Die Goeie Nuus!

  • 18

Dolf,

Geruime tyd reeds vaar jy teen my uit so asof ek jou iewers sou wou ontwyk met dit wat ek onder die Goeie Nuus verstaan. Ek mag verkeerd wees, maar dit skyn tog dat jou aanvanklike aandrang daarop dalk iewers uit een van jou vele woernale onder 'n ander se bydraes gebore is. Dolf, as dit wel so is mag dit dalk as 'n groot skok tot jou kom, maar ek volg nie juis die gedweep deur jou of Kobus de Klerk onder ander belangstellendes se bydraes nie. Dus, indien jy my  wel opreg sou wou bevraag stel dit asseblief in die eerste plek onder een van my onlangse bydraes of maak dit 'n "volledige bydrae" (soos ek dit self hier doen byvoorbeeld).

Nietemin, ek antwoord jou.

Jare lank reeds deel ek my getuienis hierin onomwonde. Lees byvoorbeeld hierdie bydrae (let ook asseblief die datum daarvan).

Soos daar geskrywe staan: Want terwyl ek (Paulus) rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. (uit Handelinge 17:23-31)

Ja, dis hoe Paulus die Goeie Nuus aan die Grieke oorgedra het - Agnostos Theos; die Onbekende God - ons Almagtige Lewende Skepper, die onbepaalbare algebraïese plekhouer in ons almal se harte wat ‘n regte mens vir ons geword het. Paulus het die Grieke se altaar aan die Onbekende God - die God van alle gode - die een en enigste God gewy. Nie net as nog ’n god nie, maar as die enigste God wat onse aanbidding waardig is.

Paulus en Petrus is by verskeie geleenthede deur die Heilige Gees gelei om so ter wille van die Evangelie, te word soos die Grieke, Mohammedane, Hindoes, en wie ookal hulle begeester is om dit mee te deel. Die Heilige Gees bewerk self elkeen wat die Goeie Nuus hoor se hart agterna.

In die genade van God, deurkruis ek ons land en besoek gereeld ook ander se plekke van aanbidding. Daarom kan ek eerstehands getuig dat onse God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is en wie HERE van hemel en aarde is, in menige taal en kultuur gedien en aanbid word.

Daarby; die Jode, Moslems en katolieke aanbid elkeen die God van Abraham. Abraham het weer sy seën by Melgisedek, die Koning van Salem (Jerusalem in daardie tyd) ontvang.

Dit word algemeen deur kundiges in al drie Abrahamitiese godsdienste aanvaar dat die Koning van Salem, 'n Oosterse manier van aanbidding en diens tot ons Almagtige Lewende Skepper, aan Abraham gebring het. Die Oosterse godsdienste in daardie tyd soos byvoorbeeld die Hindoeïsme, word almal uit die Vedas bedien.

Hierdie is slegs 'n enkele voorbeeld van hoe intiem ons almal se harte saam in ons bestaan en aanbidding van ons Skepper geweef is.

Dolf, jy vra ook:  As ek iemand teregwys (met ander woorde “die regte rigting wys”), haat ek daardie persoon of help ek daardie persoon? Laat ek dit só vra: As jy sien iemand is verdwaal, los jy daardie persoon net óf moedig jy hom aan om voort te gaan op sy verdwaalde pad (heng, klim jy per geleentheid saam in die motor met hom en lei hom “liefdevol” voort op die verdwaalde pad?) óf wys jy hom wat is die regte pad sodat hy nie verder verdwaal nie? Só, wanneer is dit haat en wanneer is dit liefde?

Uit my antwoord hierbo behoort dit minstens duidelik vir enigeen te wees dat jy geen idee het waar ek myself op my lewensweg bevind nie. Jy doen dan nie eens die moeite om die letterlik honderde bydraes deur my na te lees nie. Anders as julle verskuildes soos Kobus de Klerk, is my profiel openbaar. Jou "rigting" wys is dus erg opdringerig en verwaand. Jy is in geen posisie om ander as "verdwaal" te wil neerhaal nie. Die hoogmoed en eiewaan waarmee jy en Kobus de Klerk julle aanmatig oor ander se harte, is dus inderdaad haat.

Dolf, jy vra ook; Wie het uit die hemel gesê: “Dit is My Seun in wie Ek ‘n welbehae het”, toe Christus gedoop is? (Het Hy vir Homself gesê Hy het ‘n welbehae in Homself?). Én vir wie het Christus gebid in die tuin van Getsémané? (Het Hy vir Homself gebid dat die beker by Hom moet verbygaan en dat nogmaals Sy wil moet geskied en nie Sy eie nie?) Én vir wie het Christus uitgeroep aan die kruis: “My God, My God waarom het U my verlaat”? (Het Hy aan Homself gevra hoekom Hy Homself verlaat het?).

Die antwoord hierop is dringend aan jou, en ook menige ander Calvinis wat al hieroor gewonder het. Jul verwarring is die direkte gevolg van die gereformeerde en algemene intellektualisme van die Bybel. Die sogenaamde "spirituele intelligentes" soos byvoorbeeld jou hoëpriester Kobus de Klerk op die werf, analiseer die Bybel om elemente te bepaal wat hom pas. Daarna voer hy dit in 'n geheel terug om ander te beïndruk. Dis beslis suksesvol gereken aan al die naïewelinge soos jy wat dan wonder hieroor en ander wat selfs sy algemene plagiaat in 'n boek wil lees.
Ek neem 'n spesiale ompad om by die antwoord te kom. Die doel daarvan is ook om God se verwysing na "ons" elders in die Bybel so saam te vat.

God is in alle opsig onbepaalbaar en onbegryplik vir ons logika as mens is. God kan sekerlik en inderdaad aan Homself vra hoekom Hy Homself verlaat het. Die mees belangrikste egter is die feit dat God tydens sy menswees op aarde, TEN VOLLE mens was. As die mense geweet het Hy is God, wie sou Hom kruisig? Selfs na Jesus Christus onse HERE se Hemelvaart het diegene met eerstehandse kennis oor Sy verheerliking, geswyg en hulself afgesonder. Die Boodskap dat Jesus Christus inderdaad God is, het eers met die uitstorting van die Heilige Gees veertig dae later gekom!

