Ek het elders gedeel met die mitologieë en hulle skielike ooreenstemming met die Christelike leer.
Wat ek hier uitwys, na aanleiding van Wouter se kommentaar, is dat dit gewoon nié waar is dat dit 200 jaar geneem het vir die sogenaamde “idee” van Jesus as “mens” om finaal “uit te sterf” nie, en dat die “debatte” oor Jesus Christus se aard voortgewoed tot laat in die 600-700’s, soos Wouter beweer, dit kwansuis gebeur het, nie.
Maar, soos ons in die laaste tyd gesien het, is Wouter nie meer een is wat belangstel om objektief met feite en Waarheid om te gaan nie en sê hy vandag sus en môre só en bestaan die “volle prent” op hierdie stadium vir hom weer nét uit antagonistiese, sekulêre en agnostiese “prentjies”.
Die waarheid is dat ál die HERE Jesus se volgelinge deurentyd geweet het van Sy menslike en terselfdertyd Goddelike aard en Wese (natúúrlik sal Wouter en kie dít nie wil noem, nie…) en dat dié kennis weens Goddelike openbaring en geloof, in toenemende mate toegeneem het –
Dit het ’n paar honderd jaar geneem om selfs die meeste antagoniste (nié Christengelowiges nie) se dwaalleringe en verbete ontkenning daaromtrent die hoof te bied, in ’n milieu waar die feit van die ware maagdelike geboorte van die HERE, vir mense en volke vreemd was, om die minste te sê. Uiteindelik het die ware Christelike geloofskorps uiteraard geseëvier by Nicea en elders (wat bepaald nié sou gebeur as hulle in die minderheid was, nie). En dié onomstootlike perspektief plaas die uitlatings van Wouter en diegene wat hy probeer ondersteun (ten alle koste, omdat hy dink hy by hulle aanvaarding verloor het weens sy openhartige en véél meer eerlike vroeëre gesprekke met my) in die kategorie van onkundige, oneerlike (onafwendbaar vir hulle) spekulasie en ’n toonbeeld van insigloosheid.
Wat die beweerde invloed van die vermelde mitologie aanbetref, is dit ook nie anders nie – Daar is één absolute feit (benewens die talle werke van deskundiges oor baie eeue heen) wat die agnostiese leuens ook daaromtrent, soos die onooglike spirituele puisie-sweer wat dit is, laat uitstaan – as dit waar sou wees dat al daardie mitologieë kwansuis alrééds teen die advent van die HERE Jesus Christus se ware maagdelike geboorte, die sarsie ‘maagdelike’- of goddelike geboortes van die spul afgode sou voorhou, sou die HERE Jesus se werklike maagdelike geboorte (en die bewerings daarvan) soos soetkoek júís deur die ongelowiges opgeraap word en sou dit onmiddellike aanvaarding vir die HERE besorg het in hulle reeds bestaande panteon van sogenaamde maagdelik-gebore afgode …
Maar op getuienis, wat, ironies genoeg, verál deur die (noodwendig) insiglose agnostici poog gebruik te word (tipies dat hulle nie insig in die implikasie van hul eie gereedskap het, nie), was dit mos nié so nie en het dit honderde jare geneem vir dié ongewone en unieke Waarheid en konsep omtrent die HERE Jesus Christus se maagdelike geboorte te verwerk en te glo, veral óók in die gemeenskappe (Grieke, Romeine, Egiptenare) waar die mitologie van maagdelike geboortes kwansuis alreeds sou algemene praktyk wees – wat ’n ooglopende leuen.
En daar is eenvoudig niks wat hulle aan dié waarheid kan doen, nie.
’n Volgende onomstootlike aspek is die ooglopende Goddelike aard van die HERE Jesus Christus, wat by ál die ander mitologiese versinsels geheel en al, ontbreek. Inteendeel, hulle is vandag nie meer aktiewe mitologie nie, maar vergete, dik-van-die-stof mitologiese versinsels wat net deur insiglose en dwase agnostici opgekrap poog te word, in hul desperate teëstand teen die Waarheid.
Trouens, wie, behalwe sielsdooies soos die agnostici, sal nié glo, by aanskoue van die absoluut ongeëwenaarde, ongekende Krag van dié Seun van die Mens en Sy inspirerende invloed op die ganse wêreld, nie … terwyl Sy Krag en inspirasie wêreldoor stééds meer en meer mense na Hom bekeer - wat geheel en al by die mitologiese afgode ontbreek.
Groete,
Kobus de Klerk