Hello Chris
Komplimente met jou verwysings en die bronne waaruit jy put. Van jou verwysings het my laat soek op Audible daarvoor, maar is ongelukkig nie meer beskikbaar nie. Daar is ’n ekwivalente “Modern Scholar”-reeks beskikbaar wat ek hoop dalk van die onderwerpe wat jy aanspreek sal dek. Dit wat jy oor die sondvloed sê en die bronne waaruit jy dit put is algemene kennis behalwe vir sekere gelowiges wat volkome blind is vir die algemene aanvaarde kennis rondom hierdie aangeleenthede.
Newt Gingrich het behalwe vir die “Foodstamp President-frase” waarmee hy vorendag gekom en oop is vir kritiek met die ’n ander frase vorendag gekom, naamlik “pious baloney” .
Dit is veral gepas in konteks in jou huidige debat met Kobus.
Verskoning Kobus en Henn gaan dit probeer melk vir al wat dit werd is, maar indien alle kritiek insigloos is en al die verwante terme wat daarmee saamgaan, dan is die verweer eenvoudig dat die beskuldigings van insigloosheid en die bron van godsdiens waaruit dit put is niks anders as pious baloney is nie.
Die hele storie is niks anders as pious baloney nie.
Godsdiens = pious baloney.
Dankie Newt Gingrich.
Ook so met Johannes Comestor en die nuutste “oulike storie van die hotel”,ugh, net so erg soos Henn wat aan die hand van Mary Poppins die ekonomie probeer verklaar het is dit maar net weer ’n geval van “pious baloney”.
Baie dankie
Wouter