SêNet-briewe | Letters

 
Luister/lees om fout te vind?
Ek dink dat Suid-Afrikaners het vermoë verloor om te gesels. Baie glo hul het die enigste waarheid, bv Trienie KdK, tov godsdiens!

Bv kan ek 'n christen wees, 'sonder' om 'n 'wedergeborene Jesus navolger' wees? Baie is onbewustelik sulke christene, bv KdK glo in wat KdK sê oor geloof! Nêrens het Jesus gesê volg my persoon na nie, hy het mos die 'weg en waarheid' aangedui, jy hoef darem nie hom op te eet om op sy weë te gaan nie? Maw jy kan nie water in wyn verander en daarop loop nie of 1 vissie en broodjie gebruik om skares kos te gee nie of 'Lazarus' na paar dae uit graf gaan haal vol maaiers en wurms nie, dis beeldspraak!

Hier op LitNet is die doel om die skrywer te diskrediteer en om 'n fout in sy siening volgens jou siening uit te wys, volgens jou interpretasie van 'n orakel volgens jou in 'n boek! Wat is absolute waarheid en bestaan dit werklik op 'n manier wat nie tasbaar of sigbaar is nie? Meeste absolute waarheid en beweerde feite van geloof is nie van ons 'wêreld' nie, dus feitlike hoorsê spekulasie ...? Bestaan daar iets soos feitlike hoorsê spekulasie? Is omstandigheidsgetuienis feitlike spekulasie en kan omstandigheidsgetuienis wat 100 jaar later opgeteken was, meer absoluut feitlik wees as normale hoorsê/ skinder?

In 'n gesprek oor hoorsê spekulasie 'absolute feite' is dit sinneloos om fout te vind, want die verslaafde obsessiewe wat dit glo, sal altyd jou altyd verdoem vanuit sy spekulatiewe hoorsê omstandigheidsgetuienis wat nie in ons wêreld bestaan nie!

Hans

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address