Oor wetenskap en vooroordeel: die dood van wetenskap II
Nog ’n ervare vliegkontroleur vertel hoe hy ’n ligte vliegtuig sien opstyg, radiokontak het en hoe die vliegtuig eensklaps net spoorloos verdwyn sónder enige teken ooit weer daarna, van wat daarmee gebeur het óf die vlieënier, gesien of gehoor word.
Dus, ’n hele eskader groot Avenger torpedo vliegtuie:
- Verdwyn net skielik van die radar af op hulle roetine roete, terwyl hulle steeds op-roete radiokontak het, maar verskyn na bewering later skielik as sogenaamde “phantom dots” op verwyderde radarskerms en verdwyn dan weer net so misterieus;
- Se radiokontak is versteurd en gebroke, hoewel die lug aanvanklik relatief skoon is en sulke steurings ongewoon;
- Se bemanning van 14 met veterane tussen hulle en ten spyte van die son wat kon rigting aandui, raak só gedisoriënteer, dat geeneen werklik weet waar hulle is nie, al is dit ’n bekende en gereelde roetine roete;
- Se twee kompasse in elke vliegtuig (dus 10 kompasse in totaal), raak algar meteens nutteloos, iets totaal ongehoord en ongewoon op dié roetine roete en gebeur ook nie agterna met die wetenskaplikes se toetsvlug oor dieselfde roete met ’n Avenger nie;
- Se totale bemanning van 14 verdwyn ten spyte daarvan dat elk standaard met floteer toerusting toegerus is en ten spyte daarvan dat oppik operasies daar dikwels van vlieëniers gedoen was wat “ditch“ (juis deur die Mariners en ander bote);
- Se een bemanningslid wat ’n tyd daarna na bewering ’n misterieuse telegram stuur en sê dat hy “very much alive” is;
- Se wrakke verdwyn spoorloos onder die see, flotasietoerusting (wat nie kan sink nie) en al. Na bewering meegesleur deur ’n sterk stroom wat hulle kwansuis in die kanaal in meesleur, maar ’n enkel navorser wat op die plek met sy toerusting bodem toe gaan om te gaan soek vir wrakke, kom ongedeerd terug… geen stroom sleur hom mee nie en ook nie die sonar toerusting nie en hy spoor ook nie wrakke op, nie;
- Se bemanning se 14 stelle flotasie toerusting, wat nie kán sink nie, verdwyn ook spoorloos;
- Se soekgeselskap in ’n rateltaaie, volledig toegeruste en reuse Mariner vliegboot en sy 13 bemanningslede met hulle al dertien se eie stelle flotasie toerusting wat ook nie kán sink nie, het net eensklaps verdwyn en niks hoegenaamd, was ooit opgespoor van die oorblyfsels daarvan, nie, ook nie eens die groot vlot en die twee flotasie bote nie, maar ’n misterieuse flits en drywende oliekol word gesien en gevind op die water.
En só is daar talle, honderde, vlieg- en vaartuie wat oor die tye heen daar net eenvoudig verdwyn…
Die wetenskaplikes waarna Perdebytjie verwys, erken, anders as wat sy voorgee, dat hulle nie verklarings het nie, maar hulle bied moontlike verklarings vir sommige gevalle, terwyl hulle géén verklarings kan gee vir die navigasie toerusting wat net eenvoudig skielik ophou funksioneer nie. Eintlik bied hulle op eie erkenning, géén verklarings vir die werklik tergende vrae, soos hierbo uiteengesit, nie…
Perdebytjie se poging om deur haar ondeursigtige donkerbril van agnostiese selfdesepsie en vooroordeel met haar onjuiste en selfgemaakte selektiewe mededelings die gate van haar vinnig sinkende wetenskap-bootjie in die Bermuda Triangle toe te stop, is só tragies pateties… want sy gaan dit nié maak nie. Nóg ’n slagoffer?
Die kombinasie van agnostiese vooroordeel, gebrek aan insig en selfdesepsie is absoluut dodelik – maar die teelaarde van oppervlakkige fabels.
Die wetenskap kan dit nie oorleef onder die aanslag van agnostisisme nie.
Laat dit vir algar ’n waarskuwing wees.
Kobus de Klerk