post-“isiBhulu”-g’voel

  • 0

skiet sy ’n kaart, soos ’n blom oppie tong,
sêrie slavin vir kleinbaas:”Hei, wag jong,
virre baas wat my hand vra, issik b’reid,
g’lankie kind vry bly, vannie apartheid”

geografies geïsoleer, inkommer, Khoisan, slaaf,
g’dra volkies hul, rêrig oorlams, nogal so braaf,
probee’ m’kaa in nuwe lingua lekke wysmaak,
selfs uitdagend, emansipasie-poësie kwytraak

sonner v’rweer versus assimileer, int’greer, aanleer,
skinner, soebat, ’n slagoffer van nuweland-politiek,
lewer afstam’ling, van slagofferstam, korrek repliek,
vir t’lank’s versoek, om belyd’nis, bloot net afg’keur

“Duiwelspiek”-dissipels, aanhangers, ’t veel oor Taal t’sê,
kanti, post-“isiBhulu”-g’voel, is wrintie al wat Sy wil hê

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top