Joost Nijsen, foto deur Keke Keukelaar
|
Tydens die Week vir die Afrikaanse roman in Nederland was dit opvallend hoe Afrikaanse skrywers se werke amper natuurlik oor die verskillende Nederlandse uitgewerye versprei lyk. Marita van der Vyver se boeke het byvoorbeeld opnuut by die splinternuwe uitgewery Boekalicious verskyn; Irma Joubert word by Mozaïek gepubliseer en Etienne van Heerden se boeke verskyn sedert 30 nagte in Amsterdam by Podium, waar Joost Nijsen die septer swaai. Van al die uitgewerye wat Afrikaanse skrywers uitgee, bestee hy miskien wel die meeste aandag aan Afrikaanse literatuur in Nederland.
Die Nederlandse literatuurminnaar Joost Nijsen (1958) begin sy uitgewersloopbaan wanneer hy in 1980 as ’n afstudeerprojek van die Frederik Muller Academie onder sy eie naam 'n klein uitgewery begin. Die jong uitgewery bring ’n aansienlike aantal boeke voort en ’n literêre tydskrif, Optima. Na sy studie in Nederlands aan die Universiteit van Amsterdam word hy agtereenvolgens uitgewer by Nijgh & Van Ditmar en Uitgewery Balans. In 1997 besluit hy egter om vir die tweede maal sy eie besigheid te stig, hierdie keer egter nie onder sy eie naam nie, maar onder die historiese naam Podium.
Kom ons begin met die vraag wat jou persoonlike band met Suid-Afrika is. Onthou jy wanneer jy vir die eerste keer met die Suid-Afrikaanse literatuur in aanraking gekom het?
Ja, dit was deur die skilder en skrywer Henk van Woerden. Iemand het vir my ’n wenk gegee dat hy besig was om te skryf en ek gee toe by Nijgh & Van Ditmar sy debuut Moenie kyk nie (1993) uit. Op sy laaste roman, Ultramaryn (2005), na, is al sy werk sedertdien gesitueerd in Suid-Afrika. Henk het my toe op die spoor van Ingrid Jonker gebring, en my in kontak gesit met 'n kenner op die gebied van Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse literatuur: Erik van den Berg, van die destydse Kairos. Die drie van ons het toe by baie notabele gaan hoor wat dink hulle is die beste modern-klassieke Suid-Afrikaanse romankuns. Daar het toe 'n pragtige “streepiesserie” uitgerol (so genoem vanweë die besonderse boekversorging van Ron van Roon), met Etienne Leroux, Olive Schreiner, Sol Plaatje en AC Jordan.
Met Schreiner as ’n Engelse skryfster, Leroux as ’n Afrikaanse outeur en Plaatje en Jordan as swart skrywers lyk hierdie keuse opvallend polities korrek. Kan jy meer vertel oor die seleksiekriteria wat julle gebruik het?
Die gedagte agter die serie was om soos in 'n reënboog alle “kleure” van die literatuur uit Suid-Afrika aan bod te laat kom, of meer presies, om die groot romans uit dat kontinent aan te bied los van die brontaal (Engels, Afrikaans, Xhosa, ens). Maar wel vooropgestel dat dit groot literêre werke is – dus éérs die literêre belang, en dan die oog vir spreiding oor tale/rasse. Ook belangrik, want Suid-Afrika huisves meer literêre talent as net welgesteld wit Afrikaans.
Na vier dele kom die reeks weer tot 'n einde. Was daar sprake van te min belangstelling vir Suid-Afrika vanuit die Nederlandse lesers? Of was daar ander redes om met hierdie reeks te stop?
Die reeks het subsidie van die Ministerie van Onderwys, Kultuur en Wetenskap gekry, maar op ’n sekere oomblik het die verkope so gedaal dat dit net “produseer vir eie magasyn” geraak het. Ek moet wel erken dat die toe nog jong Podium nie baie gewiks was in die promosiebemarking nie. Ek dink ek sou die reeks nou beter kan eksploiteer, met goeie afsprake met boekwinkels, meer media-aandag, sosiale media, ens.
