Padveiligheid

  • 1

Ek is nie die eerste of laaste persoon wat oor die onderwerp iets te sê gaan hê nie. Daar word baie redes en verskonings vir die "slagting" op die Suid-Afrikaanse paaie gegee maar aan 'n oplossing vir die vraagstuk sal daar nog lank redekawel word.

Die owerheid word blameer. Die toestand van die paaie word blameer. Die verkeerskonstabels of geregsdienaars word die skuld gegee. Die taxi's word blameer. Die redes word by alles gesoek behalwe by die persoon agter die stuurwiel. Die kar kan homself nie bestuur nie.

Ek sien jong latte met hul blitsbuksie-karre jaag. Ek sien jong dametjies agter stuurwiele van hoëverrigting motors. Ek sien vir Sipho en Tandi agter DDM (duur Duitse motors) se stuurwiele sit. Ek sien ouma en oupa kruie teen die verwoede spoed van 90km per uur in die middel van die pad ry. Ek sien die taxi-manne met 'n volgelaaide voertuig wat teen 'n moerse spoed deur die verkeer vleg.

Ek bevraagteken egter die padsterftestatistieke. Hoeveel voetgangers word nie doodgery nie. Hoeveel van die mense wat in padongelukke sterf is onder die invloed van drank? Drank is nie die grootste oorsaak padsterftes nie, dit is net 'n bydraende faktor. Daar is manne wat papagaaislaai rook en bestuur. Daar is mense wat onder skedulemedikasie is wat bestuur. Daar is mense wat net nie bevoeg is om te bestuur nie. Om 'n motor teen 120km per uur of vinniger te bestuur vereis 'n mate van vaardigheid. Die motors op ons paaie is gevaarlik as die persoon wat dit bestuur nie weet wat om te doen in 'n noodsituasie nie. Ek het al gevegte op die lyf geloop van manne wat spog dat hy so vinnig van een plek na 'n ander gery het. Hy het nie respek vir homself nie en nie vir ander padgebruikers nie. Wat maak jy as 'n band teen 120km per uur bars. Wat nog te meer teen 140 tot 160km per uur. Wat maak jy as 'n dier oor die pad loop of iets van 'n voertuig voor jou af val?

Ek beskou die gesindhede van ons padgebruikers as die hoofoorsaak van die padsterftes. Mense se persoonlikhede verander sodra hy/sy agter die stuur inklim. Ek is al deur "dames" in haar of pappie se 4x4 gevloek. Die manne wat die wet moet toepas skitter ook in hul afwesigheid. Dit is maklik om 'n padblokkade na 'n rugbywedstryd op te stel en 'n hele paar manne vas te trap. Hoekom nie soos in Skandinawiese lande maak en die padblokkade in die oggend te hou nie. Dan sal jy 'n hele paar latte vas trek.

Mense sien mos ook hoe ry die bloulig- of bloubal-bendes en aap dit na. Daar is nie meer respek vir die reg nie.

As daar nie 'n moerse groot wonderwerk in die land gaan plaasvind en die mense se gesindhede verander nie, kan en sal ons nie veilig op die paaie kan ry nie. Ons mense het nie meer respek vir die reg, vir mekaar en die omgewing nie. Ons kan nog jare daaroor redeneer. Indien daar daar nie 'n algehele omwenteling in almal se gesindhede kom nie, is ons moertoe.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Dit is so waar, motoriste kom glad nie die padreëls na nie. Hoe kan skoolkinders veilig by skool kom as daar nie by 'n stopstraat gestop kan word nie. Wat is 'n stopstraat dan en 'n zebrastreep?

     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top