Projekte & webseminare | Projects & Web seminars

 
LitNet Akademies: Lang Lang – Omstrede vertoonkunstenaar of gesiene virtuoos?


Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
George King
2012-05-28 @14:40
As 'n voortsetting van die pertinente kommentaar van Martina Viljoen, Mareli Stolp en (veral) Etienne Viviers op  die artikel oor die pianis Lang-Lang wil ek net byvoeg: die werklike omstrede kenmerk van Lang-Lang se spel, sowel as dié van die tipiese hedendaagse konsertsolis wat in die laat 18-eeuse en 19-eeuse repertorium spesialiseer, is presies dat  hulle nie afwyk van die gedrukte partituur nie, vandaar die algemene neutraliteit van die vele andersins bekwame of selfs tegnies skitterende uitvoerings.

Dit was nie altyd die geval nie. Na meer as 'n eeu van musiekopnames kan ons nou hoor dat tot in die 1920s Westerse kunsmusiek oor die algemeen voorgedra is in 'n ‘romantiese’ styl. Rubato, wisselende tempo, frasering in relatief klein eenhede, sowel as die selektiewe en subtiele gebruik van vibrato en portamento (strykers en vokaal) – kortliks, uitvoerings met persoonlikheid – was die norm. Pleks daarvan, wat ons vandag vind (soos Taruskin dit stel in volume 4 van sy Oxford History of Western Music, 2010, p. 475) is ‘n onbuigsame, hiërargiese bevelsreeks van komponis na redakteur na voordraer, met ‘n dirigent dikwels ook bygevoeg, “wat al die inisiatief wegneem van die persoon wat werklik die klanke voortbring”. Of in die woorde van die klawesimbel voordraer Skip Sempé, “risiko moet vermy word ten gunste van ‘n nie-vertolkende onderwerping aan die gedrukte bladsy – effektiewelik word die musiek prysgegee deur die voordraer” (Essays on Music and Performance, http://www.stravagante.com/essays.html). Alle lof dus aan Lang Lang omdat hy probeer om individualiteit in sy uitvoerings te verkry. Dit staan die luisteraar vry om toe te juig of om weg te loop, maar nie om om daardie rede beswaar aan te teken nie, wat nog te sê te probeer om dit vakkundig af te keur.

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address