Babalas-dag

  • 6

Vanoggend op pad werk toe luister ek na Kobus op RSG wat Veronica en die span ondervra oor FAS. Hulle beweer dat hierdie alkoholprobleem die hoogste in die Kaap is. Die res van SA, so meen hulle, of so het hulle bevind, sit slegs met ‘n 2% probleem.

As kind waar ek groot geword het agter die berg op die plaas, (dit is nou daar agter Magoebaskloofberg en die Drakensberge) het van ons werkers gewoonlik nie opgedaag vir werk die eerste Maandag na die einde van die maand. Ons het dit Babalas-dag genoem.

Ek weet nie of dit vandag nog so daar gaan nie, maar Johannes sou al sy geld wat hy verdien het met die tamatiepakkery op Pa se plaas, uitsuip op die bier wat Anna die vorige week al begin stook het. Maroelas het blykbaar die lekkerste gisgif. Dan gooi sy hierdie pienkerige drank in 2 liter Coke-plastiekbottels (wat sy op Ma se ashoop opgetel het,) en maak ‘n groot vuur vir die aand. Wanneer die tromme begin praat, begin die voete skuifel. Selfs die mense op die plaas in die groothuis, wat glad nie drink nie, slaap ook nie. Vir ure sou ons l? en luister na die ritme wat oor en oor en oor dieselfde in jou hart vasdoef. Half bedwelm van die slaap sal jy sien hoe Anna haar groot lyf soos ‘n slang krul om die vuur, want vanaand maak sy geld! Die eerste 2 liters verkoop stadig, maar soos die jakkalse begin huil in die stiknag van die bosveld, raak haar jamblikkie gou vol note.

Maar wat ek eintlik wil vertel is, dan kom Johannes by Pa huil ‘n week later, want Anna nr 2, sy ander vrou wat in Dikgale bly, het nie meel nie. Die kinders is ook honger. Toe word Pa slim. Nie meer verhoog hy jaarliks hul loon met geld nie, maar met meel. Voor elke einde van die maand gaan koop Ma vir almal ‘n 80Kg Mieliemeelsakvol witmeel,(daardie jare was dit nog in materiaalsakke) en ry dit aan plaas toe met haar geel Volkswagen-langbakkie. Kreunend onder hierdie wit sakke sou die bakkie die erf in steun tot voor die pakhuis. Want daar sit die vrouens alreeds en wag vir hulle mans se meel vir die maand. Die kinders het ook saamgekom. Vir hulle is dit piekniekdag en tamatie-kleinlat-dag op die hoop vrot tamaties wat uitgegooi is vir die dag.

My storie loop nou heel anders, wat ek eintlik wil vra is: “Waarom sou ‘n ma haar kind so mishandel alreeds in die moederskoot, deur haarself te versuip in drank?” ‘n Man wat drink het ek min respekte voor, maar ‘n vrou wat drink! Aikôna. Hier behoort die man van die huis (wat natuurlik as hy in God se wil lewe en so sy Priesterskap, Leierskap en Hoofskap oor sy huis opgeneem het) ook die vrou vas te vat.

Drank is en bly ‘n euwel! Dit verwoes verhoudinge, huwelike, jou werk en natuurlik op die ou einde jouself. Ek hoor baie stories aan van kinders se lewens wat geruïneer is omrede hul snags as pappa by die huis kom, vreesbevange onder die bed gaan wegkruip het. Aanskou hoe pappa vir mamma diktokkel. Hierdie kinders het ‘n ewiglike probleem met vrees en haat die pa-figuur so dat hulself eerder gay word. ‘n Verwoeste lewe op aarde. En as hierdie probleem (of vloek soos sommige dit noem) nie oor die geslag gebreek word iewers, dra dit soos in die Kaap oor van een geslag na die volgende. Totdat dit ‘n kultuur word – wat moeilik omkeerbaar is.

Nee, die opdrag van God aan Adam was duidelik! “Julle moet heers oor die plante van die veld.” Maar nou sien ek dat die maroelapit en die wingerdstok en die twakblaar oor mense heers!?

Trienie

  • 6

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Jy is reg, Trienie. Die drank is 'n liederlike ding - behalwe natuurlik in redelike en mindere maat!

     
    Maar jy is mos 'n mooi gelowige wat graag vir Jesus vir ons as voorbeeld hou. Hoe is dit dan dat in die Bybel een van sy wonderwerke wat aangeprys word, die een is waar hy water in wyn verander het by die bruilof.  Baie duidelik - al word dit nie mooi so uitgespel nie - het die klomp bruilofgaste al die wyn vinnig uitgesuip - en toe gaan staan Jesus en maak nog wyn sodat hulle nog meer kan suip! Hoe dan nou?
  • Beste Trienie

    Ek stem saam oor alles wat jy skryf oor hierdie problematiese kwessie. Jy moet egter net waak daarteen om wilde stellings te maak, soos dat kinders die pa-figuur so haat,dat hulle eerder gay word. Dis sulke oningeligte onwaarhede, wat maak dat daar vandag steeds nie verstaan word hoekom mense gay is nie. Het jy al ooit meer gaan lees oor gay-wees, of steek jy steeds vas by die paar liefdelose versies in jou Bybel?

    Ek het 'n probleem met die Bybelse opdrag van heers ook. Dis hoekom die wêreld in so 'n toestand is. Dis 'n totale gemors omdat die mens dink hy is hierdie wonderlike "kroon van die skepping" ... beslis een van die vrotste opdragte uit die Bybel.

  • Chris Dippenaar

    Thys, net Johannes vertel ons van hierdie "party trick" van Jesus. Behalwe, soos jy hierbo noem, die goedpraat van Jesus van drankgebruik, moerse hoeveelhede, pas hierdie daad van Jesus moeilik in by ander wonderwerke gedoen deur hom. In veral Johannes word 'n wonderwerk verbind met 'n boodskap om meer lig te werp op wat Jesus probeer sê. Hy sal byvoorbeeld sê: Ek is die lig van die wêreld, en dan 'n blinde man genees. Johannes verwys ook dan in hierdie sin na wonderwerke as 'tekens'. Die vraag moet dan wees: Waarvan is hierdie helse klomp drank 'n teken?

  • Chris en Thys,

    julle sou die antwoord selfs op Google kon kry in minder tyd as wat dit vat om jul vrae hier te skryf, so is julle werklik op soek na kennis of wil julle net guano praat?

    Perdebytjie, het jy 'n verwysing vir daardie opdrag wat jy 'n probleem mee het? Soos in boek en vers.

    Duitswester

  • Ek het al met my eie oë gesien hoe 'n kulkunstenaar water in 'n silinder sonder boom gooi, en dan twaalf seuns hulle knuppeldik aan melk laat drink. Hy het gesê hy kan water in wyn verander, maar is bietjie skrikkerig vir die seuns se ouers. 

    Is daar nie 'n kulkunstenaar hier op SêNet wat maar die geheimpie wil uitlap nie? Ek sal dit baie waardeer, want ek moes noudie aand R185 vir 'n bottel rooiwyn in die restourant betaal.
  • Chris Dippenaar

    Duitswester, Google sê Dionysus het drie ketels vol wyn gemaak op die eiland Ellis. Johannes verdubbel dit na ses sodat Jesus nie afsteek teen die kompetisie nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top