(Ha-ha-ha!)
Ag nooit, ek het lanklaas so lekker gelag.
Moet se Jan Rap, vandat ek hier skryf op die Net is ek nogal ingestel op my Afrikaans en het besluit om geen engelse woorde te skryf. Wil jou nie onstel. As daar 'n engelse woord by my opkom sal ek myself vra: Jinne nee, wat is die afrikaanse woord nou weer? Jan gaan nie van hierdie engelse woord hou.
En ja, ek voel saam met jou, Afrikaans is 'n mooi taal. Ek is baie trots daarop en glo ons moet meer respek toon. Ek sal ook my musiekante vra om eerder Afrikaanse liedere te sing in die kerk.
Jy doen dus goeie werk. Hou so aan! Ons het jou nodig.
(Maar sorry, die Amplified bybel bly maar vir my nog die mooiste vertaalde bybel - oeps, jammer die ingels.)
Trienie
Beste Jan,
Dit lyk vir my of dit wat jy van Mary vertel, iets grappigs kan wees. Kan jy dit asseblief in Afrikaans vertel, want, alhoewel daar o.a. ook bietjie Ierse bloed deur my are vloei, verstaan ek nie die taal nie. Sorrie vir die moeite, maar ek haat die Engelse taal so, dat ek ook glo alle Anglisismes uitgeroei behoort te word.
Groete
Angus
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.