SêNet-briewe | Letters

 
Trienie jy ken duidelik nie Hantam nie!
Daar is nie juis 'bosveld' daar nie, tensy jy die karoobosse 'bosveld' noem nie! Die bokmakierie is 'n tipe 'grond'-laksman. Hy sit nie op die lyndraad se hoekpaal, soos grys en swart laksman nie, maar jag tussen bosse! 'kokkewiet, kokkewiet' bly mooi roep, as hy suksesvol was! Hul vang van klein slangetjies tot goggas! Dis 'n voëltjie wat jy nie op die baadjie moet takseer nie, dis 'n geharde kalant!

Dit lyk vir my hier is hordes saampraters op LitNet, wat nog die suisende stilte van 'n koue Augustus in die Tankwa moet ervaar.

Dalk ontnugter die 'Padstal' buite die Tankwa op pad Ceres toe, baie 'bosvelders' wat so saampraat oor bv ABO of oor hoe gehard hul is?

Die Karoo is vir harde mense, nie vir grootpraat saampraters nie!!!

Ek lag altyd, want ek en 'n bruin man van in die sestigs het die septiese tenk gegrou en gebou in klip van Hantamberg met ons hande! Dit het my spoke oor egskeiding die aftog laat blaas!!! 'n Uitdaging vir almal wie dink hul is 'sterk' op LitNet, grou 'n 3 kubieke meter gat in daai berggrond, in 'n droogtejaar, wanneer water met ou Landrover in dromme aangery moet word! Ek moes die gat diep maak, om die val van pype teen die helling op reg te kry!

Ja, ek het my aftreeplekkie uitgekap met sweet en bloed!

Om te dink almal het vir gesê ek mors my paar duisend rand? Nou is die 'waardelose' stuk grond baie meer werd!

So Trienie, ek spandeer jaarliks my 2 weke verlof daar erg verslons, verbrand in son en met genoegdoening! Ek het geen erg aan wildtuine en Mpumalanga se bosbouplantasies nie! Stilte in 'n sterbelaaide nag bring my altyd weer tot my sinne!

Hans

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address