PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene vergadering op 18 November 2011 is Dan Roodt as president van Pretoria-PEN herkies. ’n Groep skrywers bevraagteken sy verkiesing en wil Pretoria-PEN herkonstitueer. Skrywers en sameroepers van skrywersorganisasies het met LitNet gesels oor hul onderskeie assosiasies, hul doelstellings, en hoe bepaal word wie by elke groep die leiding neem.
Fanie Olivier oor Pretoria-PEN “Daar is ’n Afrikaanse PEN-sentrum, Pretoria-PEN, en twee groepe wat daarop aanspraak maak dat hulle die legitieme ‘eienaars’ is.”
• Aansoek om lidmaatskap van die 2011 Afrikaanse PEN-vereniging • Herkonstituering van Pretoria-PEN: Oproep aan skrywers om aan te sluit
Kerneels Breytenbach: Pretoria-PEN – Meer sigbare resultate “[Vir die Afrikaanse Skrywersunie] is daar ’n behoefte aan ’n organisasie wat as mondstuk vir skrywers kan funksioneer, maar ook in die breë na boekbelange sal omsien en dus ’n inklusiewe organisasie sal wees.”
Artikels wat in LitNet Akademies verskyn het, laat die vraag ontstaan of ekokritiek in Suid-Afrika aan die groei is. Kenners geen hul mening.