SêNet-briewe | Letters

 
Nog rate vir peste vir Karen
Karen aangesien jy repliek op my brief gelewer het, hier is nog 'n raat of twee om van ander peste en plae ontslae te raak.

Om van vlooie ontslae te raak, vat jy 'n gewone vel wit papier en smeer konfyt daarop. Sit dan die papier naby jou hond. Die vlooie hou van iets soet en klim van die hond af om die konfyt te gaan eet. Hulle sit dan op die papier vas. Jy vang dan die vlooie en kielie hulle. As hulle dan lag en bekke oop maak, gooi jy vlooipoeier of koeksoda in hul keelgatte af en hulle verstik op die allerwreedste manier.

Vir aambeie het ek ook raat. Jy vat 'n skoenpolitoerblikkie se deksel. Gooi bietjie water daarin en sit dit op 'n tafel. Jy klim ook op die tafel. Trek jou broek af en smeer growwe sout aan jou aambeie. Jou aambeie sal dan dors word en gaan water drink. Sodra hulle by die water is trek jou broek op en spring van die tafel af en loop weg. Kry dan iemand om die aambeie met 'n vlieëplak moertoe te slaan.

As jy 'n plaag met paddas het en van 'n vleiserige "smoothy" hou het ek ook net die oplossing. Vang 'n padda gooi hom in die "liquidizer", druk die knoppie. Van mooi groene word hy skielik so "strawberry" rooi. Gooi sout en peper en Worcestersous na smaak. Vodka komplimenteer die kikvors se smaak.

Het jy vir my ook 'n vakature of net leeus daar by jou werk. Ek is bereid om te reis. Kan dadelik begin. Krap nie in klein diertjies se neuse nie. Poep nie aan tafel nie. Lieg ook nie as ek bid nie.

Reusedwerg

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address