Bieg | Confess

 
Niks vertroue meer in die gereg oor nie
Ek is drie jaar terug geskei. Dis ’n lang storie, maar ek sit ook tans met meer as een saak by Boksburg Hof. Ek was vandag weer daar en sit vanaand met dikgehuilde oë. Daar was tot dusver geen samewerking van my X nie en hy het weer eens vandag goed kwytgeraak en die magistraat het haar vererg en my vertel wat ’n slegte ma ek is. Dit het my gebreek! Ek sukkel maande by die hof vir uitkoms – om nie eers te praat oor die interdik wat ek teen hom het nie. Maar ek het ook nie daar reggekom nie, weens sy kontakte by Boksburg Polisiestasie. Onregverdig is nie die woord nie!  As dit nie vir my twee pragtige dogters was nie, het ek lankal tou opgegooi. Dis so teleurstellend, want ek het nog altyd opgekyk na die magistrate en polisie.
Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
TellMe
2012-10-17 @11:36
Aaaaaai dis sleg ... ongelukkig kan die gereg gemanipuleer word. Hoop jy word baie gou gehelp! STERKTE
Delete Comment
avatar
WilWeet
2012-10-25 @10:44
Dis so onregverdig dat mense so moet sukkel. Werk bietjie deur ’n prokureur en skroef hom op. 
Delete Comment
avatar
Zeester
2012-10-25 @13:39
Ek het ongelooflik baie simpatie met jou – maar jy moet op jou tande kners en vasbyt.  Ek is deur dieselfde 6 jaar gelede en vandag kyk ek na my 2 kinders en ek sien hulle is mooi volwassenes en gebalanseerd en gelukkig.  Hulle het ook lessies geleer daaruit en my seun gaan ’n baie goeie man wees vir sy vrou eendag en ’n wonderlike pa vir sy kinders, want hy weet waardeur ons is en hoe seer hy gehad het.  Maar ek wil nooit weer hulle hoërskooljare oorhê en weer alleen daardeur gaan met ’n Pa wat weier om onderhoud te betaal nie. Neem dit een dag op ’n slag, bid, bid, bid en wees positief. Jy sal eendag kan terugkyk en dan net ongelooflik dankbaar wees dis agter jou :) STERKTE
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address