Minimalisme & die sleutels tot die koninkryk

  • 1

Hello, 

Chris se onlangse vraag oor minimalisme verwys. Ek het nog steeds nie verder aan Finkelstein se boek gelees nie, maar het wel van 'n opstel uit Hareetz onthou wat van die kwessies aanspreek na aanleiding van 'n belangrike vonds by die opgrawingsterrein van Khirbet Qeiyafa en wil dit eerder plaas, dit is ook moontlik om terug te keer na die Finkelstein, maar hy maak 'n verskyning in hierdie brief ook.  

Volgens Professor Yosef Garfinkel van die Instituut van Argeologie aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem het hierdie vonds finaal bewys gelewer vir die bestaan ??van 'n stad wat deel was van die koninkryk van Dawid in die 10de eeu BCE. 

As hy reg is, het sy ontdekking 'n belangrike implikasie in langdurige argument in Bybelstudies en in Bybelse argeologie. 

Hierdie is 'n ou debat wat sy ontstaan in die 19de eeu het dat in werklikheid die koninkryk van Dawid en Salomo nie veel meer as 'n klein stam was nie, karig in grote met net so 'n klein bevolking en nie veel groter as Jerusalem se buitemure nie. 

Volgens Garfinkel weerlê die vonds die minimalistiese benadering.

Garfinkel brei uit en bevestig darem ook dat sy vonds val tussen die twee weergawes: 

Nie klein nie, maar ook nie so groot soos die Bybelse vertelling skets nie. 

Selfs op so 'n skaal volgens Garfinkel is dit groter as die nederige dorpie wat geskets word deur die minimalistiese argeoloë. 

Tesame met Garfinkel se werk is daar ander ondersoeke in die gebied wat soek na ondersteuning vir die argument van 'n groot verenigde koninkryk.

Garfinkel wys egter daarop dat hy nie betrokke is in die geskil oor die verenigde koninkryk en dat hy fokus op die Neolitiese tydperk en in die Kopertydperk wat daarop volg. 

Garfinkel dui aan dat die nedersetting wat hy gevind het word in I Samuel genoem. 

Garfinkel identifiseer die twee hekke in die nedersetting se vesting, in die weste en in die suide (Sha'arayim beteken "twee hekke" in Hebreeus). 

Die enigste aspek waaroor die argeoloë oor saamstem, is dat die Khirbet Qeiyafa-vonds is 'n indrukwekkende nedersetting en bied baie vrae en is oop vir debat.

Professor Israel Finkelstein van die Tel Aviv Universiteit wat in die vroeë 1990's bekendheid verwerf het onder argeoloë en ook algemene lesers met sy siening dat die Bybel verhale het geen beduidende historiese grondslag nie, sê hy is nie heeltemal daarvan oortuig dat die nedersetting en die grafte daar verbind kan word aan die Huis van Dawid nie.  

Finkelstein se kollega van die Tel Aviv Universiteit, die historikus prof Nadav Naäman, wys daarop dat hoewel die meeste van die data oor die nedersetting en vonds nog nie gepubliseer is nie is die stelling dat die gebied verwant is aan Jerusalem en die Huis van Dawid hoogs onwaarskynlik.

Dit moet ook gestel word dat Garfinkel nie alleen is in sy tesis nie, ander argeoloë het ook beweer dat hulle beduidende bevindinge opgegrawe het en nou hulle koppe hoog kan hou na jare van 'n stryd teen Finkelstein en sy kollegas.

Daar word ook beweer dat die ruïnes van Dawid se paleis buite die hedendaagse muur van die Ou Stad van Jerusalem val en alhoewel 'n indrukwekkende ontdekking is dit ook omstrede want al word die tydperk aangedui as 10de eeu BCE voer ander kenners dat dit later gebou is. 

