LAPA Uitgewersportaal | LAPA Publishers Foyer

 
'n Oproep vir jeugherinneringe
In 1966 verskyn Herinnering se wei – Afrikaanse skrywers oor hulle jeug by Afrikaanse Pers-Boekhandel. In 1977 word dit weens die gewildheid daarvan herdruk. ’n Boeiende leeservaring waaraan Etienne Leroux, Ernst van Heerden, Abraham H de Vries, Elisabeth Eybers, Chris Barnard, NP van Wyk Louw, Elsa Joubert, André P Brink, WA de Klerk, FA Venter, Dolf van Niekerk en Ingrid Jonker – kort voor haar dood – meedoen, plek-plek met foto’s uit hulle kinderjare.

“Die foetery het gekom toe ons byna al by Sjina was,” skryf Abraham H de Vries in sy vertelling van verbeelmotors as hulle vuurhoutjies by sy pa kon kry om mee voor te gee dat hulle fency moutorkarre het waarmee hulle kan reis.

“Voor ’n mens Sjina kry, is daar ’n opdraand en ’n steil afdraand met bome weerskante van die pad en paddastoele waaroor jy nie kan sien nie. My motor was voor en Dawid s’n so ’n klein entjie agter en hy het my gejaag, want net voordat ons weggetrek het vir die laaste skof, het Ma geroep vir tee. Dawid sou rondom die aardbol gery het vir ’n beker tee en ’n sny brood, met varkvet en goue stroop.”

Riana Scheepers en Leti Kleyn stel ’n soortgelyke publikasie saam wat later dié jaar by LAPA Uitgewers sal verskyn. Gepubliseerde skrywers word genooi om jeugherinneringe binne die bestek van 2500–3000 woorde op te skryf en met ’n foto uit hulle kinderjare toe te lig.

Die sluitingsdatum vir die voorlegging is 15 April 2013.

Kontak gerus vir Riana Scheepers by rianas@mweb.co.za of vir Leti Kleyn by letikleyn@mweb.co.za.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter
Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address