Liefde op papier: Saans voor hy gaan slaap

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Saans voor hy gaan slaap
Staar hy die dag na 
Soos 'n verlore seun
Sy hart smag
Sy hart verlang 
Na haar
Slapelose nagte 
Wakker word in trane 
Hy was nog altyd sterk 
Wie sê sterk manne huil nie?
Vir hom was sy 'n droom
Hul liefde 'n lewendige stroom
Van eindelose nagte 
Van menings lig 
Van mekaar ontdek 
Op geen oppervlakkige wyses
Hul liefde het dimensies ontwyk
Dimensies wat net hul twee 
kon besoek.
Onder die sterre saans was hul tuiste
Waar hulle drome, visies en missies
gedeel het.
Geen toekomsplanne 
sonder mekaar 

Maar soos die tye verander het
Het haar wilde hart al hoe
onrustiger geraak
Sy het gehardloop 
Sy het uit hul droom
die pad gevat.
Soos hy daar gelê het
Het hy haar onthou 
Soos 'n foto 
Wat lank weggebêre was
"Vir jou sou ek berge versit" 
Was elke aand se gedagte
Voor hy oorgegee het 
Aan tydelike verlossing

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top