SêNet-briewe | Letters

 
Oor Brianvds se ver-maan-ing

Jis jy kan my werk gee maar dis goed, trek 'n ou se aandag van politiek – wat nie goed vir bloeddruk is nie – af.

Dit lyk of jy reg is maar dit lyk of jy op die verkeerde manier daarop afgekom het.  Ek sê 'lyk' want ek is ook hier uit my diepte uit.

In die formule F=GMm/d^2 reken ek die d, die afstand, is van M se massamiddelpunt tot m se massamiddelpunt, ek weet dus nie of mens dit op verste partikel en naaste partikel op die maan kan toepas nie.  Ek voel so aan my water 'n ou kan nie maar ek's nie seker nie.

Mens kan egter daardie formule gebruik om die swaartekrag op die oppervlaktes van jou planete A en B (10 en 3 massa-eenhede onderskeidelik) en jou maan van 1 massa-eenheid te bepaal.  As mens die swaartekrag op die planeetoppervlak het kan mens die kwyning daarvan op afstandeenhede 4 en 5 bepaal.  Die swaartekrag op die naby-partikel (afstand 4) is dan die verskil  tussen, noem dit kwynkrag, en maanswaartekrag en die som van kwynkrag en maanswaartekrag op die ver-partikel (afstand 5).

As ons aanneem daar is 'n direkte korrelasie tussen volume en massa dan werk die strale van jou planete A en B en jou maan uit op onderskeidelik 1.336, 0.895 en 0.62 afstandeenhede uit (vol=4/3*π*r^3).

Met die formule hierbo werk die onderskeie swaartekragversnellings uit op 5.599, 3.748 en 2.598 uit onderskeidelik (vergeet van die eenhede asook die swaartekragkonstante). As mens nou die formule ghgte =gopp*(r/{r+d})^2 (waar r die straal van die planeet is en d dieselfde as joune, die afstande 4 of 5 maw) dan is die gekwynde g ten opsigte van planeet A 0.351 en 0.249 by afstande 4 en 5 onderskeidelik en 0.125 en 0.086 ten opsigte van planeet B.

In die geval van planeet A is die verskil in kragte dan 2.598-0.351=2.247 vir die nabypartikel en die som van die kragte vir die verpartikel 2.598+0.249=2.847.  Op dieselfde manier is die kragte op die naby- en verpartikels 2.473 en 2.685 onderskeidelik ten opsigte van die kleiner planeet B. 

Die verskil in kragte op die twee partikels ten opsigte van die groot planeet is dan 0.6 en ten opsigte van die kleiner planeet 0.212.  So die groter planeet is dan inderdaad aan groter getykragte onderworpe, soos jy van die begin af gesê het.  Ek sou dit wraggies nooit kon dink nie.

Nou-ja, dit was 'n interessante oefening.  Laat dit juig daar by julle en 'n lekker Kersfees!

Jan Rap


Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Brianvds
2012-12-21 @12:57
Jan Rap: Ja, die wetenskap kan dikwels nogal teen-intuïtief wees. Nie dat ek in elk geval juis genoeg kennis het van fisika om veel daaroor te kan sê nie. Miskien sal iemand wat die vak werklik goed ken een of ander tyd vir ons meer sê.
 
n Lekker Kersfees vir julle ook!
 
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address