SêNet-briewe | Letters

 
Onsekere tye

Politieke woelwaters gedy — en word uitgevind: “ volgens die woordvoerder van die koalisie van plaaswerkers van De Doorns verwerp hulle beide die ANC en Cosatu wat hulle misbruik vir hul eie politieke doeleindes en stook geweld terwyl hulle weet dat hulle nie hul beloftes kan nakom nie” (RSG-nuusdiens 5 Desember).

Drie van die breedspraakiges (dis nou benewens vir pastoor Nosey) het met die aanvang van die chaotiese vernietigingstog hulle emosioneel te buite gegaan en hulle sonder enige voorbehoud geskaar by  die slagspreuk “R150 per dag” as afdwingbare minimumloon met die afsnypunt 4 Desember. Marius Fransman het sy aanhitsing versterk met seker sy beroemdste uitspraak tot dusver: “die boere gaan kak”.  Goeie oordeel — nee, eerder ‘n totale gebrek aan insig van wat sy verantwoordelikhede as ‘n adjunkminister in die Zuma-kabinet behels deur die reëlboek (die wette van die land) te  verwerp om  deur marikana-agtige afdreiging  te probeer om politieke punte te behaal. Om sy woord te bevestig. Die einste Fransman is as Weskaapse leier van die ANC met die ‘benoemingslys vir Mangaung’.

Nog erger. “The angelic face “ (Redi Thladi ST 2 Des) Tina Joemat Pettersson  - ‘n volle minister in die Zuma-kabinet (en ‘n reisiger en luukseoord-gas van formaat) het haarself oortref met haar eerste vertoning te  De Doorns . Terug krabbeling is haar forte.

Tony Ehrenreich hardloop voor teen die boere. Hoeveel geld wat van ingeskrewe Cosatu-lede maandeliks verhaal word, word ingeploeg in aksies van werkers van wie minder as 7% lede van Cosatu is en ledegeld aan Cosatu-vakbonde betaal? Sal die vakbondlede hierdie opportunistiese gedrag kan volhou? Hoeveel sal hulle nog verduur?

Dit word wyd propageer in die media dat ”Zuma wen” terwyl JZ self erken dat diegene wat dit die hardste skree nie bewus van al die intriges in die organisasie is nie. Na al die “posturing”(of manewales) verdwyn elke afgevaardigde in die stemlokaal waar hy/sy ‘n geheime stem uitbring  Ons leef in afwagting — volgens Justice Malala ( The Times 3 Des ; Diseased unto death) is die dood in die pot wat ook al in Mangaung gaan gebeur.

Moet nie die kar voor die perde span nie.

Naas Viljoen


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address