Die reeks Afrikaanse klassiekers het dan nie goed gevaar nie, maar jy gee darem nog gereeld Afrikaanse literatuur en veral ook Afrikaanse poësie uit. Toe jy in 1997 aankondig dat jy jou eie literêre uitgewery wil begin, vertel jy in 'n onderhoud met Fred Spek (Boekblad, 31-1-1997) dat Podium vir 80% 'n pure Nederlands fonds gaan wees. Hoe lyk dit deesdae met dié ambisie? En wat is die posisie van Suid-Afrikaanse literatuur in 'n “pure” Nederlands fonds?
Soms reken ek ons skrywers uit Suid-Afrika byna tot ons Nederlandse fonds, so naby is ons kulture aan mekaar. Maar dit is en bly vertalings. Omtrent 25% van ons uitgawes is vertaal, insluitend uit Suid-Afrika. Maar soos ek sê, ek reken Etienne van Heerden, Ronelda S Kamfer, Antjie Krog en Breyten Breytenbach byna tot ons eie “Nederlandse” stal.
Ons skrywers uit Suid-Afrika het baie aansien in Nederland, maar is ook baie wisselend in verkoopresultate. Soms kom die verkoop van ’n uitgawe nie bo ’n paar honderd eksemplare nie. Dit is ’n verliespos, maar ek gee hulle uit vanuit entoesiasme, kulturele pligsbesef, en vanweë hulle belangrike bydrae tot ons Suid-Afrika-lyn, en ons algehele literêre beeld. Vir ’n literêre keiser soos Breytenbach wil ek in Nederland en Vlaandere probeer om ’n nuwe lesersgenerasie te wen. Sy literêre gewig staan nie in verhouding tot die huidige verkoop nie. Dieselfde geld ook vir Etienne van Heerden, wie se romans hul inhoudelik moeiteloos kan meet met Nederlandse bestsellers van outeurs soos AFTh van der Heijden en Thomas Roosenboom. Een Antjie Krog is daarentegen dan wel weer darem wel winsgewend met duisende eksemplare per bundel, en die vertaalde lirieke van Gert Vlok Nel het ook behoorlik goed gedoen.
Ons het onlangs 'n nuwe skrywer aangekoop, Fanie Naudé met Alfabet van die voëls. Pragtig wat betref stemming en toon amper Murakamiagtig. Gekoop by ’n agent in Londen, na ’n wenk van Riet Goossens, wat nou besig is om dit te vertaal. Naudé pas in twee van ons nisse: Suid-Afrika, én verhalenbundels, en sal komende najaar verskyn.
Ondanks die groot ooreenstemming tussen die twee tale word al die Afrikaanse literatuur en poësie dus vertaal. Vir die nuwe bundel van Antjie Krog het julle saamgewerk met drie vertalers: Robert Dorsman, Jan van der Haar en Alfred Schaffer. Hoe kies jy as uitgewer met watter vertaler jy wil saamwerk?
Nederlandse lesers geniet dit baie om by poësie ook die oorspronklike Afrikaanse teks daarby te hê. Sowieso is dit by poësievertalinge nuttig en selfs noodsaaklik, eintlik, tensy die vertaler self 'n geniale digter is. Antjie en ek het vir die bundel Medeweten hierdie trio gekies weens die besef dat Schaffer meer geskik sou wees vir die regtig poëtiese gedigte terwyl Dorsman en Van der Haar juis goed is met die epiese gedigte omdat hulle eerder prosavertalers is. Vir poësie wil ek eintlik altyd vertalers hê wat self ook dig. Prosa is iets eenvoudiger, al verdien die literêre vertalers in dié genre ook ’n standbeeld! Soms soek ons vir dit ook vertalers wat gewoonlik uit Engels vertaal, en wat hou van ’n uitdaging. Soos die duo Van Santen en Vosmaer wat Etienne vertaal het.
