Oom OuKoos Voorkamer

  • 0

Oom Oukoos

Jy raai my aan om, soos jy, eerder stil te bly as om moeite te doen om die Waarheid teenoor die leuen te stel.

Mense wil nie betrokke raak nie. Jy ook nie? Waarom nie? Wat sou van ons geword het as die HERE óók nie betrokke wou raak nie? Nee, Sy opdrag aan ons is juis om betrokke te raak (Mattheus 28:19) – lees dit – sonder of's of maar's. Ons raak betrokke deur die Waarheid, soos ons dit aantref en in welke omstandighede dit toepassing vind, uit te hou. Dit is dus nie vir mý om aanspraak te maak op die bekering van ongelowiges nie, maar vir die Gees van God, soos en wanneer dit Hom behaag.

Ek hoop jy sien dié perspektief ook in. As jy verder betrokke raak, sal jy sien hoe wyd die agnostici alreeds hulle leuens oor God en Godsdiens in die openbaar verkondig – selfs ook van die onderrig podiums af – en jý wil stilbly?

Dit is goed dat dié spul agnostici hul verwronge opvattinge en leuens kom verkondig in die gesprekke, wat nou eenmaal nie ’n vriendskaplike ondertoon het nie, weens die aard daarvan. Dit is walglik en meeste mense sien dit ook só. Min mense besef hóé verwronge die binneste van sommige agnostici is. Dit stel ook hulle insigloosheid en hulle onkunde aangaande dié dinge ten toon en ander mense wat dit lees sien wat die uiteinde van só ’n ingesteldheid, is. Geen gelowige sal die geloof laat staan oor hulle gekrabbel nie, maar dit is bekend dat sommige ongelowige mense al gelowig geraak het. Daar is baie getuienis daarvan indien jy moeite doen om uit te vind.

As jy gelowige is, moenie skaam wees om dit in die openbaar te sê nie. Waarom sou jy wees?

Soos jy kan sien, het dit met my ego niks te make nie.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top