Hygliteratuur | Erotic literature

 
Prikkel met jou skrikkel-kompetisie: Die groot stap

Kom laat ek gou vir julle vertel wat een skrikkeljaar met my gebeur het. Op die 29ste Februarie, in ’n baie besige restaurant reg in die hartjie van Kaapstad.

So sit ek toe en wag vir my bestelling toe hierdie Italianertjie inkom, in die restaurant rondkyk, en ’n tafeltjie reg oorkant myne kies op presies dieselfde oomblik wat die kelner opdaag met my hoenderslaai, met ekstra kaas natuurlik, vergesel met ’n kelkie yskoue middagwyn.

Soos my maar altyd oorkom met die wye wynkelkies, mors ’n bietjie van die wyn oor die glas wat ek voor my mond het en loop in ’n dun straaltjie teen my nek af.

Dadelik gryp ek ’n servet om skoon te maak voordat iemand sien.

Met dié wat ek die servet na my nek toe lig, vang my oë dié van die Italianertjie en ek voel hoe koue sweet oor my liggaam uitslaan.

Nou kyk, ek is nie meer vandag se kind nie en weet darem so ’n bietjie van wat agter ’n man se kyk aangaan. Dié mannetjie staar my aan asof hy skielik baie honger is … en daardie hongerte is definitief nie vir kos nie.

Ek loer vinnig oor my skouer.

Daar is niks agter my behalwe ’n paar landskaptonele teen die muur nie, en daar is geen groen gras of bruin bome wat dáái kyk in ’n man se oë sal kan optower nie.

Ek skrik my asvaal.

Hier sit ek, vyf en veertig jaar oud, met ’n Nanny McFee-gesig, ’n rónde figuur en ’n seksie aan my lyf wat baie ver van sexy af is; en oorkant my sit die Italianertjie met sy jong, gespierde lyf en pragtige badoempadoemboudjies vir my en “baby face”-ogies maak.

Terwyl ek my sit en vergaap, staan hy op, loop tot voor my, kyk met pragtige seeblou oë af in my verbaasde gesig en sê: “Gaan jy my nie vra nie?”

“Wat …?” kry ek die een woord oor my lippe. Die res van die sin gaan verlore as my mond oop- en toemaak sonder dat daar ’n geluidjie uitkom.

“Dis skrikkeljaar,” fluister Meneer die Italianer, staan op, knik met sy kop in die kleedkamers se rigting en loop dan sonder om weer terug te kyk soontoe.

Ek het nooit gedink ek sal nie, maar toe neem ek die groot sprong, en vat dit een stap verder … Ek, amper-middeljarige Anita Ferreira, draf sonder vraag en sonder skaamte op my kort boerebeentjies agter ’n mannetjie die helfte van my ouderdom aan, en ek sien uit daarna.

By die kleedkamers aarsel ek in ’n oomblik van realistiese besluiteloosheid. Voordat my brein egter ’n verskoning kan uitdink, gryp ’n hand my om die middellyf, trek my die leë vertrek binne en sluit die deur.

Ek voel skielik baie bang.

Situasies soos hierdie gebeur net nie. Met niemand nie. En sê nou maar die mannetjie het my hierheen gelok om my te beroof, of vermoor?

Meneer die Italianer moes seker die bang agter my oë opgemerk het, want hy glimlag liggies en streel met ’n warm, satynsagte hand oor my wang. Sy seeblou oë blink af in my bruines.

“Jy weet nie hoe mooi jy is nie.” Hy sê dit soos ’n stelling.

Ek snork deur my neus, maar antwoord nie terug nie.

“In Italië moor die mans mekaar vir die aandag van dames soos jy …”

Sy sin is nog nie klaar teen die tyd dat sy lippe teen myne raak nie, maar dit maak nie saak nie, want ek glo in elk geval nie ’n woord wat hy kwytraak nie. Die soen is fantasties, om die minste te sê. Sy lippe is sag en warm en teer, sy tong soekend in my mondhoeke. Ek maak my mond effentjies oop. Dit is die uitnodiging waarvoor hy gewag het, want hy verdiep dadelik die soen terwyl sy hande my aan die binnekant van my bobene gryp en teen hom oplig. Ek sug. Die mannetjie moet op steroïede of iets wees.

Ek skuif ’n bietjie op die wasbak rond totdat sy hardheid perfek in die vou tussen my bene inpas. Hy laat ook nie op hom wag nie. Sy hande, wat ’n oomblik gelede nog my hare amper uit my agterkop getrek het, dwaal teen my halslyn af, verby die dun materiaal van my sjiffon-bloes, onder my bra in om saggies maar ferm om my borste te vou terwyl sy onderlyf teen die nattigheid in my lieste skuur.

Dan staan hy terug en los my op die wasbak om hom met oopmond verbasing aan te staar.
“Die klere irriteer my,” sê hy. “Vra my.”

Ek frons. Wat is die man so obsessief oor die skrikkeljaar-vraery?

Hy tik met sy wysvinger se nael op ’n jellietot-tepel. Ek kreun. “Vra my.”

Ek bly obstinaat stil. Hy lek die vier vingers op sy een hand nat en druk dit teen my bobeen op.

Ek kreun harder.

“Vra my.”

“My klere!” gil ek amper vir hom uit. “Help my asseblief om dit uit te trek?”

“Baie beter,” glimlag hy en met hande wat bewe van koorsagtigheid help ons mekaar uittrek. Toe hy my uiteindelik weer in sy arms neem, is ek heeltemal inkoherent. Ek gooi my arms om sy nek en druk my kaalheid teen sy borskas vas sodat ons van bo na onder aan mekaar raak. Net soos vroeër druk hy weer sy hande onder my bobene in en lig my op teen die wasbak. My bene vou instinktief om sy heupe. Hierdie keer is daar nie klere wat kan keer nie. My lyf is aan die brand. My vel kriewel en my maagspiere kramp spasmodies saam. Soekende vingers in my innigste diepte laat my vurig aan die tong in my mond suig.

Dan word die vingers vervang... Hy’s te groot, flits dit deur my brein, maar voordat die gedagte heeltemal kan formuleer, is hy klaar in en beweeg sy heupe ritmies heen en weer op die maat van die geklop van my hart teen my slape. Ons gelyke orgasmes is amper oombliklik, en verruklik.

Trane van bevrediging, vermeng met ’n groot verligting, dam agter my ooglede op as ek sien hoe bleek hy is toe ons albei uiteindelik weer betaamlik vir die wêreld daar buite is.

“Sien ons mekaar weer?” vra ek, hierdie keer vanself.

“Wat dink jy?” sê hy, vat my hand en lei my terug deur die restaurant.

Dit was twaalf jaar gelede.

Vandag is Meneer-die helfte-van-my-ouderdom-Italianer met sy “baby face” en badoempadoemboudjies, Nicolas Badoglio, my wederhelfte, en toe nie so jonk as wat ek gedink het nie.

En o ja, hy het toe al die tyd die waarheid gepraat. Italianers slaan rêrig vuis oor vrouens soos ek.

Skryf ook in vir die Prikkel met jou skrikkel-kompetisie. Vertel ons van jou groot stap ...  


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment