Hygliteratuur | Erotic literature

 
Mamma en Pappa Pretorius (Pappa Deel II)
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Meneer Pretorius sit sy aktetas in die rak en gaan sit op sy geliefkoosde sitplek in die besigheidsklas. Hy maak sy sitplekgordel vas en maak die tydskrif oop wat hy op die lughawe gekoop het. Hy lees van effektebeurse, makelaars, internasionale transaksies, ensomeer, want dis die wêreld waarin hy beweeg. Intussen styg die vliegtuig op. Hy bestel whiskey en lees voort. Op die laaste bladsy is ’n humoristiese artikel oor “trophy wives”. Die skrywer skryf oor die wel en weë van die suksesvolle ouer man wat besluit om sy vrou van baie jare te los vir ’n jong bokkie, en wat alles met dié scenario kan verkeerd gaan. Dis skreeusnaaks en meneer Pretorius vang hom dat hy telkens sit en lag. Toe hy klaar gelees het, sit hy die tydskrif weg, bestel nog ‘n whiskey en staar by die venster uit.

Hy dink aan Rina, die meisie in die Kaap wat hom duidelik laat verstaan het dat sy nie omgee dat hy getroud is nie. Sy wil hom hê.

Hy het amper geswig voor die belofte van haar ferm boudjies, haar ronde, bra-lose borsies en haar vol, rooi lippe. En die oerwysheid in haar oë het hom oortuig dat sy goed in die bed sal doen met hom wat sy wildste drome sal oortref. Maar die gedagte aan sy vrou en hulle jare saam het hom gekeer om haar aanbod van “no strings”-seks te aanvaar. Dié keer ... Hy weet volgende kaar gaan dit dalk nie so maklik wees nie.

Hy en sy vrou was albei maagde op hulle huweliksnag en alhoewel hy eenkeer op ’n familietroue ’n ondervinding met ’n ouer niggie gehad het, was hy maar baie onseker en bang. Hy voel steeds skuldig dat hy nie meer moeite gedoen het om uit te vind wat van hom verwag word nie. Op ’n manier het hy gedink sý sal weet en hóm leiding gee, maar dit was nie eintlik suksesvol nie. Hy was bang hy maak haar seer, en sy het met groot oë na hom gelê en kyk met haar fraai honeymoon-pajamas aan. Hy het met ‘n groot gesukkel haar broekie uitgetrek en die vrees in haar oë gesien toe hy hom  in haar begin indruk. Sy was droog en dit was vir hom ook seer, maar hy het enduit gedruk. En toe ... toe kom hy, en sy het haar rug op hom gedraai en saggies gehuil. Hy’t haar vasgehou en probeer troos, maar dit was asof sy bang was vir sy aanraking.

’n Paar aande later het hulle weer probeer, en dié keer het dit makliker gegaan, maar hy kon sien sy geniet dit nie. En só het hulle verval in ’n sekslewe wat meer plig as plesier is. Maar een aand ná ’n partytjie waar sy te veel gedrink het, het hy gedink dinge het ’n wending geneem, want sy was dié aand sonder inhibisies in die bed, maar daarna het sy weer die leisels styfgetrek en nooit weer dronk geword nie. Hy het later maar sy troos in pornografie en masturbasie gevind.

Het hy maar voor die huweliksnag ’n paar sulke films gesien, of het hy maar weer by die niggie gaan kuier, maar hy het hom so stom geskrik toe sy hom in ’n donker hoekie intrek en iets van ’n blowjob in sy oor mompel dat hy haar maar laat begaan het. Die blowjob het nooit gebeur nie, want sy hom skaars uit sy gulp uitgehaal, toe kom hy oor haar hande en haar rok. Sy was sommer dadelik vies en het hom net daar gelos met sy voëltjie wat by sy broek uithang. Daarna het hy haar vermy. Sy het hom wel by ’n latere geleentheid vertel dat sy hom vergewe het en dat hulle weer kan probeer, maar hy het net sy kop geskud en gevlug.

Die niggie, Marlene, was drie jaar ouer as hy en het later haar ouerhuis verlaat en iewers in Johannesburg gaan werk. Daar was gerugte dat sy ’n stripper of iets geword het, maar hy het haar nooit weer op familietroues gesien nie.

Hy sug en wonder of hy sy vrou kan vra om saam met hom na ’n sagtepornvideo te kyk, net om haar te wys daar is ’n ander manier en dat ander vroue dit geniet, maar hy weet sy sal haar nie vir so iets inlaat nie. Hy kan haar ook nie sommer met ’n sekshandleiding konfronteer nie – sy sal seergemaak voel en hy wil haar nie seermaak nie.

Hy krap in sy beursie en kry die nommer van die seksterapeut wat hy op die internet opgespoor het. Dalk moet hy en sy saam na dié man toe gaan, maar hoe gaan hy die saak by haar opper? Hy sit die nommer weg en raak aan die slaap.

In sy droom loop Rina voor hom op die strand. Die wind waai haar hare na die kant toe en sy lag en wys vir hom hy moet saam met haar agter die duin om loop om weg te kom van die wind. Hy volg haar en toe hulle die beskutting van die duin om hulle het, draai sy na hom toe. Die wind het haar hemp se knope oopgewaai en haar pragtige ronde borsies staan met stywe tepels orent. Sy trek die hemp oop en laat dit van haar skouers afgly. Haar lyfie is glansend goudbruin sonder enige teken dat sy met klere aan sonbaai. Haar lippe is diep rooi en ’n fyn pienk tongetjie gly sensueel tussen haar lippe uit. “Kom,” fluister sy. “Kom naai my. Jy weet jy wil ...” Hy stap nader en steek sy hande na haar toe uit en sy glimlag. Sy glip uit haar denimbroekie uit en, soos hy gedink het, het sy niks onder aan nie. Hy neem haar in sy arms en soen haar, en dan druk hy haar weg om weer na haar te kyk. Voor sy oë verander sy in ’n heks met lang naels en skerp tande wat na hom hap!

Hy ruk wakker en kyk of iemand hom nie gesien het nie. Dan besef hy die vliegtuig het op OR Tambo geland. Hy kyk vinnig af, maar sy ereksie is nie sigbaar deur sy broek nie. Hy vat sy tyd om al sy goed bymekaar te kry en is die laaste besigheidsklaspassasier om af te klim. Die mooi lugwaardin glimlag vir hom en onwillekeurig kyk hy na haar borste. Hy kyk haastig weg en stap in die tonnel af na die bagasie-carousel toe. Hy kry sy tas en stap aan na die langtermynparkering se bus toe. In die bus sit hy eerste, en toe kom ’n vrou in. Sy stoei met haar tas wat te groot is vir die gangetjie en hy staan op en help haar. Hy tel die tas op en sit dit op die sitplek langs die venster. Sy gaan sit teen die gangetjie en hy neem weer sy plek in. Die vrou het ’n oorknoopromp aan en toe sy gaan sit, het die romp oopgeval en haar been is ontbloot tot by haar kantbroekie. Hy staar na die sonbruin vel wat so onverwags ontbloot is, en toe trek sy die romp ongeërg toe. Hy kyk voor hom uit en wonder wat hy moet doen. Hy kan voel hy is besig om weer onkeerbaar belustig te raak. Dalk moet hy sommer net afklim en op die eerste vliegtuig terug Kaap toe spring. Sy vrou weet nie waar hy op die oomblik is nie. Hy kan teruggaan Kaap toe, haar bel, en sê hy moet nog ’n paar dae daar bly. Dan kan hy vir Rina na sy hotelkamer nooi en haar naai tot hy so moeg is dat hy net wil slaap. Daarna kan hy huis toe kom en probeer om sy vrou van sy pyn te vertel.

Hy skud sy kop en dwing die idee uit sy gedagtes uit. Hy kan nie. Hy moet probeer om eers met sy vrou te praat. Maar Rina sonder haar klere skiet kort-kort in sy gedagtes in.

Rina. Die event manager by die hotel waar hy altyd oorbly en waar hy altyd sy funksies hou as hy nodig het om sulke dinge in Kaapstad te doen vir kliënte. Rina. Sy’t hom een aand in sy kamer verras met ’n bottel sjampanje met ’n kaartjie wat sê hy’s haar favourite kliënt. Rina. En toe hy die kaartjie klaar gelees het, het sy agter hom gekug, en daar staan sy poedelnakend in die slaapkamerdeur van sy suite. En haar lippe is bloedrooi en sy wink hom nader ... Rina. Hy het nee gesê, maar hy weet hy sal nie weer nie. Hy sal nie kan nie.

Hy sit sy bagasie in sy kar se kattebak, klim in en ry by die parkeerarea uit. Hy betaal by die uitgang en vat die pad na sy kantoor toe.

Hy groet almal, gaan sit in sy kantoor en gaan sy e-pos na. Die admin is vinnig afgehandel en dan ry hy by ’n duur eksklusiewe drankwinkel aan. Hy koop sjerrie en duur whiskey, en staan en kyk na die nuwe wyn wat ingekom het vandat hy laas daar was. Hy raak bewus van ’n vrou se subtiele parfuum en kyk om. ’n Blondine wat duidelik geld het, met ’n kort wit rokkie, groot donkerbril en ‘n karbonkel diamante om haar vingers en nek, kies ’n paar bottels wyn en sit dit in haar trollie. Trophy wife, dink hy.

Hy volg haar na die toonbank en geniet die prentjie van haar boude wat onder die rompie rondbeweeg soos sy klik-klak agter haar trollie aanloop. Sy betaal en loop uit en hy voltooi sy transaksie voor hy ook uitloop. Haar kar staan langs syne. Dis ’n Porche Boxster waarvan die dak afgeslaan is. Sy buk oor die kant van die kar om haar inkopiesak op die agtersitplek te sit en haar rokkie ry op teen haar boude. Hy sien alles tot by die waai van haar been waar haar boude begin. Sy staan regop en gooi haar hare reg; toe druk sy die bril tot op haar voorkop en krap in haar handsak vir haar sleutels.

Meneer Pretorius stap stadiger sodat sy in haar kar moet klim nes hy daar aankom. Toe sy haar deur oopmaak, is hy by die neus van die Porche. Sy sit eers haar boude op die sitplek en lig dan haar bene in. Met dié beweging ry die rompie hoog teen haar dye op en van waar hy staan, kan hy reg onder haar rok inkyk. Hy besef met ’n skok dat sy niks onder die rompie aanhet nie. Vir ’n oomblik kyk hy na haar koekie en toe kyk hy op en besef hy dat sy direk na hom kyk. Het sy dit aspris gedoen? Sy keel is droog en hy wil iets sê om te wys hy weet ... Maar dan trek sy die romp af en druk die sonbril op haar neus. Die Porsche se enjin brul en sy ry vinnig by die parkeerarea uit.

Hy staan lank en speel die prentjie oor en oor in sy gedagtes af. Dan sit hy sy aankope in die kattebak en ry op sy tyd huis toe. Sy sal nog nie by die huis wees nie, dink hy. Miskien kan hy vir haar iets lekkers maak. Sy geniet dit so as hy vir haar kos maak. En dan moet hy maar net vasbyt en die saak opper. Hulle kan nie so aangaan nie.

En dan kom die gedagte by hom op waarteen hy al heeldag baklei. As hulle nie ’n oplossing kan kry nie, gaan hy meer gereeld in die Kaap wees. Want Rina is daar. Rina, so vol belofte. So ryp vir pluk.

Hy is verbaas om haar kar in die garage te sien toe die outomatiese deure oopgaan. Sy is baie pligsgetrou en kom baie selde vroeg huis toe. Miskien is sy siek? Hy haal sy pakkies uit die kattebak en vat die inkopiesakke met die wyn. Die tasse sal hy later kry. Hy laat die garagedeur toegaan en soek die voordeursleutel. In die voorportaal sit hy sleutels en donkerbril neer en stap kombuis toe. Hy hoor die stort in die slaapkamer en sit sy pakkies neer. Wyn in die wynrak; die ander drank in die kabinet. Toe hy klaar alles weggesit het, kan hy hoor sy het ook klaar gestort. Hy oorweeg dit om nog ’n rukkie te wag voor hy slaapkamer toe gaan, want sy hou nie daarvan om kaal voor hom te wees nie. Maar dan besluit hy dis dalk die beste tyd om die saak te opper. As sy protesteer, kan hy dit gebruik om die gesprek oor die seksterapeut mee te begin.

Hy loop geluidloos op die dik mat kamer toe en stoot die deur oop. Sy sit op die voetenent van die bed, en sy is kaal. Sy is nie bewus van hom nie, en hy staan haar en bewonder. Haar borste is nog pragtig mooi en ferm. Haar heupe is vol en vroulik, en tussen haar bene is die netjiese bossie hare wat sy gereeld in ’n salon laat waks en trim deur een of ander Hongaarse vrou. Hy besef hy’t haar nog nooit so gesien nie. Kaal en argeloos, sonder om iets te probeer toehou. Hy is so bang sy besef hy’s daar en gryp na ’n japon dat hy amper nie asemhaal nie. Sy krap-krap met haar vingernael aan iets op haar been. ’n Stukkie los vel, lyk dit vir hom. Haar bene gaan oop en hy sien vir die eerste keer in ’n baie lang tyd sy vou se skaamlippies. Dié keer kan hy hom nie inhou nie en hy snak na sy asem.

Sy skrik toe sy die geluid hoor en kyk op.

“Pappa ...”

“Mamma ...”

En só staan hulle na mekaar en kyk. Iets is anders aan haar, maar hy kan dit nie peil nie. Die feit dat sy steeds poedelnakend op die bed sit en na hom kyk, is vreemd, want gewoonlik sou sy hom nou al gevra het om weg te kyk sodat sy iets kan aantrek.

Dan glimlag sy en sê sy is bly hy’s terug. Iets in haar stem herinner hom aan Rina en hy kan voel hoe die ereksie in sy broek begin groei. Terwyl hy na haar kyk, gaan haar bene verder oop en hy besef geskok sy doen dit aspris. Sy wil hê hy moet kyk. Nes die meisie in die Porsche ...

Sy vee die bietjie hare wat oor haar oë geval het uit die pad uit en dan sit sy effe agteroor. Hy voel of sy bors toetrek, en sy lig haar hande en vryf oor haar borste. Hy wonder skielik of hy besig is om mal te word. Dít waarvan hy al so lank droom, is besig om voor sy oë te gebeur. Dan staan sy op en kom na hom toe. Iets in haar houding laat hom dink aan sy klein niggies wat grootmens speel met hulle ma se klere aan. Sy kom staan reg voor hom en hy ken haar goed genoeg om te weet sy is senuweeagtig, maar hy besef hy is net so senuweeagtig soos sy.

Hulle kyk in mekaar se oë en hy besef skielik hoe ontsettend bly hy is dat hy nie Rina se aanbod aanvaar het nie, want hy is baie lief vir die vrou wat voor hom staan.

Sy bly in sy oë kyk en dan gaan sy stadig op haar knieë voor hom. Hy kan sy oë nie glo toe sy aan sy broek begin torring, die belt losmaak en dan sy broek tot op sy enkels laat val nie. Daar kan nou geen twyfel wees dat hy ’n reuse-ereksie het nie, want sy onderbroek span styf om die ding wat uitkoms soek. Hy kyk in ongeloof toe as sy haar gesig nader bring aan sy voël en met haar hande teen sy dye begin vryf. Haar hande beweeg stadig boontoe terwyl sy steeds in sy oë vaskyk. Dan vat haar hande versigtig aan sy testikels en sy laat haar naels oor die sakkies gly. Hy ril van plesier en wil haar kop gryp en teen hom vasdruk, maar hy’s te bang hy doen iets om haar af te skrik. Dan druk sy haar gesig teen sy skag vas, deur die onderbroek, en byt en knibbel liggies.

Haar hande beweeg verder op en trek die rek van die onderbroek om die geswolle kop van sy penis. Hy spring vry en dan kyk sy vir die eerste keer weg van sy gesig af. Al haar aandag is nou op wat sy voor haar sien. Sy trek die onderbroek uit die pad uit en af tot onder sy knieë. Dan vat sy die skag van sy voël met die een hand vas, en met die ander hand omklem sy sy balle. Hy voel of hy op sy tone moet staan vanweë die intense gevoel wat hy beleef.

Sy kielie onder sy balsakke en vir ’n wilde oomblik wil hy vra waar sy dit geleer het, maar dan steek sy haar tong uit en lek liggies aan die vloeistof wat nou mildelik by sy kop uitstroom. Hy ruk saam van die lekker en sy kyk weer in sy oë en lek sy voëlkop met entoesiasme. Hy kan nie meer nie en vat haar kop met albei hande vas. Nou lek sy teen die onderkant van sy skag af en kom met klein bytjies weer boontoe. Dan weer met klein suigaksies af ondertoe tot by sy balle. Sy suig saggies aan die een sak en trek die bal in haar mond in. Hy kreun van die  lekker en sy laat los. Hy kyk af en sien haar effense fronsie – die een wat sy kry as sy onseker is van haarself.

