Is daar nie Nuwe gesigte en stemme in SA vir TV nie?
Sg akteurs het skynbaar alleenreg op Afrikaanse radio, TV, verhoog en flieks? Mens kan die ewige paar gesigte en stemme op jou 2 hande tel en is nou al nie net vervelig nie, maar erg onoortuigend!
Jy sien die gesig in Oudtshoorn, Potchefstroom, SABC TV in jou sitkamer en dan nog by bv Ster Kinekor??? Wat verstaan die sg 'kunstenaar' nie? Hollywood sal so elke 5 jaar 'n bekende gebruik en 'n mens word nie Gatvol vir akteur nie!
Hoekom kry Afrikaanse 'kunstenaars' nie 'n werk anders as toneel speel nie, want ons het nie ware akteurs van gehalte in SA nie! 'n Wêreldbekende aktrise was kelnerin in gewilde drinkplek in haar tienerdae in Benoni.
Hans Richardt, Benoni