Oor jupiter en optiese illusies
Brianvds doen moeite om my te oortuig dat hulle die mane om jupiter met verkykers en gewone teleskope kan sien van hier af.
Dankie, vir al die moeite. Ek gebruik, onder meer, Celestia om te sien wat bokant ons in die hemelruim aangaan. Ons sien jupiter, wat ’n vermeende gemiddelde deursnee van ongeveer 139,822 kilometer het, as ’n kolletjie en vir die ouens met die sterker teleskope, soos die 200 mm, as ’n klein, detaillose balletjie (ek het ’n foto voorsien). Die grootste maan van Jupiter, ganymede, is in vergelyking ’n skamele 5,300 km in deursnee, dit wil sê, ongeveer ses en twintig keer kleiner as Jupiter self en ongeveer vier-tiendes van die aarde se grootte.
Hy is reg, die mane is nie sterre nie en is dus afhanklik van die son se bestraling wat dit illumineer. Maar, jupiter en sy mane is ’n vermeende 4,2 AE van hier, dus ongeveer 628 miljoen kilometer, weg.
Ek hoef nie vir Wiki te verwerp om vir julle te sê dat julle raai en spekuleer, nie. Ek moet julle egter daarop wys dat die luminositeit van ’n hemelliggaam net ’n teoretiese sigbaarheidsfaktor daarstel en nie die werklikheid van optiese illusie kan verdiskonteer, nie.
Nou ja, optiese illusie is ’n werklikheid en álles wat jy sien, deur watter hulpmiddel ook al, sal daaraan onderhewig wees omdat jy nie anders as met die oog die waarneming kán doen, nie.
Ek verwys hier spesifiek na die optiese kwyning illusie wat deur Ponzo illusie geïllustreer word, en distansienewel wat sigbaarheidsverlies verduidelik, ten spyte van luminositeit. Ons algar sien dit daagliks in aksie. Volgens die optiese kwyning illusie vertoon ’n objek al kleiner en kleiner en raak al meer en meer detail onsigbaar hoe vêrder dit van die oog verwyderd raak, totdat dit onsigbaar word. Nou kom distansienewel ook nog by en dié word veroorsaak deur diffusie van lig in vog en artefak molekules in die atmosfeer wat oog gou-gou onsigbaarheid aan die hand, werk. Die objek raak nie kleiner of selfs weg, nie, dit is net die metode van die oog om driedimensionaliteit aan die hand te werk, terwyl die beeld wat die retina tref, tweedimensioneel, is.
’n Baie vinnige demonstrasie – as jy in die vliegtuig sit wat so pas van Windhoek-lughawe af
opstyg, kan jy skaars die detail van die stad Windhoek waar Panda waarskynlik nog woon, sowat 70 kilometer vêrder, sien al is die dag mooi en helder. Wanneer die vliegtuig vir Mariental, wat ongeveer 500 km van Windhoek af is, bereik is Windhoek lankal nie meer sigbaar nie, selfs ten spyte van die hoogte en die helderheid van die dag. Windhoek is al ’n relatief groot stad Windhoek met ongeveer 31 voorstede en het nie verdwyn nie, maar weens die optiese kwyning illusie op distansie gekombineer met distansienewel, is die ganse stad op daardie kort distansie vir die oog verberg.
Dit is optiese kwyning-illusie.
Kragtige optika, soos dié van gespesialiseerde satelliete, kan egter die probleem verlig, maar nie oplos, nie. Selfs met die beste optika van satelliete wat net bokant die aarde wentel, raak geweldig baie detail verlore.
Ons praat nou van dinge sommer hier om en by ons.
Jupiter se mane is eenvoudig te vêr om enigsins raak te sien. Dit is onbewese aannames en daarvolgens het mense hulle programme soos Stellarium en Celestia ook opgestel. As die aannames in die toetsmedia opgeneem is, soos dit is, kan dit sekerlik nie as bewys vir sigself, dien, nie.
Dit is ook bekend dat die ruimte vol debris is, wat ook maar in wentelbane beweeg. Niemand kan vir my kom sê met ’n rein gewete en ’n oop gemoed dat, in die vermeende 628 miljoen kilometer tussen hier en jupiter met sy mane, daar niks is wat ’n optiese artefak of illusie sal skep, nie. Dit is absoluut verregaande. Jy sien iets, maar wat presies sien, jy? Watter kontrole of bewys is daar dat jy terstond ’n maan of mane van jupiter sien en nie iets anders, véél nader wat maar rustig wentel soos alles anders nie?