Jesus Christus onse HERE, het Homself onder meer ook op Psalm 82 beroep. Soos daar geskrywe staan: Ek en die Vader is een. Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig. Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My? Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak. Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie? (uit Johannes 10.) Lees ook gerus hierdie bydrae vir meer agtergrond oor my beskouing van Psalm 82.

Die Bybel moet dus wel in 'n bepaalde redeverband gelees word. Die groei van die verhaal omtrent die menswording van Jesus Christus onse Ewige Vader, behoort van Sy geboorte uit die Moeder van God (die Heilige Maagd Maria), tot by die uitstorting van God onse Moeder (die Heilige Gees in ons harte), in 'n bepaalde tydsvolgorde begryp word. Jesus Christus onse HERE het as mens aan die Kruis gesterf en is na Sy opstanding uit die dood, as GOD in die Hemel opgeneem. Jesus Christus onse HERE gaan ook as ons almal se Almagtige Lewende Skepper weer terugkom - nes Hy verheerlik is voor Sy dissipels!

Noudat jy my antwoorde op jou vrae ken, sal ek regtig net 'n eenvoudige "ja, Jesus Christus is GOD" of "nee, Jesus Christus is nie GOD nie", ten hoogste van jou respekteer en waardeer.

Mag Jesus Christus onse HERE, self die Tuinier in 'n ieder se hart wees wat hier lees.

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 18

Kommentaar

  • Cornelius,

    Soos gewoonlik verbeel jy jou dit gaan oor jou (en jou ideologie) en dan (net om almal se aandag op jou “opregtheid” te vestig) volg jy dit op met ‘n selfbejammerings rede en dan (kort op dié se hakke) kom jou sogenaamde “liefdevolle” afkraking van ware gelowige christene en dán eers volg jou skynheilige vals profesie. Jy sien, Cornelius, jou “antwoorde” (eerder jou verdoeselling en verdraaiing van die Waarheid van God se Woord) adresseer glad nie die vrae aan jou gestel nie, geensins nie (selfs jou wanhopige pogings om uit die Woord aan te haal, ook nie) – dit maak jou slegs tot ‘n leuenaar. Jou “antwoorde” is eenvoudig en duidelik gebaseer op 'n konkoksie van die new age godsdiens kultus met ‘n paar “Churchianity” en Katolieke opvattings bygevoeg om darem so effens (min-of-meer) “Bybels” te klink – maar, helaas, dit is meerindeels new age. En daarmee verloën jy Jesus Christus ons HERE as God die Vader se enigste Seun en het Sy Kruisdood en Opstanding vir jou geen betekenis nie.

    Omdat daar egter vele new age "modelle" bestaan, het jy dit goed ge-ag om jou eie weergawe te ontwerp en te maak pas volgens jou eie wanopvattings oor die Waarheid van die Woord van God - veral daar waar dit jou en jou moslem/hindoe/boedhis/ens. pelle nie pas nie. In kort (vir die lesers wat sou belangstel), die “new age” godsdiens navolger glo, in breë terme, die volgende: 1. God is in alles (panteïsme), 2. Alle dinge is een (monisme), 3. Mens is God, 4. Elkeen se verstand skep realitiet en, 5. Elkeen se eie ondervinding (spiritueel?) bekragtig die waarheid. Dit is ‘n “have-it-your-way” godsdiens – dit is modern en “hip” en wêrelds aanvaarbaar - tipies die van Cornelius se "mengelmoes-kardoes-people-pleaser" godsdiens. Met ander woorde ons is almal een en dit maak nie saak watter godsdiens of geloof jy aanhang nie, ons is almal in mekaar geweef én oppad na een "God" – of jy dit nou deur islam doen of deur boedhisme of deur hindoeisme, is irelevant. Selfs Oprah (wat ‘n bekende “new ager” is) het opgemerk dat, alhoewel sy opgevoed was as ‘n Baptis, glo sy nie meer dat Jesus die enigste manier is om God te bereik nie. En dit is hier waar jy, Cornelius, ook die pad byster raak – volgens 1 Joh 4: 2-3.

    Jy skryf ook: “Die Bybel moet dus wel in 'n bepaalde redeverband gelees word. Die groei van die verhaal omtrent die menswording van Jesus Christus onse Ewige Vader, behoort van Sy geboorte uit die Moeder van God (die Heilige Maagd Maria), tot by die uitstorting van God onse Moeder (die Heilige Gees in ons harte), in 'n bepaalde tydsvolgorde begryp word. Jesus Christus onse HERE het as mens aan die Kruis gesterf en is na Sy opstanding uit die dood, as GOD in die Hemel opgeneem. Jesus Christus onse HERE gaan ook as ons almal se Almagtige Lewende Skepper weer terugkom - nes Hy verheerlik is voor Sy dissipels!” My maggies, Cornelius, dit is só “Katolities” van jou! Jy noem sommer die Heilige Gees “God onse Moeder”. Jy glo seker ook die pous is Christus se verteenwoordiger hier op aarde!

    En dan vra jy ook: “Noudat jy my antwoorde op jou vrae ken, sal ek regtig net 'n eenvoudige "ja, Jesus Christus is GOD" of "nee, Jesus Christus is nie GOD nie", ten hoogste van jou respekteer en waardeer.” Maar van watter "antwoorde" praat jy? Bedoel jy die om-die-bos-gelopery-en-gegorrelry wat jy hierbo kwytraak? Nee-nee, Cornelius!

    Uit jou skrywes blyk dit duidelik dat jy sê: Jesus is God (Jy noem Hom “ons ewige Vader”) - ek weet nie waar dít in die Bybel staan nie want my Bybel sê: Jesus is die Lam van God (Openb. 5) ook, Jesus is ons Voorspraak by God die Vader (1 Joh. 2: 1-2), ook, ons nader tot God deur Jesus Christus (Hebr. 7: 25 en Hebr. 13: 15), ook dat Jesus Christus die volkome offer is ( Hebr 9:14 en 1 Tim. 4:1-4) wat deur God, die Vader, aanvaar is en daarom is Christus die krag en die wysheid van God die Vader (1 Kor. 1:18,23-24 en Kol. 2:2-3) sodat niemand tot God die Vader kan nader behalwe deur Jesus Christus nie (Joh. 14:6). Deur Hom (Jesus Christus - God die Seun) het God die Vader uit genade elkeen met Homself versoen en dat elkeen wat bely dat Jesus die Christus is, word gered. Lees die getuienis oor Christus ook – 1 Joh 5:6-12 en ook dat die Heilige Gees (God die Gees) dit aan ons bekend gemaak het (1 Joh 4:1-3). Gaan kyk ook 2 Pertus 1:16-21 vir verdere wysheid. Dus, Vader (God die Vader), Seun (Jesus - God die Seun) en Heilige Gees (God die Gees).

