoon was aan wie ek gedink het met die luister daarvan. 
 
Dit is inderdaad baie maklik om in die denke van die tyd te verval en is hierdie die tyd waar pluralisme en gelyke regte die botoon voer en kom dit dus maklik aan 'n persoon om dit te ondersteun wat dit as korrek aanvaar. 
 
Dit wil ek graag vergelyk met die tyd toe ek nog op my ouers se kleinhoewe gebly het as kind en geen kop of stert kon uitmaak oor die oproer nie en waarom 'hulle' so ongelukkig was nie. 
 
Die oom skryf: 
 
* De Klerk maak asof stemme van gelyke waarde vir almal 'n gegewe was. Een mens, een stem was beslis nie iets wat deur die blanke kiesers in die referendum goedgekeur is nie. Ek onthou die eerste keer toe ek gehoor het dat dit "onderhandel" (eintlik: toegegee) is. De Klerk was in die VSA toe hy dit aangekondig het. Heel moontlik het hy nie kans gesien om so iets die eerste keer plaaslik rugbaar te maak nie. Die meerderheid blanke kiesers sou een mens, een stem nie goedgekeur het nie.
 
Die oom voer aan die President was in die VSA en tog die verslaggewer sien De Klerk in Pretoria waar die nuus konferensie gehou word en rapporteer soos volg daaroor: 
 
 
November 27, 1992
De Klerk Plans Vote in '94; A.N.C. Is Unhappy
By BILL KELLER,
 
JOHANNESBURG, Nov. 26— President F. W. de Klerk, responding to repeated calls to set a timetable for the end of white-minority rule, today announced his goal of conducting the country's first universal elections within 16 months. At a news conference in Pretoria, Mr. de Klerk presented the Government's "target" schedule for completing the transition to full democracy, ending in the first elections with black participation in April 1994. 
 
Die volgende stelling wat die oom maak is soos volg: 
 
* De Klerk maak asof stemme van gelyke waarde vir almal 'n gegewe was. Een mens, een stem was beslis nie iets wat deur die blanke kiesers in die referendum goedgekeur is nie. 
 
Hoe word dit rapporteer: 
 
March 18, 1992
Turnout Heavy as South Africans Vote on Change
By CHRISTOPHER S. WREN, 
 
JOHANNESBURG, March 17— White South Africans turned out in large numbers today to vote in a referendum that will decide whether they want to share power with their black countrymen. The referendum question asked: 
 
"Do you support continuation of the reform process which the State President began on February 2, 1990 and which is aimed at a new constitution through negotiation?" 
 
What is at stake President F.W. de Klerk wants a "yes" majority to allow his Government to continue talks with black opposition groups he legalized Feb. 2, 1990. 
 
He seeks creation of a nonracial democracy that would grant the black majority a vote for the first time but also entrench strong constitutional protection for the white minority and guarantee a free-enterprise economy.....
 
Die vraag is ook van so 'n aard dat geen waarborge kan gebied word nie. De Klerk weet wat elke politikus weet, gaan onderhandel en sien by die onderhandelinge wat jy kan bereik. 
 
Sy versoek was, 'Kan ek gaan onderhandel, sonder enige waarborge?' en 'n 66% van die wit kiesers het dit beaam. 
 
Dit is verstommend in eie reg. 
 
Dit is wat De Klerk wil bereik, maar sal dit nie in isolasie kan bereik nie, dit moet onderhandel word en is dit 'n openbaring om te sien hoeveel keer die onderhandeling naby aan mislukking was en dan probeer De Klerk en Mandela weer onder die druk van die groepering waarvan hul die onderskeie verteenwoordigers was en die amper onversoenbare eiese.  
 
Maar tog, 24 April, is die verkiesing gehaal met die minimum verlies aan die wittes se kant maar waar berekenings die sterftes tot so hoog soos 8000 beraam vir die swart bevolking.
 
 Baie dankie
 
Wouter
Delete Comment
avatar
Duitswester
2013-03-11 @11:53


En terwyl almal praat en redeneer en skryf en simposeer en vergader en alle ander vorms van oneffetiewe parades paradeer, gaan die Swartman maar net voort. Sonder om 'n woord te sê ...

Is daar nog enigiemand oor om wakker te skrik?