Joost Nijsen, foto deur Keke Keukelaar
|
Onlangs verskyn die biografie van die skrywer en kunstenaar Henk van Woerden by uitgewery Atlas Contact. Van Woerden was een van die belangrikste skrywers uit die beginperiode van Podium en het by die uitgewery gebly tot aan sy vroegtydige dood. In 2006 is boonop aangekondig dat Toef Jaeger op jou versoek die biografie van hierdie skrywer sou gaan skryf. Waarom verskyn dié biografie dan uiteindelik nie by Podium nie?
By die dood van Henk het Michaël Zeeman en ek Toef gevra om die biografie te ontwikkel. Vervolgens het sy baie jare daaraan gewerk, en het ons ’n aantal keer ’n tussenversie gelees. Toe sy self glo sy is omtrent klaar, blyk dit dat ons van mening verskil. Ek het gehoop vir ’n andere aksent, minder anekdotiek oor byvoorbeeld sy vermeende posisie as ’n “womaniser”. Ek wou die besonder en artistieke gedrewe siel van Van Woerden beskryf sien, in die amalgaam van sy kunsvorme en alles ook vanuit sy innerlike dryfvere, soos ontworteling. Dit is ’n jammerte dat dit so geloop het. Toef glo origens dat ek dit nie wou uitgee nie omdat die biografie “te krities” sou wees oor my “vriend Henk”. Dit is beside the point. Anyway, dis wél weer rumour around the brand, en daar is uitsig op vergoeding: ons is besig om met onder andere die Letterkundig Museum in Den Haag die stigting Henk van Woerden op te rig, wat in November op die vriendedag van die Letterkundig Museum aandag wil gee aan Henk, deur middel van onder andere ’n uitstalling en ’n boek. Ek werk aan ’n type van ’n dokument met bydraes oor Henk van Elsbeth Etty, Tijs Goldschmidt en my, en een gedig van Breytenbach. Daar is dan wel subsidie weer voor nodig, want my hemel, wat is die mark vir die "beter boek" swak op hierdie moment!
Hoe sien jy die toekoms van die Suid-Afrikaanse letterkunde in Nederland? Dink jy dat inisiatiewe soos die Week voor die Afrikaanse roman en die Fees vir Afrikaans hier 'n belangrike rol in kan speel? En hoe lyk dit eintlik met die Nederlandse roman in Suid-Afrika?
Die week het absoluut gehelp om Afrikaanse letterkunde verder op die kaart te sit. Maar dit bly lastig kategories iets te kan sê oor geleenthede in die mark vir Afrikaanse vertalings – dit hang hoofsaaklik af van die individuele outeur. Maar jy het wel altyd die hulp van 'n sterk betrokkenheid in die media van Nederland en Suid-Afrika. Wat betref die Nederlandse literatuur in Suid-Afrika: weinig beweging hier! Dit blyk baie lastig uitgewers in Suid-Afrika te interesseer vir Nederlandse skrywers. Kennelik is hulle nie so populêr by Afrikaners nie, terwyl andersom Suid-Afrikaanse skrywers érg in trek is in Nederland. Ek weet nie goed hoe die louwarm belangstelling kom nie; moontlik agterhaal jy dit in ’n gesprek met ’n Suid-Afrikaanse uitgewery soos die NB-groep!
Suid-Afrikaanse vertalings wat reeds verskyn het by Podium
Breytenbach, Breyten. Intieme vrienden: een schrijfboek (aan mevrouw Lezeres). Vertaal Krijn Peter Hesselink. Amsterdam: Podium, 2006.
—. The middle world quartet. Amsterdam: Podium, 2006.
—. De windvanger. Vertaal Krijn Peter Hesselink, Laurens Vancrevel en Adriaan van Dis. Naw Laurens van Krevelen. Amsterdam: Podium, 2007.
—. Woordvogel. Vertaal Krijn Peter Hesselink. Amsterdam: Podium, 2008.
