O die donkie is 'n wonderlike ding
Hy staan en dink waar die muishond stink, ja die donkie is ’n wonderlike ding.
Dis nie vir spek en boontjies dat Jesus daarop aangedring het om op ’n donkie Jerusalem binne te ry nie. Die donkie is nie sommer so ’n hier-jy ding nie, nee hy is ’n sterk mitiese motief. Die god Dionysus was ook lief daarvoor om op ’n donkie te ry, soos uitgebeeld op vase wat opgegrawe is. Daarop wys dit hoe hy triomfantelik wydsbeen op die donkie sit, ’n goeie voorbeeld vir Jesus later, toe hy Jerusalem binnegery het en die mensdom palmtakke op sy weg versprei het.
Met die skepping van Dionysus het die donkie ook sy rol gespeel. Toe die pelgrims van Athene langs die Heilige Weg geloop het op pad na Eleusis, het ’n donkie al die fieterjasies gedra wat hulle sou gebruik om Dionysus te maak. Die massas het ook palmtakke op die pad gestrooi, net soos met Jesus.
Alhoewel die donkie dikwels die simbool van nederigheid is, was dit eens die simbool van wreedheid en was hy gereken as die laagste van alle diere. Lank voor Christus se skepping van die hel, is die mens al geteister met gruwelikhede na die dood. Een van die uitbeeldings wys ’n man in die onderwêreld wat vir ewig ’n tou moet vleg, terwyl ’n donkie dit vir ewig opvreet. Min of meer soos ons ateïste met ons gebrek aan spirituele intelligensie stories van Kobus se hogere spirituele prestasies moet opvreet. Uiteindelik sien hy (dis nou die spirituele Kobus) homself, die Godsman wat triomfantelik Jerusalem sal binnery op hierdie agnostiese esel, terwyl die skare palmtakke op sy pad strooi. Ai, tog, die verbeelding darem! Hoekom kom die naam Walther Mitty by my op as ek Kobus se naam sien? Wie was dit?
Groete
Angus