Sanlam SkryfNet X: ‘n pa se liefde (Finale weergawe)

  • 0

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie
Finale weergawe van Loammi Wolf se tweede gedig

‘n pa se liefde

sy vrou se hart
’n leë skulp
van na-geboorte blues

die lakens koeler koud
kinderogies troetel
in pa se hart

’n ontluikende lentedroom:
vars kruisement
op gestyfde lakens

vlees van sy vlees
die bed so warm
nag vir nag

vroomheid sterf vir die nag
lendes droog vir die dag

vaalblas die môredou
sku afsku
as haat-liefde

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top