—. Berichten uit de middenwereld. Vertaal Krijn Peter Hesselink. Amsterdam: Podium, 2010.
Bruyne, Marnix de. Het land van Soekmekaar. Amsterdam: Podium, 2010.
Heerden, Etienne van. 30 nachten in Amsterdam. Amsterdam: Podium, 2011.
—. Klimtol. Vertaal Karina van Santen en Martine Vosmaer. Amsterdam: Podium, 2014
Jonker, Ingrid. Ik herhaal je. Vertaal Gerrit Komrij. Naw Henk van Woerden. Amsterdam: Podium, 2000.
Jordan, AC. De wraak van het voorgeslacht. Vertaal Robert Dorsman. Naw Henk van Woerden en Vernie February. Amsterdam: Podium, 1999.
Kaganof, Aryan. Hectisch. Vertaal Dick Tuinder. Amsterdam: Podium, 2001.
Kamfer, Ronelda. Nu de slapende honden. Alfred Schaffer. Amsterdam: Podium, 2010.
—. Santekraam. Vertaal Alfred Schaffer. Amsterdam: Podium, 2012.
Krog, Antjie. Kleur komt nooit alleen. Vertaal Robert Dorsman. Amsterdam: Podium, 2002.
—. Relaas van een moord. Vertaal Robert Dorsman. Amsterdam: Podium, 2003.
—. Liederen van de blauwkraanvogel. Vertaal Robert Dorsman. Amsterdam: Podium, 2003.
—. Wat de sterren zeggen. Vertaal Robert Dorsman. Amsterdam: Podium, 2004.
—. Lijfkreet. Vertaal Robert Dorsman en Jan van der Haar. Amsterdam: Podium, 2006.
—. Waar ik jou word. Vertaal Robert Dorsman en Jan van der Haar. Amsterdam: Podium, 2009.
—. Hoe zeg je dat. Vertaal Robert Dorsman en Jan van der Haar. Amsterdam: Podium, 2009.
—. Niets liever dan zwart. Vertaal Robert Dorsman. Amsterdam: Podium, 2010.
—. De kleur van je hart. Amsterdam: Podium, 2010.
—. Medeweten. Vertaal Robert Dorsman, Jan van der Haar en Alfred Schaffer. Amsterdam: Podium, 2015.
Leroux, Etienne. Magersfontein, o Magersfontein! Vertaal Ingrid Glorie. Naw vertaal Henk van Woerden. Amsterdam: Podium, 1999.
Plaatje, Sol. Mhudi. Vertaal Barbara de Lange. Naw Andries Walter Oliphant. Amsterdam: Podium, 1998.
Schreiner, Olive. Een plaats in Afrika. Vertaal Robert Dorsman. Naw Henk van Woerden. Amsterdam: Podium, 1997.
Vlok Nel, Gert. Het is onnatuurlijk om te leven: eenvoudige spoorwegverhalen. Vertaal Robert Dorsman. Voorw Antjie Krog. Amsterdam: Podium, 2007.
Woerden, Henk van. Moenie kyk nie. Amsterdam: Podium, 1993.
—. Tikoes. Amsterdam: Podium, 1996.
—. Een mond vol glas. Amsterdam: Podium, 1998.
—. Notities van een luchtfietser. Amsterdam: Podium, 2002.
—. Ultramarijn. Amsterdam: Podium, 2005.
Lees ook 'n onderhoud met die organiseerders van Festival voor het Afrikaans 2016.
Kommentaar
Volgens de door Joost Nijsen terecht bewonderde Alfred Schaffer, komen alle aspecten van Henk van Woerdens veelzijdige en verscheurde leven aan de orde. Volgens Schaffer in zijn vorige maand verschenen recensie wil je na lezing van Koning Eenoog 'direct weer [aan dat kleine en schitterende oeuvre] beginnen.' Het is daarom enorm jammer dat uitgeverij Podium op dit moment zo weinig werk van Van Woerden leverbaar heeft.