Nog 'n vonds, 'n groot muur, 70 meter in lengte en 6 meter hoog, geleë in dieselfde gebied word gedateer deur die wat gevind het om van die tydperk van koning Salomo se regering te wees, maar is daar weereens debat oor die korrekte datering, en nog meer belangrik sluit dit kenners in wat "Bybelse" kamp is.

Hareetz verwys ook na die die Amerikaanse antropoloog prof Thomas Levy, van die Universiteit van Kalifornië, San Diego, wat tans prospekteer in die suide van die Jordaan en verklaar dat sy bevindinge versterk die geloofwaardigheid van die Bybelse verhaal, wat vertel van 'n ontwikkelde entiteit in die streek van Edom wat in 'n stryd met die verenigde koninkryk betrokke was.

Maar Finkelstein verwerp hierdie interpretasie en dui aan dat daar is geen indrukwekkende oorblyfsels van vroeëre tydperke van die klassieke Edom en dat die bevindinge is verwant aan die Assiriese oorheersing en Arabiese handel in die streek.

Finkelstein brei uit en verwys ook na 'n ander debat, een wat die fundamentele kwessie van 'n historiese begrip van die land van Israel verwoord. 

Finkelstein is here alluding to another debate, one that touches on a fundamental issue in the historical understanding of the land of Israel. Scholars are divided on the question of when the region's peoples moved from a simple rural society to a more developed urban way of life. Finkelstein and his colleagues espouse a view known as "low chronology" or "late chronology". Its essence is that archaeological strata attesting to fortified settlements and traditionally dated to the reigns of David and Solomon in the 10th century BCE are actually from a period decades later, perhaps as much as a century. The low chronology method effectively rules out the existence of a developed united monarchy in the 11th and 10th centuries BCE.

Garfinkel is egter tevrede dat sy vonds hierdie argument verkeerd bewys. 

Hierdie skets dan die mees onlangse skermutseling in 'n meer as 200 jaar lange geskil oor die historiese geldigheid van groot dele van die Heilige Skrif.

“Its beginnings lie in the biblical criticism that crystallized mainly in Germany and Scandinavia in the 19th century, which raised significant questions about the historical elements underlying the biblical text. Already then, Finkelstein notes, critical scholars articulated viewpoints that are still accepted today, broadly speaking, "regarding the date of composition of the biblical text, its division into blocs, the authors' aims and the reality the text reflected."

Maar soos verwag kan word, sal daar 'n teenreaksie wees en 'n terugbaklei. (Indien dit nie te kras gestel is nie). 

“The counter-reaction to Bible criticism first emerged in the 1920s and 1930s from the young field of biblical archaeology. At the forefront of this effort was a Chilean-born American scholar, William Albright. Though possessing encyclopedic knowledge, Albright specialized in archaeology, Bible research and philology and spent many years on digs in Palestine. The devout son of Protestant missionaries, he was the most prominent figure in a wave of British, French, German and American researchers, who at the end of the 19th century who crisscrossed the Levant in search of theological sources.

“These scholars assumed, and also sought to prove, that the narratives of the patriarchs, the exodus from Egypt, the conquest of Canaan and the existence of a great kingdom were historical facts. They believed that the overall narrative was reliable and verifiable. Archaeology, they were certain, would tip the scales in their favor against the proponents of biblical criticism and the minimalists.”

Dit is die tweestryd.

Ook kan Professor Shlomo Sand skrywer van The Invention of the Jewish People se denke in oorweging gebring word en sal apart geplaas word.

Baie dankie

Wouter

  • 1

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Hierdie twee bydraes is seker nie volledig nie, noem nie al die verskillende sienings omtrent minimalisme, byvoorbeeld, in ag nie, maar belangrik, raak 'n paar punte aan wat wys dat die geskiedenis van Israel, en die Ou Testament in besonder, belangrik is vir Jode, Christene en Moslems. Dit is 'n geskiedenis met teologiese en politieke implikasies wat 'n komplekse bynes is. Met soveel op die spel vir verskillende groepe wonder 'n mens of daar ooit na die Bybel gekyk kan word sonder om op die of daai een se tone te trap.