    Cornelius, jou verdigsels kom dus daarop neer dat jy profiteer dat Jesus, God die Vader is en daarom aanbid almal wat “God” aanbid eintlik ook vir Jesus. Dít, terwyl hindoes, boedhiste, moslems, en dies meer, nie Jesus as die Christus erken en bely nie, maar dit maak blykbaar nie saak nie (volgens jou), want ons is einlik almal inmekaar geweef deur die “een God" wat ons almal aanbid. Daar skynbaar ook nie ‘n reg en verkeerde godsdiens nie, dit maar net dat elkeen “God” anders ervaar en dien en almal op die einde van die dag “hemel” toe gaan. Jy sien Cornelius, dít is die kruks van die valsheid wat jy verkondig - nogal baie gebasseer op die Vedas van die Hindoes?.

    Jy haal ook aan uit Hand. 17:23-31 (ter ondersteuning van jou "antwoorde"?) – kyk veral vers 30: “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer”  En vers 31: “want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan” – Dus, deur  Sy enigste Seun, Jesus Christus ons HERE wat God uit die dood opgewek, het gaan Hy die wêreld oordeel. Hoekom dink jy het van die Jode en Grieke, ens. tot bekering gekom by die hoor van die Ware Evangelie? (hulle het dan, volgens jou ideologie, God dan ook aanbid?) 

    Kom ek gee jou ‘n voorbeeld uit die Woord – Hand. 10 – die verhaal van Kornelius – gaan lees gerus – Kornelius was godsdienstig en godvresend – maar hy was nie gered nie. Petrus moes eers vir hom die ware evangelie bring (Die evangelie van Jesus Christus) voordat Kornelius en sy gesin (en ander) waarlik bekeer het en gedoop is. Word moslems, hindoes, boedhiste, ens gedoop in die Naam van Jesus Christus? Verder, wat is Jesus se opdrag aan sy dissipels? – Matt. 28:19-20 – “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

    Cornelius, jy mis eenvoudig (of dan moedswillig?) die Waarheid dat daar net Een Naam op aarde gegee is waardeur God wil hê dat elkeen verlos moet word en dít is Jesus Chistus ons HERE (God die Seun) die enigste Seun van God (God die Vader). Hand. 4:12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Dus, om Jesus, die Christus (God die Seun) te probeer wegmaak en Sy Kruisdood en Opstanding (Sy verdienste as verlossing vir elkeen se sondes) te verloën, en daarmee tesaam, God (God die Vader) se genadeversoening wat Hy bewerkstellig het deur Sy Seun, Jesus Christus (God die Seun) as die Weg, Waarheid en Lewe (Die Enigste Ware Evangelie), te ignoreer, maak die feit dat jy jubel en juig oor die “tuinier van onse harte” en mildelik (verdraaiierig só) uit die Woord aanhaal, maak die misbruik deur jou van die Heilige naam van Jesus Christus ons HERE, nie reg nie en onverskoonbaar!

    Laastens, wat beteken die woord "antichris"? en bely moslems, hindoes, boedhiste, ens., Jesus as die Christus?

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    Laat hierdie maar 'n les vir enige ander wees wat dit ooit sou oorweeg het om op enige van jul vieslike spul ware gelowiges se vrae te antwoord.

    Jy het my gevra wat ek as die Goeie Nuus sou verstaan.  

    Ek het jou opreg en in my oortuiging geantwoord.  

    Jy het  duidelik geen respek vir 'n ander se hart in die hand van ons Almagtige Lewende Skepper nie.  

    Nes soveel male voorheen probeer jy my weer op jul gewone en laakbare manier neerhaal - op die spreekwoordelike pêrels voor die varke.  

    Ek moes jou seker maar  nie geantwoord het nie.

    Dis ook baie duidelik dat nie jy, jul infernale hoëpriester op die werf Kobus de Klerk, of enige ander van jul ware gelowiges in jul ywerige diens aan Satan, die moed het om te bely dat Jesus Christus, GOD is nie.

    Kyk net hoe lafhartig ontduik jy my eenvoudige vragie hieroor aan jou - nes Kobus de Klerk dit ook menigmaal voorheen gedoen het! 

    Dolf, ek vergewe jou haatlikheid en goddelose boewery teenoor my en ander hier op die werf in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Hierdie is dan my laaste korrespondensie met jou - jy is ongetwyfeld 'n oneerlike en lae bedrieër. 

    Ek sal wel 'n punt daarvan maak om jou woernaal hierbo as 'n duidelike waarskuwing vir ander te gebruik.  

    Cornelius

  • Fokkit...dit was effe vervelig se moses!!

    laat los daai kakas en marakas...die hemel is HIER!
  • CorneliusHenn

    Goeie dag François ...  ek't geheel ooreenstemming met jou daarin dat enige poging om rede  met die werf se ware gelowiges uit die hel te voer, lank reeds alle perke van verveling oorskry het ... dis nogals ongelooflik hoe die spul gesiglose demone so ywerig in Satan se diens en gewapen met die Bybel, kan aanteel op die wer f ... almal nuwe eiers in Kobus de Klerk se addernes uitgebroei vandat jy laas hier was ... nietemin, baie dankie vir jou belangstelling ... goed om te sien jy's nog saam met ons in hierdie lewe ... ons het inderdaad lewe - maak nie saak hoe hard die Duiwel se farisese dwepers ons harte daarvan met hul gruwelike verdrukking en onderdrukking probeer ontneem nie ... Namaste! Cornelius

