Fiksie | Fiction

 
Nagmaal


Hy sit al van vroegaand af en kerf ’n stok langs die vuur. In die hoek lê sy drie kinders en  liefde-een al en slaap, weg van die dinge wat kom hap en sleep sonder lawaai. Niemand dans meer saans nie. Die groot bok is lanklaas gesien. Die velle sit styf om almal se ribbes. Hy staan op, stap tot agter in die grot. ’n Skaduwee flits van bo na onder op die rotswand. Soos die son opkom, smeul ’n pot. Sy liefde-een en twee jongstes drentel nader en wurg strak aan ’n hand vol vleis. 




Lees ’n onderhoud met Wilken Calitz hier.



Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address