Nominasies vir WOORDtroFEES 2014

  • 0

Ná die sukses van die vyftiende Universiteit van Stellenbosch (US) Woordfees, wat vanaf 6 tot 16 Maart 2014 op Stellenbosch plaasgevind het, word die topproduksies van die fees by ’n spoggeleentheid aangewys.

Die WOORDtroFEES, moontlik gemaak deur die ATKV, word op Maandag, 14 April 2014 vir 'n vyfde keer aangebied. Vanjaar word dit by L’Avenir buite Stellenbosch gehou. 

Genomineerdes is onafhanklik deur ’n kundige paneel beoordelaars bepaal. Die kategorieë en nominasies (in alfabetiese volgorde volgens naam) is as volg:

WOW-skool: Uitsonderlike bydrae tot die bevordering van Afrikaans

  • Scottsdene Sekondêr in Kraaifontein

WOW individuele prys: Die bevordering van Afrikaans in die gemeenskap

  • Sabina Dumas van New Orleans Sekondêr in die Paarl

Beste kunsuitstalling

  • Lilly Friedlaender Gallery (Kurator: Lilly Friedlaender)
  • Magicus in D-Street (Kurator: D-Street Galery - Elizabeth Miller-Vermeulen samewerking)  
  • P.J. Olivier Kunsmuseum (Kurator: Nelis Koegelenberg)

Beste klassieke musiekproduksie

  • Land in klank (met Marietjie Pauw, Suzanne Martens en Roelien Grobler)
  • Liebrecht Vanbeckevoort
  • Stellenbosch University Camerata (met konsertmeester Suzanne Martens)

Beste kontemporêre musiekproduksie

  • David Kramer – Stokoud & Splinternuut
  • Laurika en Orkes
  • Stef Bos en Koos Kombuis
  • Weetstil (met Pieter van Helslandt, Richard Onraet en Renate Riedemann)

Uitskieter drama

  • André Terblanche vir spel in Lykgeskil en Mits dese wil ek vir jou sê
  • Christiaan Olwagen vir inkleding (stel-, kostuum- en beligtingsontwerp) van Waterpas
  • Stephanie Gericke vir spel in Melusine van Arcadia

Beste dramaproduksie

  • Na-Aap
  • Waterpas
  • Wie's Bang vir Virginia Woolf

Woordtrofee vir beste debuutskrywer

  • Elaine Bing – Ek het gemartel / Unmaking of the torturer (LAPA Uitgewers)
  • Karina Magdalena Szczurek – Invisible Others (Protea Boekhuis)
  • Lindie Koorts – DF Malan en die opkoms van Afrikaner-Nasionalisme (NB-Uitgewers)

Woordtrofee vir ’n gevestigde skrywer

  • Deon Opperman – Donkerland (NB-Uitgewers)
  • Marié Heese – Vuurklip en Karoo-Kantate (NB-Uitgewers)
  • Riana Scheepers en Leti Kleyn – Spoorvat:  Jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers (LAPA Uitgewers)

Hier volg meer inligting oor die genomineerdes soos dit in die US Woordfees se programboekie verskyn het:

Woordtrofee

Nominasie

Nominasie

Nominasie

Nominasie

WOW-skool: Uitsonderlike bydrae tot die bevordering van Afrikaans

Scottsdene Sekondêr in Kraaifontein

     

WOW individuele prys 2014: Die bevordering van Afrikaans in die gemeenskap .

Sabina Dumas van New Orleans Sekondêr in die Paarl

     

Hoogstaande visuele kunsuitstalling 2014

Lilly Friedlaender Galery

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Magicus in D-Street

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

P.J. Olivier Kunssentrum

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ? argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke. U is welkom om ? siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar! Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

 

Beste klassieke musiekproduksie 2014

Land in klank (Marietjie Pauw (fluit), Suzanne Martens (viool) en Roelien Grobler (harp)

Met Marietjie Pauw (fluit), Suzanne Martens (viool) en Roelien Grobler (harp)

Drie musici ondersoek die magiese skakel tussen landskapskuns en musiek: hulle speel Suid-Afrikaanse werke van onder meer Muyanga, Hofmeyr, Van Rensburg en Ndodana-Breen, terwyl luisteraars Pierneef se stasiepanele kan bewonder. Kom raak betower deur die kyk en die luister na interpretasies van die landskap in die ruim akoestiese naklank van die Rupert museum.

Liebrecht Vanbeckevoort

Geborg deur die Vlaamse Kultuurstigting

Die Woordfees verwelkom graag dié gevierde Belgiese klassieke pianis. Na sy musiekstudie in België en die VSA was hy wenner van talle nasionale kompetisies én internasionale kompetisies, soos die Koningin Elizabeth Internasionale Musiekkompetisie. Sy talryke optredes word dikwels gehoor op radio en televisie. Hy wy sy program by die fees o.m. aan .bekende werk van Bach, Beethoven, Chopin en Liszt..

Stellenbosch University Camerata, with concertmaster Suzanne Martens

With Kevin Vigneau (oboe) and Kimberly Fredenburgh (viola). Concertmaster: Suzanne Martens

The SAMA award winning Stellenbosch University Camerata performs a programme including Mozart and Karajev, with guest soloists from the USA, Kevin Vigneau and Kimberly Fredenburgh. Central to the programme is the world premier of a new concerto written for the duo by South African composer Allan Stephenson.

 

Beste kontemporêre musiekproduksie 2014

David Kramer - Stokoud & Splinternuut

Met David Kramer, Schalk Joubert (baskitaar) en Kevin Gibson (tromme)

Die viering van ’n leeftyd van liedjieskryf! Ervaar David in sy vyfde dekade as kunstenaar, soos toe hy die eerste keer in die folk-klubs van Kaapstad en Stellenbosch begin sing het in die laat 1970’s. Hy verken ’n paar nuwe liedjies, maar sing ook van die nommers uit sy repertoire wat hom die reputasie as een van die voorste sangers en liedjieskrywers in Suid-Afrika gegee het: ‘... geen siel by Stokoud & Splinternuut kon sweerlikwaar ontevrede huiswaarts keer nie.’ – Die Burger.

Laurika en Orkes - Liedjies vir alle tye

Met Laurika Rauch en David Klassen (tromme en perkussie), Denny Lalouette (baskitaar) en Nathan Smith (kitare). Musiekregie, klawerbord en klavier: Jaconell Mouton

Laurika se liedjies vorm die klankbaan van baie mense se lewens. Wanneer sy sing, ontroer sy en raak mense aan. Met dié produksie sal sy jou verras met nuwe, nooitgehoorde liedjies, maar altyd ook van haar geliefde nommers insluit. ’n Formidable span musikante begelei haar.

Stef Bos en Koos Kombuis - Niemandsland

Boskombuis is ’n ‘samekoms van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is, en waar hulle eendag wil wees.’ Die twee woordtowenaars sing van hul liefde vir vroue, kinders, ? land, ? God, ? lewe. Hartroerend mooi, maar nooit sonder ? sweempie subversiewe ironie nie…

WeetStil

Met Pieter van Helslandt, Richard Onraet (kitare) en Renate Riedemann (viool)

’n Towerdebuut word bekendgestel, met snitte soos ‘Skaakmat’, ‘Amazing is jy’ en ‘In stilte’ waaroor mense reeds gons. Pieter, sedert 2005 ’n vooraanstaande kabaretbegeleier, tree nóg sterker toe as sanger-pianis en sing die Afrikaans-kontemporêre genre aan die brand!

Uitskieter: Drama 2014

André Terblanche vir spel in Lykgeskil en Mits dese wil ek vir jou sê

Lykgeskil

Met Stephanie Hough, Kyle Seconna en Andre Terreblanche. Tegniese versorging: Alex Marais. Skrywer en regie: Stephanie Badenhorst

’n Absurde swart komedie met een post-mortem grimeerkunstenaar, een pilkop, een skisofreen, een lykshuis, een dooie. Die deur staan oop... ‘Maak jou voete sulke vuisies en spuit hom tussen die tone... en hou verby met die sandale. Toe skoene steek meer weg as ’n gebarste hak.’

Mits dese wil ek vir jou sê…

Samestellers: Juanita Swanepoel en Johann Nel. Met Johann Nel en Andre Terreblanche.

Regie: Juanita Swanepoel

Uittreksels uit sy verhale, dagboeke, briewe en kabarette stel die geliefde skrywer Hennie Aucamp aan die woord. ‘Mits dese’ sê ons dankie dat hy vir die grootste gedeelte van sy 80 jaar onverpoos so mildelik van homself gegee het. Vir ? voyeur de la vie is die ganse lewe onwettige teater. Hy sou dit nie anders wou hê nie. Want dan sou hy toegang moet betaal.

Christiaan Olwagen vir inkleding (stel-, kostuum- en beligtingsontwerp) van Waterpas

Waterpas

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam).

Stephanie Gericke vir spel in Melusine van Arcadia

Melusine van Arcadia

Met Sharlien Schwarz, Zia Sonnekus en Stephanie Gericke. Produksiehuis: Small Studios Productions. Wenner Krêkvars Beste produksie 2012. Teks en regie: Corné Joubert

Drie susters woon saam in ’n woonstel in Pretoria, maar die jongste, Melusine, is 'n meermin. Hulle moeder het hulle nooit die waarheid oor haar verlede vertel nie. Na haar dood verswyg hulle dit steeds en probeer sin maak van die lewe binne hierdie omstandighede. Melusine word toenemend onrustig en rebels, en probeer haar susters forseer om haar vry te laat. 'n Verhaal oor die drang na bevryding van dít wat mens terughou.

