oppe kep’r b’skou

  • 0

millennium drie homo sapiens sapiens, mens,
mette bankkaart, selfoon, aktetas, handsak,
netwerk van vuilg’vriet-Facebook-vrinne, eish,
elk profiel liewer vir Self, assie anner, g’dorie,
raap-’n-skraap minnerwarige na illusie, mite,
nessie psigo-spirituele kenmerke, van identiteit,
ondefinieerbaar, onbeskryfbaar, onv’rklaarbaar,
gebore uit ’n behoefte aan ’n saamhorigheid,
inne stam, inne volk, inne “ras”, o liewe lief

al is Homo Sapiens oulik, ultra-vlambojant,
staan historie in ligte laaie, aan die brand,
argiewe, g’skied’nis, v’rhaal, amper finaal,
deur mot-’n-roes v’rweer, gedeterioreer,
Mens, tragies, via eie Self-sug g’inhibeer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top