Maar, waar kom die stories van Jupiter en sy mane, vandaan?
Dit is mitologie. Die Babiloniërs het dit vir hul afgod, marduk, aangesien. Die Romeine het aangesien as hulle hoof afgod en húlle ken die naam ‘jupiter’, wat beteken ‘father sky-god’, toe. Die antieke Grieke sien dit as hul afgod Zeus. Gedurende die donker Middeleeue is daar magiese vreugde-hoedanighede aan jupiter se astrologiese invloed toegeken en só kan ons aangaan. Kyk na die naam van die sogenaamde maan ‘ganymede’ – dit is ’n naam uit die antieke Griekse mitologie vir ’n prins uit die mitologie van Troje.
So het die afgod jupiter dan seuns, een waarvan is ganymede. Dit is die historiese agtergrond van dit waaraan julle so verknog, is. Antieke mense in hul mitologiese religie wil hê dat hul afgod jupiter seuns moet hê wat sigbaar is. Daarom is die verhale van hoeveel seuns (mane) kwansuis bestaan, so verskillend. Dus, mense kan nie die mane sien nie, maar wil hulle sien en dig dan jupiter maan-status toe aan iets wat hul mitologie sal dien. Dit is eers met die kragtigste optika van satelliete en ruimtetuie waar die mane gesien word, maar hulle vertoon daar heeltemal anders as dit wat kwansuis van die aarde af sigbaar, is.
Kortom, die antieke mens se mitologie het mane veronderstel by hul afgod jupiter wat sy seuns kon wees. Hier kom die fenomeen van kognitiewe optiese illusie ter sprake, veral die voorkoms van geometriese optiese illusie, waar distorsie van grootte, afstand, posisionering ens maklik kan voorkom en wat glad nie eens deur julle in ag geneem word, nie, asook optiese fabrikasie, waar goed 'gesien' word wat nie werklik verskyn, nie, of heel anders 'gesien' word as wat dit werklik voorkom. wyl dit 'n realiteit is wat invloed uitoefen. So word mane by jupiter 'gesien' asof dit van hier af sigbaar sou wees, wyl dit waarskynlik iets heel anders is onderweg, wat met jupiter niks te make het, nie.
Dit is juis hierdie mitologie wat die naam van ganymede geïnspireer het. Lank voor Galileo, het mense al aanspraak gemaak dat hulle die mane kwansuis sien. Galileo (nes sommige van sy eweknieë), was baie ooglopend steeds baie beïnvloed deur die mitologie en het wel bewegende objekte gesien, wat hy eers as sterre geëien het. Toe maak hy die veronderstelling dat dit mane om jupiter moes wees.
Daardie aannames is toe in astronomiese modelle ingebou en word sedertdien aangewend om as bewys te dien – Brianvds self, doen dit.
Daar is egter géén kontrole of bewys vir dié aanname nie.
Ons weet hoe dit werk. So was pluto kwansuis die negende planeet, maar sedert Augustus 2006 is dit toe glad nie meer soos dit vir hulle gelyk het, nie en het dit planeet status verloor en is dit nou maar 'n deel van die Kuiper-gordel.
Vandag nog, veronderstel mense soos julle dat daardie mitologiese eiening werklik is, terwyl die werklikheid van die biologiese oog en die meganiese lens waarvan julle praat, ons nie toelaat om iets so relatief klein soos die mane van jupiter, ongeag die veronderstelde (en onbewese) luminositeit daarvan, op ’n afstand van 628 miljoen kilometer kán raaksien, nie. Daar is te veel debris, artefakte en ander materie in die diep ruimte wat, tesame met die biologiese werking wat deur die Ponzi-illusie beskryf word, wat teen die blote hipotetiese aanname dat mens die mane kan sien, militeer.
Dus, ek kan nie ontken dat jupiter mane het, nie, maar ek kan betwis dat dít wat julle sien, noodwendig daardie mane, is. Julle het geen bewys daarvoor nie en die werklikhede rondom optiese illusie maak dit bykans onmoontlik dat julle reg kan wees.
Kobus de Klerk