Jan, daar moet 'n maatstaf wees vir wat as (goeie) Afrikaans erken word en wat nie. Die enigste maatstaf wat ons tans het, is Standaardafrikaans, bv soos vergestalt in die jongste, 10de, 2009-uitgawe, van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Afrikaanse woordelys en spelreels. Dit is sekerlik nie volmaak nie. Byvoorbeeld, namate Afrikaans al hoe meer met onnodige Engelse woorde besoedel word, is die taalkundiges geneig om maar sulke woorde as Standaardafrikaans te erken.
Die onsinnige "sleutelbord" word deesdae naas "toetsbord" erken bloot omdat so baie mense hierdie letterlike vertaling gebruik. Op RSG-nuus word alewig van "stappe neem" pleks van "stappe doen" gepraat. In die plaaslike koerant word "siekverlof" pleks van "siekteverlof" gebruik. 'n Mens kan hulle maar oor en oor daaroor aanspreek, maar volgende keer doen hulle dit weer.
Daar is nie genoeg toewyding en taaltrots nie. 'n Mens moet 'n gesaghebbende bron he om die taalsaboteurs of -vandale, die spotters of ontheiligendes, die uittarters of vertrappers van Afrikaans in die bek te ruk of gewoon op te hel.
Johannes Comestor
"Waarlik, na tien jaar, nog net dieselfde! Die afgeleefdes en onverkiesbares onder die enkelmanne sweef oor die dansvloer opsoek na nuwe prooi. Die vroulike prooi is ewe gewillig, maar reeds ou nuus."