Op 24 Junie 2009 skep Fanie Viljoen ’n Facebook-groep, Pynstiller, en publiseer die eerste bladsye van die grafiese weergawe van Pynstiller,’n tienerverhaal met die tema van selfskending. Hy nooi Facebook-vriende en -aanhangers om saam te gesels oor selfskending en die eerste reaksies verskyn binne 'n oogwink. Na aanleiding van die tema, en veral die publikasieruimte van hierdie grafiese verhaal, verskyn 'n akademiese artikel in 2012 op LitNet Akademies: Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie. En vroeg-Januarie 2013 heropen die gesprek oor selfskending op die sosiale platform Twitter. #cuttingforbieber blyk net 'n grap te gewees het, maar die tema van selfskending is nog lank nie klaar ontgin nie. Hier gesels Fanie Viljoen self oor sy skep van Pynstiller op die ruimte waar dit tot stand gekom het, terwyl ander kenners gesels oor die sosiale media as publikasieruimte – en, natuurlik, oor die pynlike tema van mense wat hulself sny.
|
|
"Omdat ek vir die jeug skryf, hou ek my oë oop vir tendense wat vandag vir tieners saak maak. Dalk het ek dit selfs al vroeër gedoen, want iewers in 1999, voor ek ernstig begin skryf het, kry ek ’n e-pos van ’n kollega wat skaars drie treë van my af in die kantoor sit: “Moet vir niemand vertel nie, maar ek sny myself." Fanie Viljoen skryf oor sy digitale verhaal oor selfskending en oor hoe ver 'n skrywer mag gaan. |
|
"Aspiros-Vivilady (2012b) is ’n Facebook-profiel wat Vividus-dameskoshuis se gelukbringer-lappop verwesenlik. Aspiros se werkstitel is mascot, haar blyplek is Pretoria, sy is in 2008 in Suid-Afrika gebore en sy het bykans 400 vriende." Kosie Eloff skryf oor die gebruikersprofiel as nuwe digitale publikasiemoontlikheid. |
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan naomimeyer@litnet.co.za. |
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.