Hygliteratuur | Erotic literature

 
Meisie by Menlyn
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

My neef se kinders verjaar en ek hoor ek moet games gaan koop. By Menlyn aangekom staan ek en wag om gehelp te word deur ’n baie aantreklike jong dame, vroeë 20’s en met sulke lewendige stoute ogies! Ek staan maar rond en sy help almal en toe ek dink dit is my beurt, glimlag sy vir so ‘n mooi jong man en help hom. Hy is maar redelik ongeskik en ek kan die teleurstelling op haar gesig sien, maar sy kyk sy agterstewe goed en lank agterna! Sy glimlag mooi toe sy na my toe draai. Ek sê: "Ek is nou nie so mooi gebou met sexy boude nie, maar ..." Sy kyk my in my oë en sê saggies: "Hulle weet dit ongelukkig." Ons praat speletjies en watter ouderdomme ens. ’n Hele paar keer vang sy my terwyl ek al haar kurwes bewonder. Ek betaal en daar vra sy my vir my kontakbesonderhede vir as die nuwe speletjies inkom.

Twee weke later kry ek ’n oproep en word vir drinks genooi. Ons chat lekker en net voor ons moet ontmoet bel sy weer en sê ek moet sommer na haar plek toe kom. Ek klop aan die deur en sy maak oop. Kort donker hare, bruin ogies en ’n baie sensuele mond met groot oorbelle in. Sy het ’n ligblou hempie aan en ’n donkerblou romp. Monique is kaalvoet, en lekker ‘80’s-musiek in die agtergrond laat my dadelik gerus voel. Sy is doenig in die kombuis en ons maak heerlike pasta. My oë verken nog steeds en ek vang myself ’n paar keer haar in die oë kyk. Sy vertel my van haar ervarings met jong ouens en ouer ouens. Toe ek weer gevang word, vra sy: "Hou jy van wat jy sien?"

Voor ek nog mooi kan antwoord, vat sy my hand en ek trek haar terug in die kombuis in en ons soen. Wow ... wow ... wow. Sagte sensuele soene ... knibbel, soen, sagte lekkies en dan diep tonge wat stoei. My hande vat haar weerskante van haar gesig en trek haar nader en ek druk haar teen die werksoppervlak vas en albei haar hande vryf my boude en trek my nader. Sy skuur op en af en op en af teen my. Ek is hard – fokken hard. My hand gly teen haar gesig af oor haar nek en vind twee parmantige 32B’s met sulke klein harde nippels.

Haar hemp en my hemp val op die grond. Ek suig haar hele linkerbors in my mond in en daar is amper niks wat gemors word nie. Sy trek my kop nader en trek my hare soos sy haar hande deur my hare wurm. Haar romp val op die grond en sy trek my jeans af en haar hand is in my onderbroek. Ek smag na ’n nat warmgeid en die materiaal van ’n sexy boy short, pers met ’n wit randjie om. Ek suig en lek haar deur die materiaal en haar heupe stamp ’n bekende ritme! Die materiaal voel papierdun tussen ons en sy trek my nader en maak haar bene groter oop om my beter toegang te gee en trek die pantie eenkant toe. My tong vind onmiddellik haar klit en sy trek my nader om beter toegang te kry. "Lek net daar, ja daar, asseblief ... vinniger. Ja ... o ja, o ja.” En ek gly een vinger in haar sopnatheid in. Sy klem haar bene om my kop en gee my amper skedelbreuk van lekkerte! Haar pantie is nog steeds net kant toe getrek en sy leun agteroor en ek rol my reënjassie op en sy kyk my diep in my oë. "Jy is sopnat," smile ek. Sy glimlag stout en sê: "Nou toe, naai my fokken hard en diep!" Ek nooi myself nie weer nie en sit my by die ingang, leun vorentoe en soen haar terselfdertyd dat ek met een diep beweging so diep moontlik indruk. Sy soen my so hard ek dog eers ek proe bloed, maar sy klou aan my vas en ek trek effens terug en sy sluit haar bene om my middel en trek my weer dieper in. Ek hou die pas flink en my vinger terg haar klit en ek knie haar boudjies terwyl ek lekker diep, hard en vinniger ry!

Ek voel of ek gaan kom en dink aan alles om te probeer uithou. Dat sy lekker wild tekere gaan help nou nie eintlik nie. Vir die eerste keer sê sy saggies my naam en ek trek haar nader. Sy sê sy wil kom – mag sy maar? – smile! Ek knik en sy kyk my diep in die oë en trek haar rug krom. Die ongelooflik stoutste woorde vloei soos ’n stroom uit haar mond uit. Die sweet pêrel op haar borste en die nippels is nou klip-kliphard. Ek knie haar ferm borste en rol weer die nippels. Dit laat haar oor die afgrond stort en ek kom saam. Ek bly ry en dan skreeu sy ongelooflik hard as sy kom. Ek skrik en dink die bure sal dalk dink ek rand haar aan. Ek voel hoe ek ontlaai. Dit is hemels en ek spuit soos ’n fontein. My hele lyf ruk en my hart hamer teen my borskas.

Sy gee my die mooiste glimlag. "Dankie!" sê sy terwyl sy probeer herstel. Sy trek my nader en soen my diep en innig.

Ons gaan lê in die sitkamer en eers die volgende oggend onthou ons ons het nooit geëet nie!

Sy het kort daarna Kaap toe getrek en ek het nog een naweek by haar gebly toe ek gaan rugby kyk het op Nuweland.

 

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Boertjie
2012-08-14 @09:54
Lucky jy!!!
Delete Comment
avatar
TellMe
2012-10-17 @12:38
Ek stem saam met boertjie.
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address