 

Duitswester

Delete Comment
avatar
jaco fourie
2013-03-11 @14:47
Beste Cornelius,

Daar is gewoonlik twee kante tot elke storie, geskiedenis ingesluit.  Wouter het met groot moeite sy vertolking aan die geskiedenis geheg, met betroubare bronverwysings aangehaal.  Dit help nie net om vir hom terug te kap met: "Jou storie bly egter twak." te wees nie en daarmee te glo jy  is reg.  Dit is suiwer 'n twak subjektiewe benadering.  Indien jy die teendeel wil beweer of bewys, staaf sondaniges met feite en betroubare bronverwysings.    Indien jy dit doen, kan gesê word jy probeer darem die saak objektief te benader.  Alternatief, bly liewers stil om jou onkunde mbt saak te openbaar soos jy dit hierbo  gedoen het.

Ek wag nog in spanning op Jan en Johannes se repliek op Wouter.

Jaco Fourie
Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-03-11 @15:24
Hallo Wouter,  

Ek neem kennis.  

Ten einde my punt aan jou te herhaal, spoeg en plak ek die volgende sinnetjie uit jou eie kommentaar hierbo - kompleet bet vet gedrukte letters nes jy dit gestel het: He [FW de Klerk] seeks creation of a nonracial democracy that would grant the black majority a vote for the first time but also entrench strong constitutional protection for the white minority and guarantee a free-enterprise economy.....  

Ek herhaal dieselfde sinnetjie, maar hierdie keer skuif ek die klem na waar almal weet hoe die wit kiesers die mat onder die voete uitgeruk is: He [FW de Klerk] seeks creation of a nonracial democracy that would grant the black majority a vote for the first time but also entrench strong constitutional protection for the white minority and guarantee a free-enterprise economy...  

Sien, enigeen kan die klem plaas waar dit hul pas.  

Nou ja Wouter, enige wit Afrikaner met 'n besigheid sal ook vir jou kan vertel in hoe 'n klug die "free-enterprise economy" verval het. Jaar na jaar is die tou om wit besighede se keel stywer getrek met die Regering se berugte BEE beleid. Menige boer sal vir jou kan vertel hoe die skrif aan grondhervorming op die muur staan. Menige wit matrikulant en aspirant universiteitstudent sal vir jou kan vertel hoe hulle gestraf word vir iets waarvan hulle nog net gehoor het. Menig ou omie soos ekke sal vir jou seg hoe dit is om "te wit en bo 50" in hierdie land van soveel rykdom is...  

Wouter, dan raak ek nog nie eens aan die Regering se bedreiging vir wit Afrikaanse skole nie... of die doelbewuste misdaad van die "have nots" gerig teen die "haves" nie... of al die gruwelike plaasmoorde nie...  

Glo my, en laat ons maar eerlik wees, ons ou landjie is tans in ongekende rassisme en anderhaat vasgevang, en dit kom nie noodwendig van die wittes se kant af nie!  

Boeregroete,  

Cornelius Henn
Delete Comment
avatar
Johannes Comestor
2013-03-12 @07:21

Wouter herhaal hier van die aanhalings wat hy as reaksie onder my brief van 1 deser gepubliseer het. Dit bewys nie (1) dat die wittes in die referendum ten gunste van magsoorgawe of swart meerderheidsregering gestem het nie en dus (2) dat een mens, een stem aan hulle vir goedkeuring voorgelê is en hulle dit toe met 'n oorweldigende meerderheid goedgekeur het nie. Wouter beskuldig my daarvan dat ek die verlede probeer verander, maar dit is hy wat dit probeer herskryf. Enige mens wat in die jare 1990-1994 volwasse en by sy verstand was en nou eerlik is, sal eerder my weergawe van die gebeure aanvaar as die van Wouter. As sy weergawe korrek is, waarom was die oorgrote meerderheid wittes sedert daardie referendum deurgaans teen die ANC gekant? Waarom het hulle skielik, bv reeds in die 1994-verkiesing, 'n u-draai gemaak?

 

Johannes Comestor

Delete Comment
avatar
Wouter
2013-03-12 @21:08
Cornelius, 
 
Baie dankie vir die kommentaar, jou argumente word aanvaar, maar die wittes se wens was nie in 'n vakuum nie, en is haalbaar slegs dit wat moontlik is. Die argument is dat die burgery se belange gelyk en ewewigtig beskerm word. 
 
