‘ilwimi’-legitimiteit

  • 0

so slat Mens gade, o G’nade, Self-d’struksie,
Waarheid, Waarheid’s altyd erger’r as fiksie,
Afrikaans, on-Afrikaans, as “Boer s’n” g’roep,
s’t Oupa, Ouma, lankallie meer oppie stoep

hoe’p Aard k’n Mens mede-Mens so d’gradeer,
v’wat wil Mens nie oorlogsugtigheid net afleer,
’t Millennium Drie Homo toet’ntaal g’kap’tuleer,
nu nie meer in staat, einde v’n bestel af t’keer

waarschynlik g’n wonner, Mens Mens Self v’rraai,
struktuurg’weldsindroomuitkomstigheid’s onfraai,
v’n G’wete, net hier-’n-daar, iets argeo-art’fakl’k,
reste, feitl’k onbruikbaar, boodskap eg saakl’k:

vir Afrikanis, vir wie Afrikaans ’n Afrika-taal is,
’n waterpaalfeit – ’r legitimiteit’s steeds v’rmis

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top