Ag Jannie,
Jy is bitterlik flou. Dit wat jy skryf prikkel nie eers enige lagspier nie! Verder is jou onoorspronklike vloekwoord al so afgesaag soos tien jaar terug se dennekrismisboom. Gaan speel op 'n ander werf.
Hoogs verveelde groete
Perdebytjie
Sjoe!
Hierdie verbode herontmoeting het nogal vinnig verander van verlore liefde na vurige haat.
Arme lesers ... wonder wat dink hulle van die aggressiewe Net skrywers.
Moet sê, ek isnogal nuuskierig om te weet wie Ontleder is. Meen dis my vroulike reg.
Trienie
"Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar."