Liefde op papier: Paradyspad

  • 1
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Paradyspad

Was dit die gedempte melodieë
Van ’n vroeg-oggend radio iewers
Of die astrante haarsliet teen my neus
Wat my wakker-bewus gemaak het
van jou ingelepelde lyf hier teen my?

Ek wurm ’n arm los
En streel jou pikswart bos
Verwyl by ’n oorlel in die verbygaan,
en glimlag skalks
oor jou sluimerende reaksie

Ek mik om jou slanke nek te masseer
Maar die kontoere van jou rug,
warm en glad soos ’n windlose meer
vind meer aanslag en ek besluit eerder
om jou sproete met my vingers te tel;

Versigtig stoot ek die laken af
Die ‘pure-vrou’-aroma wat opwalm,
gepaard met die perfekte rondings
van jou boude maak my so bedwelmd
Dat ek vir ’n oomblik moet stil lê.

My palms soek in sirkels
Na ’n verdwaalde ietsie om te krap
Maar toe jou hand myne vat
en dit met ’n sug op jou borste plaas
Toe weet ek die bestemming is in sig.

Skaars begin dwaal tussen die duine
of jou postuur verander
gewilliglik … behaaglik
van lepel na skêr.
Ek skryf liggies op jou bors
‘maak oop’
en jy skik in met ’n gedempte laggie.

Ek vroetel my een arm onder jou in
terwyl die ander ondertoe beweeg
en as ons lippe mekaar vind
Hoor ek hoe jy, agter hortende asem
saam neurie met Joy in die agtergrond;

Come with me down Paradise Road.
This way please I'll carry your load.
This you must believe
.

 

Met erkenning aan die lied Paradise Road van Joy

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 1

Kommentaar

  • Ek het al heelwat van Hannes Steyn se werk gelees maar hierdie gedig is in my oë sy heel beste werk! Ek dink hierdie gedig is 'n wenner. Welgedaan mnr Steyn. Ek is BAIE beïndruk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top