  • Cornelius,
    Nee-nee, so maklik is dit nie. Jy probeer soos ‘n wafferse senter die regte weg “sidestep” en probeer gal afgaan sodat almal jou “ontsteldheid” kan raaksien en hoe gekrenk só ‘n “opregte” bedrieër soos jy nou voel! Jy doen dit bloot om aandag weg te lei van die feit dat jy as leuenaar uitgewys is en as verdraaier van die Waarheid in die Woord van God. Die komieklikste van alles is dat jy eintlik jouself in ‘n hoek geverf het (ast’ware in die gat geval het wat jy vir my (en ander ware gelowige christene) gegrawe het) – en nou kerm en kla jy (al weer die selfbejammeringsrede) en vaar “woedend” uit oor ons “gewoermaal” – Maar jy kan nie die Waarheid en direkte antwoorde, hierbo aan jou gestel, teengaan nie, en het ook geen antwoord (sonder om jou leuens te versprei) nie. Jy kan eenvoudig nie die mas opkom om verstand te kry om te verstaan wat Jesus se opdrag was/is nie – lees weer Matt. 28: 18-20 “Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Weereens vestig ek jou aandag daarop: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

    Maar hoekom kan jy nie die mas opkom nie? Omdat jy weet jy sal moet erken dat jy en jou hindoe/moslem/boedhis/ens pelle, nie Jesus as die Christus erken en bely nie! En daarmee tesaam kan jy ook nie jou eie “mengelmoes-kardoes-people-pleaser” godsdiens regverdig deur Christus se verdienste aan die Kruis en Sy Opstanding in só mate te wil afwater, sodat al die ander “godsdienste” ook daarby ingesluit kan word met “Jesus is God” en daarom aanbid almal eintlik Jesus nie. Nee-nee, Cornelius – Rom. 10:9 “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” Ook Hand. 4:12 “ Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” GEEN ander naam en/of manier nie! Daarom 2 Petrus 3:15 En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe.”

    Jy sien Cornelius, NÊRENS anders as slegs in die Ware Woord van God, die Bybel, word daar verkondig dat Jesus die Christus is en die ENIGSTE Weg, Waarheid en Lewe is, en dat NIEMAND na die Vader (God die Vader) kom behalwe deur Hom (God die Seun), nie! - NIE in die Vedas (Hindoe), NIE in die Koran (Islam), NIE in die Dhammapada (Boeddhiste), ens. NIE, PUNT. Dit is hoekom ek ook die vraag oor die “antichrist” (anti – Christus) aan jou gestel het, dit beteken – diegene wat nie Jesus as die Christus (God die Seun) erken nie en nie God (God die Vader) se genadeversoening in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons HERE (God die Seun) wil aanvaar en bely nie!

    Terloops, ek het geen vrees vir jou nie (ek is ín Christus) en daarby sal ek dit baie waardeer as jy my skrywes “Wyd en Suid” versprei en verkondig (en gereeld gebruik) – nie oor jou valse en bedrieglike redes en bose motiewe nie – maar sodat mense kan bewus raak van die Waarheid van die Enigste Evangelie in Christus en die valsheid, misleiding en verdraaiing van God se Woord in jou “mengelmoes-kardoes-people-pleaser-have-it-your-way” godsdiens, onmiddellik kan identifiseer en verwerp.

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Ag kom nou, Cornelius. Die volgende van jou is darem vreeslik melodramaties:

    "Dolf, ek vergewe jou haatlikheid en goddelose boewery teenoor my en ander hier op die werf in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE".

    "Kyk net hoe lafhartig ontduik jy my eenvoudige vragie hieroor aan jou - nes Kobus de Klerk dit ook menigmaal voorheen gedoen het!"

    Jy weet goed dat hierdie "onskuldige" vragie gestel aan Dolf bedoel was om jou eie weergawe van geloof te ondersteun as hy ja sou antwoord, en dat om nee te antwoord jou die regverdiging sou gee met 'n reaksie soos hierdie een hierbo. Daar was geen keuse vir Dolf om sy eie standpunt in duidelike, nie haatlike (waar kom jy daaraan?), woorde te stel.

    Ek stem saam met feitlik niks wat Dolf skryf oor sy geloof, maar om hom te skeer oor dieselfde kam as die een vir KdK is nie regverdig nie. Dis seker waar, ek dink Dolf sal saamstem, dat hy nie onskuldig is wanneer dit kom by "snotty" kommentaar op LitNet nie, maar sy bydrae hierdie keer was nie een van hulle nie.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Ter opsomming dusver ...

    God alleen ken elkeen se hart.

    Ek het vrede met dit wat 'n ander in hul hart glo, of nie glo nie.

    Ons is elkeen uniek en spesiaal in die liefde van God. Daarom sal God self 'n verhouding met elkeen bewerk. God sal self elkeen by hul spesiale mylpaal in die lewe voed en versorg.

    Die werf is ook nie kerk nie en daarom ook nie 'n plek om ander op hul sogenaamde "verkeerde weg" te vermaan nie.
    Nietemin, dit sou erg verkeerd en ook teen my eie gewete wees om bloot net 'n toeskouer te wil wees waar anderhaters hulself komplimenteer as sodanige EKSKLUSIEF verheerlikte "ware gelowiges", en dan ander se harte vertrap met hul vuil pote in 'n skyn van Christelikheid.

    Hierdie is verseker geen vermaning nie. Ek stel dit dat; "Ware gelowige", "ware evangelie", "ware bybels" en goed soos 'n "ware god", maar enkele van vele desperate pogings is waarmee anderhaters hulself probeer verhef en die harte van eenvoudige kinders van die HERE te probeer onderdruk.

    Ware gelowiges probeer ook met sulke kompliment aan hulself, nes die Fariseërs van ouds, hul eie gruwels weg te steek (ook nes die gesiglose en oneervol geskrapte prokureur Kobus de Klerk, dan ook gedurig in sy narsisme homself as die een of ander "ware kundige" verhef) ...

    Ware gelowiges HAAT ook die gedagte dat Jesus Christus onse God, die HELE mensdom liefhet ...

    Ware gelowiges het duidelik ook geen respek vir 'n ander se beskouing, geloof, of ongeloof nie ...

    Troos vir elke hart op aarde is egter dat niemand hulle uit die hand van God kan ruk nie - nie eens 'n gesiglose en arrogante "Dolf" of enige ander onder die infernale priesterskap van die "ou grote Kobus de Klerk" (soos hy graag na homself verwys) nie.

