Die term kinders kan ’n romantiek-gelaaide konstruk wees wat allerhande assosiasies by mense aktiveer van onskuld en die noodsaak om te beskerm. Om enige gesprek oor kindverwante sake te hê moet hierdie konstrukte en opvattings uitgepak word. Elke ouer en volwassene het ook hul eie gedagtes oor wat kinders kan hanteer en verwerk. In hierdie miniseminaar word vrae gevra aan boekemense: uitgewers, skrywers, redigeerders, inligtingkundiges en kindersielkundiges. Almal wat hul opinies hier gegee het, is self ouers of het baie met jong kinders te doen.
Mommy never told me, deur Babette Cole (Red Fox, 2004), (illustrasie uit die boek hierby), word as vertrekpunt gebruik.
Naomi Meyer het die volgende vrae aan deelnemers van die gesprek gestel: Wanneer is ’n boek nie geskik vir kinders nie en wanneer is ’n boek ’n goeie manier om ’n oop gesprek te hê? Moet oop gesprek deur ’n boek aangemoedig word? Is dit nie ewe moralisties of aanmatigend as om te sê ‘n onderwerp is taboe nie? En is ‘n boek nie bedoel om sommer net geniet te word nie – waarom ‘n boek aan kontroversiële onderwerpe koppel?
Jaco Jacobs, kinderboekskrywer "Kinder- en jeugboeke hoef nie énige van hierdie dinge te wees nie. Die enigste vereiste waaraan ek ’n kinderboek meet, is of dit goed en eerlik geskryf is en die teikenmark in gedagte hou."
Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" reageer drie kenners op die vraag of Lang Lang se omstrede interpretasies die samehangende struktuur van die werke wat hy uitvoer ondermyn.