Die kernprobleem is dat die sogenaamde bevrydingsbewegings (veral die ANC en die PAC) 'n geweldkultuur in Suid-Afrika gevestig het. Dit het die voorbokke geloon. Hulle is van die welvarendste mense in die nuwe Suid-Afrika. Nou gebruik die gepeupel dieselfde wenresep om hulle wil af te dwing. Die ANC wil nie teen sy ondersteuners, sy eie mense wat sy waardes deel, optree nie. Die geweldpleging kry dus al hoe meer momentum. Wat oor eeue opgebou is, word toenemend afgebreek. Nelson Mandela, wat nooit geweld afgesweer het nie, is die vader van hierdie geweldkultuur. Hy word egter voorgestel as 'n vredesikoon, ten spyte van sy handelsmerk, 'n gebalde vuis. Pleks van in die tronk, is hy nou in elkeen van ons se sak, in die vorm van geldnote. Hierdie note simboliseer die mate waarin geweld in die Suid-Afrikaanse samelewing ingeburger is. By my is daar veeleerder wanhoop as hoop.
Johannes Comestor
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.