    Soos daar geskrywe staan: ... so lief het God die wêreld gehad (Johannes 3:16)... Hy het uit EEN bloed AL die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van ELKEEN van ons nie... God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan AL die mense oral dat hulle hul moet bekeer (uit Handelinge 17)... want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat 'n behouer is van ALLE mense, insonderheid van die gelowiges (Uit 1 Timoteus) ... waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is ALLES en in ALMAL (uit Kolossense 3)...

    En dan: ... wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, ... Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, VERNIET (uit Openbaringe 22).

    Ware gelowiges, HAAT hierdie INKLUSIEWE Goeie Nuus!

    Mag Jesus Christus onse GOD, ons ALMAL vergewe en self die Troos in 'n ieder se hart wees wat hier lees.

    Namaste!

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Hallo Chris,

    Dankie vir jou belangstelling.

    Ek besef ek is dalk te veel onderhewig aan die "Dolfs" en Kobus de Klerk's op die werf.  

    Daarom oorreageer ek dalk 'n bietjie.  

    Nietemin, ek het die "gesprek" met "Dolf" in "volledige bydraes" begin opdeel.  

    Dit blyk dat belangstellendes daarom die draad verloor.  

    Glo my, hierdie godsdiensboewe verdien veel meer kritiek as wat ek hier toegelaat word.  

    Maar dit is so; nes die slagoffers van ander geweldsmisdaad leer ek ook om die verbale geweld teen my deur die sogenaamde ware gelowiges te vergewe.  

    Chris, die punt staan egter dat dit ALTYD die sogenaamde ware gelowiges is wat my en ander probeer neerhaal vir dit wat ons glo, en nie ek wat jou of enige ander se geloof of ongeloof bevraag of verkleineer nie.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Cornelius,

    Dit is vir my amusant en ook skrikwekkend dat jy net eenvoudig aanhou met jou valse profesie nadat jy duidelik uitgewys is as ‘n leuenaar. Dit kan ook duidelik uit jou skrywes gesien word hoe jy moedswillig sekere gedeeltes uitlos waar jy uit die Woord van God, die Bybel, aanhaal – jou motief hiermee is om nie jouself te knoop in jou “self-made” godsdiensideologie nie. Verder is dit ook opvallend hoe jy ander gedeeltes aanhaal, maar doelbewus die betekenis daarvan verdraai om ook by jou “mengelmoes-kardoes-people-pleaser” godsdiens in te pas. Ek wonder dikwels of jy net eenvoudig hardkoppig is en nie die waarheid wíl weet nie (juis omdat dit nie jou eie godsdiens ideologie pas nie) en of jy net kortsigtig en stadig van begrip is (ek bedoel dit werklik nie in ‘n swak lig nie). Miskien is dit maar net dat jy weier om tot insig te kom en gekrenk is in jou strewe en met jou wan-redenasies, selfbejammering en “liefdevolle” toneelspel, simpatie by mense probeer wek en op só manier wil probeer om hul te oortuig van jou “opregtheid” en “liefde” wat klaarblyklik sy oorsprong het vanuit jou genoemde “new-age-have-it-your-way” godsdiens. Is dit nie interessant hoe dít juis inpas by die wêreld se sieninge en hoe maklik die gewete gesus word en selfregverdiging verkry word, daardeur nie? Let ook op hoe baie die woord “haat” in jou skrywes voorkom – waar die hart van vol is loop die mond van oor …

    Laastens, wil ek jou graag wys op Gal. 1: 1-24 (’83 vertaling) en veral verse 6-8: “Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref!” - Cornelius, moet jouself nie onder diegene tel nie.

    Chris,

    Jy en ek stem oor baie dinge nie saam nie, veral waar dit by ware geloof en sake Gods kom. Maar ek moet met jou saamstem dat ek wel soms skuldig is aan – soos jy dit stel, “snotty” kommentaar. Ek is nie trots daarop nie en is dikwels spyt, na die tyd, daaroor. Maar, sonder om myself te regverdig, voel ek dat ware gelowige christene moet opstaan vir die Waarheid (my opinie en in ag genome van “hoe” dit gedoen word) en op te hou om net “gods water oor gods akker” te laat loop, handjies te vou en te sê “ek bid vir jou” of “Jesus loves you” en dan daardeur onsself te sus dat ons “het mos nou ons deel gedoen”. Jy sien, ek is nie ‘n “kom-ons-hou-handjies-vas-en-sing-Kumba-ja-om-die-vuur”-tipe mens nie, alhoewel dit ook soms nodig is. Ek is ook verder van die opinie dat daar te veel sogenaamde christene is wat deur die lewe gaan sonder om ooit werklik Christus te ken en die erns (dit is lewens en ewigheids bepalend) van hul geloof te besef, nie – dit is diesulkes wat tot die besef moet kom dat die belankrikste verhouding wat mens kan hê dié met Jesus Christus is en ook die dringendheid van Christus se opdrag moet verstaan – die tyd vir grappies maak is lankal verby! Onthou, Jesus Christus is die Lam van God maar Hy is ook die Leeu van Juda!

    Ek is bewus daarvan dat jy nie met my sal saamstem nie. Verder is dit ook vir my interessant dat ‘n ongelowige soos jy ook maklik Cornelius se motiewe kan raaksien – of jy nou daarmee saamstem of nie. Maar dit daar gelaat. Ek is seker dat ons in die toekoms nog gaan redeneer en/of worstel oor sake Gods, en dies meer.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    "Dolf", die geharde Christen - siestog - waar sy infernale hoëpriester die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag na homself verwys), gefaal het om die liefde en genade van Jesus Christus onse GOD te onderdruk, wil Dolf dit in sy farisese anderhaat voortsit ... daar is werklik niks anders nie behalwe om aan hierdie sogenaamde ware gelowiges te roep: WYK SATAN!  

    Soos daar geskrywe staan: En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus. Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Barnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor. Maar Élimas die towenaar--want so word sy naam vertaal--het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei (uit Handelinge 13).  

    Jesus Christus, is GOD. 

    Soos daar geskrywe staan: Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?  Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self( uit Johannes 14).  