 

Beste dramaproduksie 2014

Na-aap

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en ondersteun deur Aardklop 21

Met De Klerk Oelofse. Deur Franz Kafka. Vertaling: Arnold Blumer. Regie en ontwerp: Jaco Bouwer

’n Aangrypende verhaal waarin ’n aap, Rooi Piet, ’n wetenskaplike konferensie toespreek oor sy lewe. Nadat hy gevang is in die oerwoude van Afrika oorleef hy sy ingehokte bestaan op die skip onderweg na Hamburg in Duitsland, deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Dit is so suksesvol dat dit hom ’n lonende loopbaan bied. Sy verslag oor die transformasie van aap na mens bied ’n kritiese en ontnugterende perspektief op wat ’n mens is, hoe mense optree, hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring, en hoe onvry die mensdom is weens aangeleerde gedrag.

Waterpas

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam).

Wie's bang vir Virginia Woolf

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pieterse. Deur Edward Albee. Vertaling Saartjie Botha. Ontwerp: Jaco Bouwer. Regie: Christiaan Olwagen

Getroudwees is nie vir sissies nie. ’n Jong getroude paartjie maak ’n oorlog tussen ou-getroudes mee in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. ’n Waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê, en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye.

 

Woordtrofee vir beste debuutskrywer 2014

Lindie Koorts

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme (Albert Grundlingh in gesprek met Lindie Koorts)

Die jong, dinamiese historikus Lindie Koorts bring vir ons ’n treffende stuk sosiale geskiedenis – ’n biografie van DF Malan, maar terselfdertyd ook van die Afrikanervolk. Die geskiedkundige Albert Grundlingh lig boeiende kwessies uit in ’n gesprek met haar.

Elaine Bing

Ek het gemartel/Unmaking of the torturer (Annemarie Mischke in gesprek met Elaine Bing)

Aangebied deur LAPA

Stories oor mense wat gemartel het, is nog nie voorheen gedokumenteer nie. Dié boek belig die gruweldade van drie polisiemanne tydens die apartheidsjare, maar ook hulle pyn in die helingsproses. Anna-Marie Mischke gaan saam met die skrywer, die sielkundige berader Elaine Bing wat haar doktorsgraad behaal het oor dié onderwerp, in op die pad wat sy met die martelaars gestap het.

Karina Magdalena Szczurek

Invisible others (Ingrid Winterbach in conversation with Karina Magdalena Szczurek)

Presented by Protea Boekhuis

Writer, critic and editor Karina Magdalena Szczurek discusses her first novel Invisible Others (Protea, 2014) with novelist and painter Ingrid Winterbach. The novel, set in Paris, tells the story of a South African writer running away from the aftermath of a scandal and a Polish academic recovering from a deep personal loss.

 

Woordtrofee vir ’n gevestigde skrywer 2014

Deon Opperman

Donkerland (Kerneels Breytenbach in gesprek met Deon Opperman)

Kerneels Breytenbach gesels met Deon Opperman oor die roman Donkerland – ook een van die grootste TV-gebeurtenisse van 2013, die epiese kykNET-reeks wat 158 jaar van Afrikaner-geskiedenis in 13 episodes teleskopeer. Een van die mees ambisieuse skeppings in Opperman se loopbaan as dramaturg en draaiboekskrywer is deur Breytenbach herskryf in romanvorm. Hoe werk dit?

Marié Heese

Vuurklip en Karoo-Kantate (Amanda Botha in gesprek met Marié Heese)

Amanda Botha praat met die skrywer van Die uurwerk kantel, Marié Heese, oor haar jongste jeugroman Karoo-Kantate. Heese vertel ook van haar eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, Vuurklip – ’n magiese verhaal oor die lotgevalle van die land- en die seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede.

Riana Scheepers en Leti Kleyn

Nostalgie van die jeug - (gesprek met Ingrid Winterbach, Louis J van Vuuren, Andries Bezuidenhout en Irma Joubert, gelei deur Riana Scheepers)

Aangebied deur LAPA

Riana Scheepers en Leti Kleyn, samestellers van Spoorvat: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers, het skrywers gevra om hul kinder- of jeugervarings te woord te stel. Die resultaat is ’n towermooi bloemlesing van 36 stories. Ons vat die spoor terug na die verlede; ’n verlede so kleurvol, vrolik, hartseer en uiteenlopend soos die mense van hierdie land. Riana Scheepers gesels met van die skrywers oor hul bydraes.

 

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top