    Die dissiplines van geskiedenis en argeologie was ongelooflik suksesvol die afgelope eeu of wat om die verlede te ontsluit met nuwe metodes en benaderings, en ons kennis en insig van die antieke wêreld is in sekere opsigte beter as wat dit was in die tyd van hierdie samelewings self. Ons perspektief is net soveel wyer as wat moontlik was vir 'n Babiloniese, Persiese, Griekse of Romeinse uitkyk.

    As leek is daar 'n verskeidenheid van opinies en argumente wat ek kan probeer volg oor hierdie komplekse onderwerp. As ongelowige het ek nie die las van dogma om my te lei in hierdie ondersoek nie en daar is ook nie enige druk om 'n finale antwoord te bereik nie. Die Bybel (Ou Testament) is 'n artefak, 'n potskerf, wat deel is van 'n spesifieke kultuur, die van die Jood uit die antieke geskiedenis, wat saam met al die ander potskerwe 'n storie vertel. Die Bybel vertel nie hoe die pot aanmekaar sit nie, maar is deel van die pot self.

    Net so min as wat Enlil bestaan omdat ons die verhaal van Gilgamesh het, en die oorblyfsels van sy stad Uruk kan besoek, sou die bestaan van 'n verenigde koninkryk onder Dawid die bestaan van 'n god, soos beskryf in die Ou Testament, bewys. Dat minimalisme die bestaan van hierdie verenigde koninkryk ontken, en geen bewyse daarvoor kan vind nie verander die prentjie baie. As Jesus nie die Mesias is uit die huis van Dawid nie, wat is hy dan? Minimalisme is maar net een van die laaste in 'n lang lys van vrae, wat ewolusie insluit, wat gevra word aan die gelowige. Net soos met ewolusie waar daar 'n magdom van “kundiges” is wat die geloof probeer beskerm, is daar in Bybelse argeologie die wat bereid is om te lieg vir hulle geloof. Ek sien al klaar vir KdK bakhande staan vir hierdie onderwerp.

    Die beste raad vir enige een wat belangstel in hierdie onderwerp is om te gaan lees en lees hieroor. Lees van alle kante, nie net die met wie jy saamstem nie. As jy 'n fundamentele Christen is, lees van Thomas L. Thompson en Israel Finkelstein se werk. As jy 'n ongelowige is, lees iets van William F. Albright. Kry iets oor basiese argeologie wat die metodes en benaderings tot interpretasie verduidelik. Vind uit so veel as moontlik van die ander mense wat die wêreld van die Israeliete gedeel het. Die belangrikste raad is om nie my (insluitende wat ek hierbo skryf) of die KdKs van hierdie forum se opinie te lees as bron van kennis nie. Gaan kyk eerlik na die bewyse, besluit of dit oortuigend is na die kant toe of daardie kant toe, en of dit net eenvoudig nie duidelik genoeg is om te kan besluit nie.

    Jaco het my op 'n keer gekritiseer toe ek Duitswester laat weet het ek verstaan hoekom hy nie met KdK wil betrokke raak in 'n argument nie, dat hy nie sy kroonjuwele wil sleep in die modder nie. Jaco het gemeen dat Duitswester lafhartig is en nie sy standpunte wil verdedig op hierdie forum nie. Noem my dan nou maar ook lafhartig as jy wil, ek gaan nie hierdie onderwerp hier bespreek met iemand soos KdK nie. Bybelse argeologie is die kroonjuweel van my gedagtes. My onwilligheid het ook baie daarmee te doen dat ek nie genoeg weet nie, maar dit het net so baie daarmee te doen dat ek weet hy (KdK) weet net so min.

    Wouter, jy is 'n regte bliksem. Jy het die knoppie gedruk (ek het jou seker maar gevra om dit te druk, hoe dom van my) wat my brein laat werk, en nou is ek half bang om my opinie te gee. Dankie vir jou twee bydraes.

    Chris

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top