SêNet-briewe | Letters

 
Pro-aksie vir Afrikaans
Roodt van Praag sê in een van sy jongste rubrieke Helen Zille hou nie van Afrikaners nie (sonder om enige bewyse te kan staaf). Maar Afrikaners hou beslis baie van haar. In Beeld se peiling 22/11/12 : “Dink jy Helen Zille doen goeie werk?” was leser respons 88% JA; 5% Nee; en 7% weet nie. Wonder net wat die response sou wees as gevra word of hulle dink die Mulder-broers van die VF+ ook goeie werk doen. Ek betwyfel dit sterk.

“Den Haag. – Vier voorste Afrikaanssprekendes kry eersdaags die kans om Nederlandse en Vlaamse parlementslede in te lig oor die moeilike posisie waarin Afrikaans hom in Suid-Afrika bevind.

Hulle is Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit; dr Michael le Cordeur, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad; Henry Jeffreys, gewese redakteur van Die Burger; en prof Koos Malan, staatsregsgeleerde aan die Universiteit van Pretoria.

Luidens ’n verklaring van die Nederlandse Taalunie is hulle deur die interparlementêre kommissie (IPC) van die taalunie genooi om op 3 Desember in die vergaderruimte senaat van die Nederlandse State-Generaal (parlement) in Den Haag oor Afrikaans te getuig.

Hulle sal deur die IPC-lede ondervra word, waarna die IPC ’n verslag sal saamstel vir Jet Bussemaker, die Nederlandse minister van onderwys, kultuur en wetenskap”.
(Bron = Beeld 22/11/12).

Jan Rap. Nou hoekom is Roodt nie uitgenooi nie? Seker omrede hulle sy bydrae tot enige sinvolle gesprek als onbenullig beskou.

Jaco Fourie

Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2012-11-23 @19:58
Jaco, Dan Roodt is pro-aktief; hy wag nie om genooi te word om tot aksie oor te gaan nie
Ek wil niks wegneem van die ouens wat wel genooi is nie (alhoewel, 'n redakteur van Die Burger ... ek weet darem nie; die Kaapse koerante is nie juis vreeslike bevorderaars van Afrikaans nie) en ek hoop hulle kwyt hulle goed van hulle taak.  Ek dink dit is 'n besondere eer om vir so-iets genooi te word en ek wens hulle alle sterkte toe.
Maar laat ek jou een ding sê, dis 'n groot jammerte dat Dan Roodt nie genooi is nie.  Hy sou vir hulle kaalkop die waarheid vertel sonder die omdraai van enige doekies.  Dis miskien waarvoor hulle bang is, bang Dan maak te veel golfies want by hom is daar nie so-iets soos met sagte handskoentjies hanteer nie.
Delete Comment
avatar
Thys Human (PTA)
2012-11-24 @17:01
Maar hulle nooi vir Henry Jeffreys!  Wys jou net hoe dom-onnosel is die klomp kaaspoppe.  
 
Jy moet ook onthou, Jaco, dat die spul kaaskoppe oor die afgelope eeu en meer nie van Afrikaans en Afrikaners gehou het nie.
 
 
Delete Comment
avatar
Jaco Fourie
2012-11-25 @21:58
Thys

Ek is met jou heeltemal eens mbt die Nederlanders. Hulle was tesame met die Nordiese lande heeltemal anti-Afrikaner in die vorige eeu, en staan vandag onverskillig teenoor Afrikaner vooruitsigte vir sy toekoms.
Die begin van die 19de eeu (na die Napolion oorloë) in ’n ruiltransaksie met Engeland, het hulle die Kaap goedsmoeds aan die Engelse afgestaan.

Wat ek nie so goed kan verstaan nie is Roodt se getoonde voorliefde vir die Hollanders deurgans in sy skrywes. Sy voorgestelde volkstaat-vlag is die Hollandse herehuis se Prinsevlag.  Met die laaste wêreld sokker-toernooi was sy keuse die Hollanders, en al sy ondersteuners aangehits om die te ondersteun. Toe hy met vakansie in Europa was het hy ’n onderhoud met Wilders (naam onder korreksie) van Vlaandere aangevra. In teenstellling is sy haat vir die Engelse so ongelooflik ooglopend.  Hy sien die Engelseman agter omtrent elke Afrikaner eeuwel; onlangs die gebeure in die Hexvallei.

Die Hollanders stel belang in ons taal in eie belang, wat aan hulle s’n verwant is. Soos ons die Anglophile Francophile en Hispanic gemeenskappe wêreldwyd het, het die Hollanders  onlangs begin belangestel om soortgelyk te doen, onder andere Suriname, Jakarta, en ander vorige Hollandse kolonies waar Nederlands of kreools-Nederlands steeds te vinde is (en vir Jan, ek insinueer nie hiermee dat Afrikaans onder die kreools kategorie val nie). 

Hulle keuse van Here hierbo genooi, was nie vir plaaslike politieke redes nie, maar uitsluitlik met betrekking tot die taal. Ek vermoed dat die nuutgestigde Afrikaner Burgelike Netwerk, met die Taalraad aan die spits is rede daarvoor, want ek is van mening dat hulle hierdie liggaam nou aansien as die mees verteenwoordigend vir die Afrikaanse taal.

Jaco Fourie
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address