Die uitstalling vind tot op Sondag die 11de Mei in De Malle Meul plaas. Philadelphia is baie naby aan Melkbos- en Bloubergstrand en kan ook maklik bereik word vanaf dorpe soos Stellenbosch. Hier is 'n kaart daarheen.
Lize Beekman het mandalawerke begin skilder om die dood van haar vriendin Annake de Villiers te verwerk.
"Toe ek die kunswerke sien, het ek besef wat hierin steek," vertel haar goeie vriend Coenie de Villiers, wat die kunsuitstalling aangrypend geopen het. Hy was die een wat 'n agent gekontak het en is inderwaarheid nóú betrokke by die totstandkoming van die kunsuitstallings.
Sy voel omring deur die liefde van almal wat daar was, maar daar is een mens wie se gesig sy aanhou soek, sê Lize Beekman.
Coenie de Villiers en Lize Beekman omhels mekaar. Coenie de Villiers het in sy openingstoespraak 'n Zenverhaal vertel waarmee die diepte van sielsgenootskap begryp kan word. Hieruit was dit duidelik dat hy iets van die verlies in Lize Beekman se lewe verstaan.
Die galery was stampvol.
Sy kan net op die kunswerk fokus terwyl sy daaraan werk, vertel Lize Beekman. In daardie oomblik verdwyn die res van die wêreld.
Hier is die uitstallings van die skilderye teen die mure van die kunsgalery.
Vir nog inligting, besoek: http://artlizebeekman.com.
Lize Beekman kan ook gevolg word op Facebook: https://www.facebook.com/LizeBeekmanART en op Pinterest: http://www.pinterest.com/artlizebeekman/.
Lees 'n huldeblyk aan Annake de Villiers.
Lees nog 'n huldeblyk aan Annake de Villiers.
Kommentaar
Dit is pragtige kunswerke. So netjies en afgerond en lieflike kleure.