SêNet-briewe | Letters

 
Helde op Loslip


Ian is 'n bekwame omroeper reken ek; een van die min byvoorbeeld wat met Radiomark se aankondiging sê die program weerspieël nie noodwendig RSG se mening nie.  Die meeste ander sê die program weerspieël NIE RSG se mening nie wat nie waar kan wees nie anders sou RSG dit mos nie uitgesaai het nie.  Ook het hy goeie musieksmaak want, soos ek, hou hy ook nie van die plaat The Power of Love nie.

Maar helaas, sy Black-Sash-onderrok hang 'n myl uit.  'n Luisteraar sou glo laat weet dat hy wonder of ons so arm is aan helde dat ons nou 'n uitgediende 44-jarige bokser aanhang.  Nou of 'n luisteraar dit nou wou weet en of hy self die vraag vra (soos wat ek glo die geval is) is om't ewe anders sou hy nie eers die ontoepaslike vraag, ewe smalend, gevra het nie.

Buitendien, hoekom sou ons nou arm aan helde wees?  Ek sou sê 'n held is iemand wat sy mense trots maak deur een of ander iets buitengewoons te vermag het.  Of iemand wat sy mense se saak bevorder, dikwels ten koste van hom- of haarself.  Op die manier dan is van ons helde  presterende mense soos dokter Chris Barnard, Generaal Koos de la Rey, mense soos Dan Roodt en Steve Hofmeyr, presterende digters en skrywers, die meeste rugbyspelers, Racheltjie de Beer, atlete soos Hestrie en Zola ens ens. 

Ek sê die vraag is ontoepaslik omdat ons in elk geval genoeg helde het en, buitendien, helde is soos geld; daar kan nooit genoeg wees nie.  Die heldelys sluit dan natuurlik Frans Botha in:  Op 44 is hy deur Sonny Bill se kamp gekies om hulle bokser se loopbaan 'n hupstoot te gee en daar verwoes hy toe vir Sonny.  Frans is nou wel nie daar bo saam met die Chris Barnards nie maar dat hy presteer het is nie te betwyfel nie.

Jan Rap


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address