LitNet Akademies-leesgoed: Bibi Burger

  • 0

Bibi Burger deel haar top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Ek het onlangs drie Engelstalige Suid-Afrikaanse romans gelees wat ek baie geniet het: The cutting room deur Mary Watson, Green-eyed thieves deur Imraan Coovadia en Six fang marks and a tetanus shot deur Richard de Nooy.

The cutting room deur Mary Watson

The cutting room se voorblad laat dit lyk soos ’n riller of misdaadroman, maar ek sou dit eerder beskryf as ’n feministiese spookstorie waarin die verlede self die spook is. Dit gaan ook oor pogings om ’n huis, ’n veilige ruimte, te skep in ’n Suid-Afrika waarin geen veilige ruimtes moontlik is nie. In hierdie opsig laat dit my dink aan Diane Awerbuck se uitstekende Home Remedies. Ek wil bietjie kroek en hier ook twee kortverhale noem wat by my spook: “Gala day” deur Nick Mulgrew en “Jessie” deur Simone Haysom. Albei het in Prufrock (www.prufrock.co.za) se vyfde uitgawe verskyn.

Koop dit by Kalahari.com

 


 

Green-eyed thieves deur Imraan Coovadia en Six fang marks and a tetanus shot deur Richard de Nooy

Green-eyed thieves en Six fang marks and a tetanus shot gaan al twee oor twee broers wat by misdaad betrokke is, en albei skrywers doen interessante goed met vertelling en karakterisering. Al twee boeke is ook baie snaaks: Coovadia s’n kan beskryf word as politieke satire en handel onder meer oor 9/11, terwyl Six fang marks (soos The cutting room) gaan oor meer persoonlike misdade, nader aan ons.

Koop Green-eyed Thieves by Kalahari.com

Koop Six Fang Marks by Kalahari.com

 

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top