Oor Base en oor Klase

  • 0

Nou die dag op die bus, op pad huistoe, luister ek onderlangs na twee mans wat by ‘n mannekamp was. Ek was verstom en het weereens besef dat seuns nooit groot word nie. Kleilat en perdry. Erg opwindend. Jy bid ook elke aand.

Vrouekampe is net so interessant! Blykbaar is die bymekaarkoms van vroue baie bevrydend en word heelwat nuwe vriendekringe hier geskep. Die hooftema gaan glo daaroor dat mens ondersteuningsgroepe moet skep en moet luister na almal se probleme. Persoonlik dink ek nie ‘n naweek sal lank genoeg wees nie. Wat is “noise pollution” in Afrikaans?

Ek het gehoor dat as Angus Buchan ‘n kamp aangebied het, is sekere prokureurs se dagboeke vir maande volgeboek. Vroue hou nie daarvan om te hoor dat hulle mans rondgeloop het nie. En wat as die gevoel van euforie van Angus uitgewerk het en die manne besef hulle het dalk ‘n fout gemaak om so gou te gaan bieg? Gaan die skelmpie geneë wees om afgestof en ingepak te word soos die gier of skuldgevoel hom beetpak? Nee wat, persoonlik dink ek Angus is enige prokureur se droom. Dieselfde met vrouekampe. Dis amper soos met ‘n tronk. Wanneer ‘n amateur dief toegesluit word, is hy ‘n professionele skelm wanneer hy uitkom.

Huwelike word deesdae wetenskaplik lewendig gedissekteer, maar danksy mense soos Trienie is daar egter ‘n uitweg. Jy volg net die aanwysings. Doen dit stap vir stap vir ‘n suksesvolle wenresep. Baas is baas en Klaas is klaas. In ons huis dink Ben hy’s die baas. Ek weet ek is.

Maya

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top