    En dis die Goeie Nuus en ons opdrag: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16). Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matteus 28:19).  

    Mag Jesus Christus onse HEMELSE VADER, onse ALMAGTIGE LEWNDE GOD, ons verlos van die bose en self Sy Goeie Nuus in ons harte bewerk.  

    Cornelius

  • Cornelius,

    Jy het Christus se opdrag reg. Maar verstaan jy dit en doen jy dit? Daarby behoort jy dus vir my maklik te kan antwoord: Is/word jou moslem/boedhistiese/hindoe/ens pelle gedoop in die Naam van die Vader (God die Vader) en die Seun (God die Seun) en die Heilige Gees (God die Heilige Gees) en daarmee tesaam bely hul en glo hul van harte dat Jesus die Christus is (die Seun van God) deur Wie God (God die Vader) versoening bewerkstellig het in en deur Hom (Sy Seun, Jesus Christus ons HERE) se kruisdood en opstanding?

    Terloops, jou woede? en vingerwysing na haat? en satan? is 'n tipiese reaksie van iemand wat ten alle koste homself (of dan sy "have-it-your-way" godsdiens) wil regverdig (bedoelende nou, volgens jou, wat van die arme ander godsdienste wat nie Christus bely nie?) teen sy eie beterwete, maar eenvoudig nie kan nie. Ek dink jy verstaan bloot nie wat jy lees nie of die betekenis daarvan pas jou nie te lekker nie. Wanneer gaan jy leer? Daar is net EEN Evangelie - die Evangelie van Jesus Christus, soos vervat in die Woord van God, die Bybel, en verkondig is deur die apostels (wat oog en oor getuies was) en die refamotore. Punt. Weer verwys ek jou na die woord "antichris" en die betekenis daarvan.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Ad Nauseam.

    Geeneen het 'n evaluasie vir die oortuiging in hul hart deur 'n ware gelowige nodig nie.  

    Godsdiensboewe soos die ene "Dolf" hierbo, se onkunde rakende ander se Godsdiens is skreiend.  

    Tog sal hierdie infernale "spiritueel intelligentes", nie huiwer om ander se harte in die hand van ons Almagtige Lewende Skepper te wil neerhaal nie.  

    Ja, Hindoes, Moslem, Jode en menig ander Godsdienstiges doop wel en wy hulself in menige ritus in die naam van ons almal se Almagtige Lewende Skepper.

    Dis net die wat weet se genade om die menswording van ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper met almal te deel.   

    Dis hartseer om te sien hoe blatant geharde Christene soos Dolf onder sy besete hoëpriester Kobus de Klerk, gedurig die Goeie Nuus misken.  

    Hul intellektualisme van die Evangelie laat hulle net so blind soos die Fariseërs van ouds omtrent die waarheid dat Jesus Christus, GOD is.

    Dis ook opmerklik hoedat hulle in hul drogma drie hoofgode in een of ander bepaalde eenheid, as die enigste waarheid probeer voorstel - net om ons EEN GOD naamlik Jesus Christus se genade in ALLE Godsdiens op aarde te misken.   

    Ek het al baie maal hieroor gewonder, maar dit blyk dat selfs duidelike aanwysing in die Bybel hieroor, geen indruk maak op hierdie verwaande Christene nie.  

    Tot dusver vermy "Dolf" ook my versoek in antwoord eenvoudig; "ja, Jesus Christus is GOD" of "nee, Jesus Christus is nie GOD nie". 

    In 'n desperate poging ontduik Dolf, die geharde ware gelowige, sy antwoord omdat ek kwansuis 'n agenda daarmee het; derhalwe sy agenda duidelik manifesteer nadat ek op sy vrae geantwoord het in dit wat ek as kind van die HERE in my hart glo.  

    Maar dis hoe die godsdiensboewe gewoonlik hul ding doen; "hulle is salig omdat ander in die hel hoort".  

    Ek het vrede wat enige ander glo, of nie glo nie - ja, selfs met dit wat "Dolf" en Kobus de Klerk in hul harte koester.  

    God sal self Sy werklikheid in 'n ieder se hart bring.  

    Dit blyk egter dat karikature soos die gesiglose "Dolf" en Kobus de Klerk, enige openbaring daarvan sal misken ten einde hul ego te dien.

    Dit blyk ook dat die boewe op die werf almal wat hulle nie eer nie, se harte sonder ophou sal vervolg en beledig.

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en ons van die farisese ware gelowiges verlos.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Cornelius,

    Jy is werklik hardkoppig in jou vals profesie. Ek klassifiseer jou as 'n "katolietiese new ager". Maar hoe dit ook al sy, jy maak, soos verwag, weer talle valse aanmerkings/bewerings as volg:

    “Geeneen het 'n evaluasie vir die oortuiging in hul hart deur 'n ware gelowige nodig nie.” – Jy mis die punt, dit gaan oor selfondersoek gebaseer op die Waarheid in die Woord van God, die Bybel, die besef dat elkeen 'n sondaar is en God nodig het. Maar God se Genade is groot en Hy het alle sondaars met Homself versoen in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus - Daar is NET EEN NAAM gegee, waardeur God wil dat elk gered moet word en dit is JESUS CHRISTUS, SY ENIGSTE SEUN! Al wat ek doen is om by díe Waarheid van die Enigste Evangelie van Jesus Christus, te hou omdat daar geen ander is nie – kyk gerus my vorige onverdraaide Skrif verwysings.  As jy nie Jesus as die Christus bely nie, is jy op verkeerde pad, Punt. Dit staan jou egter vry om net vir my aan te dui waar die moslems, boeddhiste, hindoes, ens. Jesus as Christus bely in hul geskrifte - ek hoop jy verstaan die vraag.

    “Godsdiensboewe soos die ene "Dolf" hierbo, se onkunde rakende ander se Godsdiens is skreiend.” Weereens ‘n wanopvatting deur jou. Dit is juis deur my kennis van ander godsdienste dat ek weet dat hulle nie Christus bely nie en nie God dien nie – ek het al vir jou uitgewys allah, brahma, boeddha, ens, is nie God nie! Jy is egter te kortsigtig en verdraai God se Woord om by “almal” te pas – daarvandaan jou “new age” ideologie.

