Hello Sweetie,
Dit wil voorkom dat die plaat te warm vir jou voete geword het, die dat jy skryf: “Ek is werklik klaar met hierdie gesprek en word die laaste aan jou gegun en sal ek poog om nie te reageer nie.”
Om op te som waaroor dit gaan. Jy sê: “Die vraag bly, hoe laat jy die ekonomie groei”. Jy het nagelaat om ook te vra, hoe gaan ons werkskep vir die miljoene, die Plan het dit 11mil werkloses. Die 2011 sensus het 15mil onder 15jr wat die arbeidsmark in die nabye toekoms nog moet betree, al twee staatsorgane.
Jy het beswaar oor my stelling rakende werkskeppingstrategie, nl: “Entrepreneurskepping moet die land se EERSTE prioriteit wees. (Ek het nie daarby beweer die enigste prioriteit, soos jy daarin gelees het nie). Entrepreneurs skep die meeste werksgeleenthede, nie die staat nie”.
Selfs die “National Development Plan” tot 2030 het die volgende te sê: “in a growing economy, rising employment and incomes, falling inequality, and an improving education system, fertile conditions for entrepreneurship and career mobility will contribute significantly to uniting South Africa’s people.”
Dan ook:
“Strengthen youth service programmes and introduce new, community-based programmes to offer young people life-skills training, entrepreneurship training and opportunities to participate in community development programmes”.
Jou eerste reaksie oor die National Development Plan was: “Sien jy jou 'entrepreneurskap' as een van die oogmerke.” Toe lees jy ‘n bietjie dieper en backpedal jy met die volgende respons: “Dit is (wel) vol van lofliedere oor hoe goed en belangrik entreprenuerskap is, maar is doodstil oor hoe dit gaan werk skep, vraag gaan stimuleer en die ekonomie gaan laat groei”. Maar meisie, dit kan ook van al die ander doelwitte in die Plan gesê word. Kwelpunt wat in doelwitte omskep is, is vereers geïdentifiseer, ’n kommissie is aangestel om die strategie nog vorentoe uit te hamer vir elke geïdentifiseerde kwelpunt en daarna sodanige strategie in werking te stel. Van hulle is reeds in werking, ander moet nog uitgehamer word voor implementering.
Oor my het jy, in vergelyking met jouself (self delusions of grandeur) die volgende geskryf: “Dit mag dalk moeilik wees vir jou om te aanvaar maar ek is 'n 'nuusjunkie' en is ingeskryf op die Financial Times, New York Times, Times of London en die Economist, alhoewel nie op Menshealth nie. (Ek sou eerder al daardie geld op “rents” gespandeer het.)
Ook: “Daarom is dit nie vreemd dat bogenoemde verwysings aan my bekend is nie. Dit is doodgewoon my verwysings, jy lees 'Menshealth', ek die Economist.”
HeHe prinses!! Jy’s reg. Ek lees wel oa ‘Menshealth’. Dis die dat ek vandag met ’n Randy Orton-lyf en voorkoms kan spog, wat ek pynlik kweek. Vir eens het jy reg veralgemeen. Jy moet my in my bodyfit-kortbroek en moulose-kleef-vest sien om my te kan beny! Daar is ek jou een voor. Ek voed nie net alleenlik die brein nie, maar ontwikkel ook die lyf. In vergeleke met jou (jou ‘delusions of grandeur’ nieteenstaande), maak dit van my ’n algehele gebalanseerde persoon! (Nie heeltemal waar nie. Die gewig in die broek kan my dan en wan van balans bring).
Om af te rond.
Jy heul: “Sien dit is die probleem met jou duimsuig 'feite' en die feit dat jy nie jou stellings aan die werklikheid toets nie. Wat sal werk indien dit implementeer sou word.”
Die volgende moontlikheid reeds genoem en deur jou verwerp nl: “Jy verkwalik my verder omrede ek gesê het. Los die blanke kommersiële boere uit en konsentreer eerder daarop om die vrugbaarste landbougrond in stam besit, in kommersiële boerdery te omskep. Hoekom ten duurste aan suksesvolle entrepreneurskap torring suiwer vir ideologies redes, met die uiteindelike vernieting van sodanige bedryf (wat in die praktyk wel gebeur) weens gebrek aan vaardigheid en vernuf; waar eerder, heel goedkoper, nuwe entrepreneurskap op stamlande geskep kan word. Die staat verskaf die opleiding daartoe hoe om ’n kommersiële boerdery te bedryf. Die inwoners, pleks om "subsistance" boerdery, wat geen inkomste vir die land inbring nie te handhaaf, word nou aandeelhouers van hul "besigheid", wat surplusse vir uitvoer vervaardig, ten gevolge van ’n beter lewensstandaard vir hulle, asook die skepping van werk wat voorheen nie bestaan het nie.”
Ideologies gesproke, sal dit nie deur die ANC geïmplementeer word nie, maar eerder om blanke boere van hul besighede te ontsê, suiwer omrede hulle blank is. Met ’n verandering in regering, is dit wel moontlik dat die National Development Plan aangepas word om juis soortgelyke strategie te kan implementeer, ten doel om kapitaal en werkskepping te bewerkstellig.
Jaco Fourie


Kommentaar
Hello Jaco,
Hello Jaco,
Jaco, op 'n punt van orde: Daar KAN nooit so iets soos werkskepping wees nie; dis dieselfde as ewigdurende beweging. Daar is net 'werkveroorsaking' en dit is die gevolg van goeie, korrupsielose bestuur en administrasie. Eers dan is daar geleenthede vir entrepreneurs.
Die sg probleme in SA kan alles in 2 sekondes opgelos word.
Jan
Skeppende kuns; werkskepping, ens dui aan dat iets ontstaan het wat voorheen nie daar was nie, soos in die geval van kuns, (letterkunde; beelde, skilderye, ens,). In die geval van werkskepping, 'n werk of werksgeleenthede wat voorheen nie daar was nie.
mbt Entrepeurskap. Entrepreneurskap behels die voldoening deur iemand om 'n leemte in die wet van aanvraag en aanbod te vul, en vergoeding daarvoor te kry, en kan ook bydraend tot werkskepping wees. Goeie en opregte administrasie is nie 'n voorvereiste van entrepreneurskap nie. Daar is baie skelms wat ook aan die definisie van entrapreneur voldoen
Jaco Fourie