Die regstellende aksie, is 'n ander onderwerp en bespreking op sy eie. 
 
Wouter
Delete Comment
avatar
Wouter
2013-03-12 @21:10
Hoekom moet Comestor se weergawe nie aanvaar word nie, omdat Comestor nie onpartydig kan wees as sy lewe daarvan sou afhang. 
 
Stap vir stap is die gebeure op rekord. 
 
Die leser moet haar net wend tot die bron....
Delete Comment
avatar
Johannes Comestor
2013-03-13 @17:20

Kom ons wend ons na 'n bron, naamlik Dawie de Villiers, wat lid van die NP se onderhandelingspan was en ook lid van die kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid. In sy boek, Eindstryd, is Willie Esterhuyse diep bewus van die gaping tussen die magsdeling wat aan die blanke kiesers voor die 1992-referendum belowe is en die magsoorgawe wat uit die latere onderhandelings gevolg het. Hy verwys na De Villiers se redenasie. De Villiers was lojaal teenoor FW de Klerk. Hy het die genoemde gaping soos volg probeer besweer: As jy jou tot onderhandelings verbind, verbind jy jou ook tot die uitslag van daardie onderhandelings. Dus, volgens De Villiers, as jy 'n mandaat gehad het vir magsdeling moet jy die resultaat van magsoorgawe aanvaar. Hiermee dieselfde soort argument toegepas op 'n ander terrein: As 'n vakbond 'n mandaat kry om vir 'n 14% verhoging te onderhandel, moet die lede die uitslag aanvaar as net 4% toegestaan word. Dit is duidelik 'n drogredenasie en omdat dit sodanig is, gaan 'n vakbond terug na sy lede en vra goed- of afkeuring van die 4%. De Klerk het nie teruggegaan na die blanke kiesers vir hulle beloofde tweede referendum nie. Hieroor is Wouter stil. Ook kan hy gerus kennis neem dat iemand soos De Villiers, wat meer van hierdie saak as Wouter weet, met sy drogredenasie erken dat wat gelewer is nie dieselfde is as wat belowe is nie. Maar Wouter het die wysheid om te verkondig dat die oorgrote meerderheid blanke kiesers se insig in 1992 sodanig was dat hulle willens en wetens en sonder enige onduidelik vir een mens, een stem, swart magsoorgawe en swart meerderheidsregering gestem het. Blykbaar is dit volgens Wouter eers van 1994 af dat die wittes radikaal van mening verander het.

 

Johannes Comestor

Delete Comment
avatar
Wouter
2013-03-14 @17:22
Hello, 
 
Die kwessie van hierdie sogenaamde 'beloofde referendum' is nou al holrug gery en word dit soos klokslag weer en weer herhaal. Die mylpale wat gestel is en die mislukking om daardie mylpale te haal sou 'n referendum vir die totale bevolking tot gevolg gehad het en nie die laaste 'afteken' wat aan die wittes alleen sou gaan nie. 
 
Hoe daar 'n verwagting kon wees dat dit sou aanvaar word? 
 
Soos duidelik gesien in 'n bespreking elders was selfs die IFP en die ANC bereid om 'n finale referendum te hou indien die mylpale nie gehaal sou word. 
 
Dawie de Villiers is dalk meer aan die kant 'n Comestor en is daarom is dit nie vreemd dat daar verskille met De Klerk op hierdie vlak sou wees en word nie aanvaar as 'n verteenwoordigende huiwering om onderhandeling sy gang te laat gaan nie. 
 
Gereeld waar ek werk, het die vakbonde met 'n 10% aansoek gekom het en was daar slegs 'n 6% uiteindelik toegestaan deur die bestuur. 
 
Wouter beweer nie 'eers van 1994 af dat die wittes radikaal van mening verander het, maar wel die vraag bied geen implisiete waarborge nie en kan ook nie bevestig wat die verwagtinge van die kiesers op daardie stadium was. 
 
Die idee van magsdeling word toegegee het 'n sterk vashou op die Afrikaner se psige gehad en selfs nog steeds onder 'n persentasie Afrikaners vandag is daardie houvas sterk. 
 
Of dit haalbaar is duidelik was nie moontlik vanaf die begin van die onderhandelinge. 
 
Die kieser wat in bogenoemde geglo het, het hulle self bedrieg. 
 
Baie dankie
 
Wouter 
 
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address