    “Tog sal hierdie infernale "spiritueel intelligentes", nie huiwer om ander se harte in die hand van ons Almagtige Lewende Skepper te wil neerhaal nie.” Hoe onnosel kan een mens wees? Jy mis weer die punt. Hoe gaan verdwaaldes die Ware Goeie Nuus weet as niemand hul vertel nie? Hoe gaan hulle van valse profesieë weet as niemand hul waarsku nie. Hoe kan jy alle godsdienste op die skouer tik met ‘n jy is OK?, wetende dat hul nie Jesus as die Christus bely nie?  

    “Ja, Hindoes, Moslem, Jode en menig ander Godsdienstiges doop wel en wy hulself in menige ritus in die naam van ons almal se Almagtige Lewende Skepper.” Soveel moedswilligheid het ek lanklaas teëgekom. Jy gee alweer 'n halwe verdraaide antwoord. Jy babbel voort om jou verdraaisels te regverdig, maar is te kortsigtig om te besef dat enigiemand duidelik kan sien jy verstaan glad nie die vraag nie óf jy is wil eenvoudig nie die Waarheid weet nie! Hindoes, Moslems, Jode, Boeddhiste, ens doop NIE in die Naam van die Vader (God die Vader) en die Seun (Jesus Christus – God die Seun) en die Heilige Gees (God die Heilige Gees) NIE, soos direkt deur Christus self, beveel is! Indien hul dít sou doen is hulle dan Christene! Dink jy ek (en ander) kan nie jou blatante moedswillige verdraaiing van die Waarheid, deur jou uiters beperkte kennis van ander godsdienste, raak sien nie? Kan jy asseblief vir my aandui hoekom dit nodig was vir die dissipels/apostels om die evangelie van Christus aan die jode, ens, te verkondig as hul dan alreeds "God" gedien het en ook gedoop het (volgens jou)?

    “Dis net die wat weet se genade om die menswording van ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper met almal te deel. Dis hartseer om te sien hoe blatant geharde Christene soos Dolf onder sy besete hoëpriester Kobus de Klerk, gedurig die Goeie Nuus misken. Hul intellektualisme van die Evangelie laat hulle net so blind soos die Fariseërs van ouds omtrent die waarheid dat Jesus Christus, GOD is.” Komende van ‘n bewysde en uitgewysde vals profeet soos jy, neem ek dit met ‘n knippie sout – jy wil eenvoudig nie weet dat jy “new age” en antichiste se sieninge promoveer nie. Terloops, wat het Kobus de Klerk met ons redenasie uit te waai? Lyk my hy het jou al soveel keer in die verlede pakslae gegee dat só ‘n gekrenkte “liefdevolle” bedrieër soos jy, net nie kan vergewe nie - alhoewel jy dikwels "vergiffenis" verkondig - hoe vals! 

    “Dis ook opmerklik hoedat hulle in hul drogma drie hoofgode in een of ander bepaalde eenheid, as die enigste waarheid probeer voorstel - net om ons EEN GOD naamlik Jesus Christus se genade in ALLE Godsdiens op aarde te misken.” Sjoe, maar jy is blind en doof en baie-baie beperk in jou kennis, van veral godsdienste. Maar, terwyl jy sulke “intelligente” onwaarhede kwytraak, verduidelik gou-gou hoe jy God en allah as dieselfde sien, en terwyl jy besig is verduidelik ook hoekom God en boeddha dieselfde is asook God en brahma (insluitende die ander 11,000 hindoe afgode) en as jy lus het, verduidelik ook die vergelyking tussen God en voorvader-geeste soos aanbid word deur sommige etniese groepe en hoe Jesus Christus se kruisdood en opstanding in hul almal se belydenisse? inpas.

    “Ek het al baie maal hieroor gewonder, maar dit blyk dat selfs duidelike aanwysing in die Bybel hieroor, geen indruk maak op hierdie verwaande Christene nie.” Jy het jouself al baie maal as kennisloos, vals en ‘n absolute misleier bewys – ongeag jou aanhalings uit die Woord van God ter “ondersteuning” van jou verdraaiing daarvan en jou leuens wat daarop volg – dat niemand (behalwe jy en jou misleide pelle) jou in elk geval meer ernstig opneem nie – jy verstaan geensins die Waarheid van die evangelie van Christus nie. Punt.

    “Tot dusver vermy "Dolf" ook my versoek in antwoord eenvoudig; "ja, Jesus Christus is GOD" of "nee, Jesus Christus is nie GOD nie". In 'n desperate poging ontduik Dolf, die geharde ware gelowige, sy antwoord omdat ek kwansuis 'n agenda daarmee het; derhalwe sy agenda duidelik manifesteer nadat ek op sy vrae geantwoord het in dit wat ek as kind van die HERE in my hart glo.” Jou leuens ken geen perke nie. Ek het DUIDELIK vir jou uitgewys Wie Jesus Christus werklik is EN dit ook vir jou DUIDELIK en ONVERDRAAID uitgewys in die Woord van God, die Bybel! – gaan lees weer. Selfs ongelowiges kan jou dwase listigheid raaksien!  Verder het ek jou ook al gewys op jou halwe antwoorde/onwaarhede wat jy kwytraak – en toe jou planne nie slaag nie, toe kerm en kla jy en kry jouself jammer en vertel toe almal “liefdevol” jy is en hoe die nare ware christene jou teiken.

    “Maar dis hoe die godsdiensboewe gewoonlik hul ding doen; "hulle is salig omdat ander in die hel hoort".” Net omdat jy klaarblyklik GEEN poging aanwend om mense die regte weg te wys nie, moet dit nie sê van mense wat die Waarheid ken en glo EN ‘n Ware verhouding met ons Enigste Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus ons HERE, het nie! Ons verwater Hom en Sy Verdienste aan die Kruis, nie af om in te pas by alle godsdienste nie!

    “Ek het vrede wat enige ander glo, of nie glo nie - ja, selfs met dit wat "Dolf" en Kobus de Klerk in hul harte koester.” Jy is reg, jy het vrede met “ander” en verder is jy ook salig onbewus van die feit dat jy deur jou dwaasheid en leuens mense in die afgrond in aflei. 