“Dis lekker ...” kreun hy weer en dié keer vat sy sy ander bal en suig dit liggies in haar mond in. Dan knibbel sy weer haar pad boontoe en dan, uiteindelik, sit sy albei hande om sy skag en trek die kop van sy voël in haar mond in. Sy rol haar tong al om sy kop en in die gaatjie in, en dan ondersoek sy die kontoere van sy voëlkop met haar tong. Hy voel die naderende orgasme en wonder of hy iets moet sê, maar dan begin sy hom in haar sagte warm mond insuig en sy trek en draai haar hande teen sy skag af. Voor hy kan keer, ontplof hy in haar mond en hy wil haar kop wegtrek, maar sy suig steeds en laat die kom by haar mondhoeke uitloop, en teen sy skag en balsakke af.

Hy leun hygend teen die deurkosyn en sy begin weer suig, maar die gevoel is so intens dat hy dit nie kan uitstaan nie, en hy trek haar kop weg van sy steeds geswolle voëlkop af.

Hy kyk diep in haar oë en trek haar op sodat sy op haar voete staan voor hom. Sy beweeg ’n entjie weg en sit haar hande agter haar kop. Haar borste lig op en hy’s skielik bewus daarvan dat daar vrylik vloeistof teen haar bobene afloop.

“Was dit lekker?” vra sy met ’n skor stem. Hy knik net, want hy is te uitasem om iets te sê. Sy draai stadig om sodat hy haar hele liggaam van voor en agter kan bewonder.

“Is ek nog vir jou mooi?” vra sy weer  met daai snaakse skor stem wat hy nog nooit gehoor het nie. Hy knik. “Baie. Baie, baie mooi.”

“Was dit ’n verrassing?” En dié keer kan hy sweer daar is ’n sweempie van ’n laggie  in haar stem. Hy glimlag breed en knik sy kop verskeie kere op en af.

“Gee jy om as ek nie sluk nie?” vra sy. En dié keer is die fronsie van onsekerheid weer daar. Hy kry uiteindelik sy stem terug en verseker haar dat wat sy gedoen het, perfek was, en dan vra hy wat gebeur het.

“Ek het ’n nuwe vriendin. Haar naam is Natasha. En sy het my ’n DVD of twee gegee.” En dié keer kan hy die laggie in haar stem duidelik hoor.

“Maar hoekom?” vra hy.

En sy kyk diep in sy oë en sê: “Want ek is lief vir jou, en ek wil jou nie verloor nie.” En nou is daar trane in albei se oë, en hy knik net woordeloos.

Sy ruk haar reg en vee die trane met ’n agtelosige hand weg. Dan gee sy ’n stout laggie. “Lus vir nog?” Hy knik.

“Nou maar kom vang my!” Sy beweeg agteruit en hy gee ’n tree vorentoe, maar hy het vergeet van die broek om sy enkels en slaan soos ’n os neer. Hulle begin albei lag soos hulle jare laas gelag het, en dan is sy langs hom op die mat en haar liggaam is oor hom, en dan is hy weer styf en sy vat hom vas en druk hom in haar in en ry hom!

Sy kom voor hom met ’n gil van blydskap en ekstase en dan skiet hy in haar in en sy val vorentoe in sy arms in en of sy lag of huil, weet hy nie, maar hy hou haar rukkende lyf vas tot sy bedaar.

Na ’n ruk trek sy haar kop weg en hy sien haar traannat gesig.

“Jy’s ’n fokken seksgodin! Weet jy dit? Waar was jy die hele tyd?”

“Ek was hier. Maar ek was bang ...”

“En toe?”

“Toe besef ek ek is banger om jou te verloor as enigiets anders, en toe gaan soek ek die seksgodin. Belowe jy sal my nooit los nie!”

“Nooit, ooit, ooit nie. Ek belowe!” sê hy en hou haar styf vas.

En later volg sy Natasha se raad en hulle kom weer en weer en weer!

O, ja ... En hulle het mekaar nooit weer Mamma en Pappa genoem nie ...

Lees Mamma en Pappa Pretorius Deel I (Mamma)

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address