    “God sal self Sy werklikheid in 'n ieder se hart bring.” Hoe, Cornelius, as almal “vrede” het en niemand die Waarheid van die enigste evangelie van Christus verkondig nie? “Dit blyk egter dat karikature soos die gesiglose "Dolf" en Kobus de Klerk, enige openbaring daarvan sal misken ten einde hul ego te dien.” – Dink jy jou “gesig-wys” maak die onnoselhede wat jy kwytraak, reg? Jy kan heeldag jou gesig “wys” - dit sal nooit jou dwaashede regverdig nie!

    “Dit blyk ook dat die boewe op die werf almal wat hulle nie eer nie, se harte sonder ophou sal vervolg en beledig.” Dit blyk dat jy weer die punt mis. Die belediging en vervolgings kom van jou kant af – só ook die selfbejammering (‘n kenmerk van minderwaardigheidslyers), woede, haat, vervloeking, verdraaiings, ontwykings en leuens. Jy besef eenvoudig nie dat ons slegs die Waarheid van die enigste evangelie van Christus, soos vervat in die Woord van God, die Bybel, verkondig en bely nie.

    “Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en ons van die farisese ware gelowiges verlos.”: Tyd om in die spieël te gaan kyk, Cornelius, en selfondersoek te doen. Jy het al telke waarskuwings weg wat jy kies om te ignoreer tot op datum.  Maar jy het nog tyd om tot inkeer én bekering te kom.

    Sterkte
    Dolf

  • CorneliusHenn

    Heil die leser.

    Vir geruime tyd tart die bose "Dolf" my met sy onthutstheid. Dis duidelik dat "Dolf" erg bedreig voel deur ander se vaste geloof en oortuiginge. Nog nooit het die gesiglose "Dolf" sy eie bydrae op die werf gewaag nie. Al wat die geharde en kwaai "Dolf" dusver  met sy gekef kon durf, was om te probeer ander se bydraes met sy berugte woernale verdag maak.

    "Dolf" se stotter en stik onder hierdie bydrae van my bied egter genoegsame bevestiging aan enigeen wat daaroor wonder, of dalk aan dieselfde las as ek onderwerp word deur hierdie ware gelowige Christene.  

    "Dolf" tik die volgende in sy waan: Dit is juis deur my kennis van ander godsdienste dat ek ["Dolf"] weet dat hulle nie Christus bely nie en nie God dien nie – ek het al vir jou uitgewys allah (sic) , brahma (sic), boeddha (sic), ens, is nie God nie!  

    Wel, in die eerste plek is die neerhaal van ander se oortuiging omtrent ons almal se Almagtige Lewende Skepper, GOD, nog altyd die kos van oorlogshonde soos Kobus de Klerk en sy dux "Dolf".

    In Suid-Afrika is dit ook ongrondwetlik om in die openbaar te huigel dat onder meer onse lieflik Allah, nie God is nie.

    Derhalwe het geeneen ooit op die werf waarvan ek weet en wat ook die Boeddhisme aanhang, Boeddha, as God voorgehou nie.  

    Wat hierdie stompsinnige oorlogshonde soos "Dolf" duidelik nie weet nie, is dat die woorde Allah, Brahman, Jumala, HaShem, ensovoorts, GOD beteken in ander tale en kulture.

    Enigeen kan vandag bloot net die woorde "Google" en genoegsame inligting oor die betekenis daarvan, en in watter taal en kultuur ookal, vind. Hierdie bruikbare instrument, Google, het reeds menige onderdrukker soos "Dolf" en sy meester Kobus de Klerk laat val.

    Ek dank God daarvoor!  

    Nietemin, "Dolf" vloek voort.  

    In 'n erge desperate poging om sy spirituele intelligensie te probeer geld, spu "Dolf" in vet letters die volgende (ek het sy vet letters ter wille van leesbaarheid verwyder): Maar, terwyl jy [Cornelius] sulke “intelligente” onwaarhede kwytraak, verduidelik gou-gou hoe jy God en allah as dieselfde sien, en terwyl jy besig is verduidelik ook hoekom God en boeddha dieselfde is asook God en brahma (insluitende die ander 11,000 hindoe afgode) en as jy lus het, verduidelik ook die vergelyking tussen God en voorvader-geeste soos aanbid word deur sommige etniese groepe en hoe Jesus Christus se kruisdood en opstanding in hul almal se belydenisse? inpas (sic).  

    Ek het dit reeds deels beantwoord.  

    Ek wil egter graag die saak Titular Roman Catholic Archbishop of Kuala Lumpur v. Menteri Dalam Negeri hierby in antwoord op die anderhater "Dolf" hier ter sprake bring. Die saak handel kortliks oor Christene se reg om ook die woord Allah vir God te gebruik. Die saak is nog onder appèl teen die regter se beslissing dat Christene in Maleisië wel die woord Allah vir God mag gebruik. 

    Die punt is egter dat Christene elders buite die Kobus de Klerks' en hul handlangers "Dolf" se haat, die woord Allah, as God gebruik.  

    Hierdie is net 'n enkele voorbeeld van die verwarring wat ware gelowiges en geharde Christene soos "Dolf" en sy infernale hoëpriester Kobus de Klerk, hier probeer saai.

    Ek gaan my nie verder mors op die res van "Dolf" se hatigheid nie. Enigeen met gesonde verstand sal dit ook onnodig vind.  

    Mag Jesus Christus, onse lieflike Allah ons van die boosheid en anderhaat van die besetenes op die werf verlos. 

    Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Believe nothing merely because you have been told it. Do not believe what your teacher tells you merely out of respect for the teacher. But whatsoever, after due examination and analysis, you find to be kind, conducive to the good, the benefit, the welfare of all beings -- that doctrine believe and cling to, and take it as your guide. ~Buddha

  • Ai Cornelius,
    Moet asseblief jouself “nie verder mors nie” (soos jy dit stel) – jy raak heeltemal genoeg ge-mors op die werf kwyt! Jy wil eenvoudig net nie leer nie!
    Sterkte
    Dolf

  • Skrywer bo stel dat volgens sy Buddah jyself kan besluit wat reg en verkeerd is. Hmm wonder, Hitler sou baie van die logika hou. Dalk kan ons moordenaars vrylaat wat besluit het hulle is reg?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top